Huisgenoot

PADDABOUDJ­IES IN FRANKRYK

-

Dink jy nie ook die Franse kan enige gereg interessan­t laat klink nie? Neem byvoorbeel­d cuisses de grenouille­s. Dit is eintlik die gespierde beentjies van paddas. Die Franse is dol daaroor. Hulle meen dit proe soos hoendervle­rkies en geniet dit graag saam met ’n snytjie baguette, oftewel Franse brood.

Hoekom het die Franse dit begin eet? Blykbaar was die owerheid van die Rooms-Katolieke Kerk op ’n tyd honderde jare gelede oortuig daarvan dat die monnikke te oorgewig raak. Die owerstes het hulle toe glo verbied om sekere tye van die jaar vleis te eet. Omdat paddavleis nie as vleis beskou is nie, kon hulle dit wel in daardie tyd eet. Die platteland­ers het die monnike se voorbeeld gevolg en vandag eet Franse tot 80 miljoen paddas per jaar. Maar moenie glo dis net die Franse wat paddas eet nie. Paddaboudj­ies is ook in Chinese kookkuns gewild.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa