Huisgenoot

Elton sien Lef weer

-

Elton John en sy huweliksma­at, David Furnish, is onlangs met ’n spesiale seun herenig tydens ’n reis na die Burrabazar-fees in die Oekraïense hoofstad, Kiëf.

Die 71-jarige superster en sy man van 13 jaar was aangedaan toe hulle die kans kry om uit te vind hoe dit met Lef Agejef (10) gaan. Elton en David (55) het in 2009 probeer om die Oekraïense seun aan te neem, maar die land, wat nie selfdegesl­aghuwelike erken nie, het hulle nie as geskikte ouers beskou nie.

Dit het nie die egpaar, wat nou die ouers van Elijah jah (5) en Zachary Za (7) is, gekeer om Lef se goeie feë te wees nie. Die sanger het Lef, sy broer en hul ouma ’n paar jaar gelede na die veiligheid van Lwif help trek toe hul lewe deur konflik in hul geboortest­ad, Makijifka, bedreig is.

 ??  ??
 ??  ?? Elton El en David het in 2009 20 probeer om Lef aan aa te neem, maar Oekraïense k amptenare het h geweier. Hulle het intussen in twee kinders aangeneem. a
Elton El en David het in 2009 20 probeer om Lef aan aa te neem, maar Oekraïense k amptenare het h geweier. Hulle het intussen in twee kinders aangeneem. a
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa