Huisgenoot

DOERIAN IN SUIDOOS-ASIË

-

Die doerianvru­g van Indonesië en Maleisië is nogal bisar. Dit is met stekels bedek en die vrug se binnegoed is soos ’n mengsel van vla, kaas en inseklarwe­s. Die vrug stink so erg dat dit in talle hotelle, moltreine en selfs op straat verbied word. Party mense hou van die reuk, terwyl ander dit met terpentyn, uie en rou riool vergelyk. Maar hulle sê dit proe lekker; dis nou as die reuk jou nie oorweldig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa