Huisgenoot

PRINS EN PRINSES MICHAEL VAN KENT

-

Prins Michael, ’n neef van koningin Elizabeth, woon saam met sy vrou, bekend as prinses Michael van Kent, in woonstel 10 in die paleis. Dit het in 2001 aan die lig gekom die egpaar betaal net sowat R1 100 huur per week vir dié luukse blyplek met sewe slaapkamer­s en nege onthaalver­trekke. Die koningin het sedertdien vir die koninklike inwoners markverwan­te huurgeld begin vra, maar van 2002 tot 2010 het sy self vir prins Michael en sy vrou se woonstelhu­ur opgedok. Sedert 2010 betaal die egpaar hul eie huur. Met dié dat hulle volgens The Telegraph hul herehuis in Gloucester­shire in 2006 teen sowat R96 miljoen verkoop het, kan hulle dit sekerlik bekostig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa