Huisgenoot

HAGGIS IN SKOTLAND

-

Die Skotte se nasionale gereg is haggis, ’n mengsel van skaaphart, -lewer en -longe, asook uie, hawermout, speserye en aftreksel. Dit word in ’n skaapmaag gestop en sowat ’n uur gebak of ’n mens kan dit in ’n pot laat prut. Die gereg word al langer as 600 jaar geëet en is die hoofgereg tydens ’n Burns-ete op Robert Burns-dag (25 Januarie). Die Skotte vereer hul groot 18deeeuse digter deur aan haggis met koolraap en aartappels weg te lê. Die Skotte sluk dit graag af met whisky. Deesdae kan ’n mens klaargemaa­kte haggis in sekere supermarkt­e koop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa