Huisgenoot

FUGU IN JAPAN

-

Die Japannese eet fugu, die giftige blaasoppie, nou al lananger as 2 000 jaar. In talle Oosterse lande word dit as ’n groot lekkerny beskou. Die sjefs wat dié duur fynkos maak, moet lank leer om dit reg te berei. Fugu kan in ’n bredie, gebraai of as soesji voorgesit word.

Sowat 50 Japannese kry elke jaar fuguvergif­ting en enkeles sterf. Die blaasoppie bevat tetrodotok­sien, ’n gif wat die senustelse­l aantas en tot verlamming lei. Party mense hou daarvan om te voel hoe hul tong ’n bietjie leweloos word. Te veel fugu kan noodlottig wees. Die Japannese het nou ’n niegiftige variëteit geteel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa