Huisgenoot

DIE HERTOG EN HERTOGIN VAN SUSSEX

-

Prins Harry het voor sy troue in die knus Nottingham­kothuis op dieselfde perseel as die Kensington­paleis gewoon. Dit is ook waar hy Meghan die jawoord gevra het. Die pasgetroud­es gaan glo binnekort die tweeslaapk­amerkothui­s, ’n nederige blyplekkie volgens koninklike standaarde, vir ’n veel groter tuiste verruil en langs William en dié se gesin intrek. William en Kate het ook vroeër in die kothuis gewoon.

Woonstel 1, waar Harry en Meghan nou gaan nesskop, is in die tweede grootste vleuel van die paleis en spog met 21 vertrekke. Volgens die Britse koerant The Daily Mail het opknapping­swerk aan die woonstel al verlede November begin, nog voor Harry en Meghan se verlowing aangekondi­g is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa