Huisgenoot

MY MA OF PA HET ’N AFFAIR GEHAD. HOE MAAK EK NOU?

-

Dit is belangrik dat tieners en jong volwassene­s wie se ouer ’n affair gehad het reguit oor hul gevoelens daaroor praat, sê die sielkundig­e Corné Peach.

Sy sê jy moet die gevoelens probeer verwoord, al is dit ook hoe negatief. En wanneer jy ’n erkenning of verskoning verwag, moet jy dit vra.

“As jy nie presies kan sê hoe jy voel nie, kan jy ’n brief skryf,” sê die sielkundig­e Franco Visser.

“Om jou gevoelens te identifise­er en op ’n positiewe manier daaraan uiting te gee is reeds ’n stap in die regte rigting.”

As die egbreuk tot ’n nuwe verhouding vir die ontroue ouer gelei het, moet kinders om hul eie onthalwe mettertyd die derde party “op die een of ander manier aanvaar”, sê hy. “Dit maak nie reg wat jou ouer gedoen het nie, maar dit kan jou pyn en probleme spaar.”

As jy weier om jou ouer se nuwe geliefde te aanvaar, moet jy jouself afvra waarom en die redes probeer verwerk,” sê Corné. Skuldgevoe­lens teenoor die ander ouer wat verkul of verlaat is, jou gevoelens oor ’n magstryd tussen jou ouers en jou behoefte aan wraak of manipulasi­e moet jy self aanpak en mettertyd probeer verwerk.

“Soos in enige situasie waar jy voel jy is te na gekom, moet jy by aanvaardin­g uitkom en kies dat dit nie jou of jou lewe gaan definieer nie,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa