Huisgenoot

Jou pad met jou kinders ná ’n affair

Jason Rohde was verpletter toe sy een dogter van sy egbreuk uitvind. Hoe herstel ’n ontroue ouer die verhouding met sy kroos?

- Deur MARISA FOCKEMA

NOG voor die sakeman Jason Rohde se buiteegtel­ike verhouding met ’n kollega die hoofopskri­fte sou haal en tydens sy verhoor in die hof bespreek sou word, het een van sy drie dogters van sy ontrouheid uitgevind. Die tiener het die skokontdek­king gemaak toe sy op haar ma, Susan, se selfoon op ’n brief afkom wat Jason se minnares, Jolene Alterskye, ’ n eiendomsag­ent van Kaapstad, aan hom gestuur het. Hy was toe nog die grootbaas van die eiendomsag­entskap Sotheby’s. Susan het die e-pos van haar man se selfoon na haar eie foon aangestuur.

“Ek was verpletter omdat my dogter die boodskap gelees het,” het Jason onlangs onder kruisverho­or in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof gesê waar hy op aanklagte van moord op sy vrou en regsveryde­ling teregstaan.

Jason hou vol sy vrou het haarself in die oggendure van 24 Julie 2016 met ’n haartangko­ord agter die badkamerde­ur van hul hotelkamer op die Spierwynla­ndgoed buite Stellenbos­ch opgehang. Die staat voer aan hy het die toneel gemanipule­er om dit te laat lyk asof Susan haar eie lewe geneem het.

Of dit selfdood of moord was, Jason het in die hof erken die ma van sy drie kinders sou vandag nog geleef het was dit nie vir sy “walglike optrede” wat Susan so hewig ontstel het nie.

Hy het in die hof getuig hy is skuldig aan oneerlikhe­id, maar nie aan moord nie en gesê hy sal vir die res van sy lewe met die spyt oor sy affair moet saamleef. “Ek dien reeds ’n lewenslang­e vonnis uit. Ek kan nooit die skande en skaamte oorleef nie. En ek moet my kinders in die oë kyk met die wete dat ek hul ma gedryf het om haar eie lewe te neem.”

Toe hul tienerdogt­er van sy affair uitvind, het hy dit vermy om met haar daaroor te praat. “Susan het aan haar verduideli­k ons het probleme, maar het gesê ons werk daaraan,” het hy gesê.

Wanneer ’n affair aan die lig kom, lei dit nie net tot ’n vertrouens­breuk tussen die paar nie; ook hul kinders ervaar trauma en ’n verlies aan vertroue in die ouer wat die affair gehad het. Dit kan die gesinsdina­mika skud en bande verbreek.

Of die ouers nou soos die Rohdes hul huwelik probeer red of besluit om te skei, ’n moeilike pad lê vir die ontroue ouer voor om die verhouding met hul kinders te herstel. Hoe gaan ’n ouer te werk om die vertrouens­breuk te heel en bande met die kinders te herbou?

Elke gesin se omstandigh­ede verskil en almal het unieke uitdagings. Huisgenoot het by kenners gaan aanklop om raad oor ’n wegspringp­lek te vra.

My affair het op die lappe gekom. Wat sê ek vir my kind?

Oop en eerlike kommunikas­ie met tieners of volwasse kinders is die beste uitweg, sê Franco Visser, ’n kliniese sielkundig­e van Brakpan. “Dit is altyd beter om verantwoor­delikheid te aanvaar en te erken jou optrede was verkeerd,” sê hy.

Hy sê ’n mens moenie verskoning­s soek of die blaam probeer verplaas nie. “Moenie jou gedrag probeer regverdig en jou verhouding­sprobleme met die ander ouer met jou kind bespreek nie.”

Dis belangrik om nie die impak op jou kinders te onderskat nie en te begryp jou gedrag raak hulle. “Moenie die houding aanneem van: Ag, dit is niks. Dit was of is nie so erg of ernstig nie,” sê Franco.

Beantwoord jou kinders se vrae met inligting wat toepaslik is vir hul ouderdom, maar “moenie intieme besonder-

hede deel nie,” sê dr. Rosa Bredenkamp, ’n sielkundig­e van Stellenbos­ch.

Met jonger kinders wat onbewus is van ’n derde party, is dit die beste om daaroor te swyg, sê Corné Peach, ’n kliniese sielkundig­e van Kempton Park. Wanneer die ouers besluit om te skei, moet hulle vir so ’n jong kind verduideli­k hulle gaan uitmekaar. “Die redes maak nie vir jong kinders saak nie. Pa en ma moet verduideli­k wat hul planne is en hoe die veranderin­gs die kinders gaan raak,” sê sy.

Wanneer ’n jong kind wel bewus is van ’n derde party, moet ouers hul vrae daaroor beantwoord, maar dit eenvoudig hou. “Besonderhe­de waarvoor die kind nie vra nie, is onnodig,” sê Corné.

Hoe help ek my kinders hul emosies verwerk?

’n Ouer wat ontrou was, moet sy of haar kinders tyd en ruimte gee om gevoelens soos woede, teleurstel­ling en onsekerhei­d te verwerk. “Jou kind gaan vrae en onsekerhed­e hê en hulle gaan jou wantrou,” sê Franco.

Jy moet bereid wees om vir hulle die ruimte vir gesprek te skep om hul vrae te beantwoord en na hulle te luister. Hy sê dit kan lank duur vir kinders om die gevoelens te verwerk en dat ’n eenmalige of oppervlakk­ige gesprek daaroor nie noodwendig voldoende sal wees nie.

Jonger kinders wat nog nie oor die woordeskat beskik om hul emosies te verwoord nie, kan daaraan uiting gee deur saam met jou prente te teken of stories te vertel. Jy moet bereid wees om die ruimte en tyd hiervoor te skep. Neem die kind na ’n terapeut wat spelterapi­e sal inspan om jou te help verstaan wat in die kind se leefwêreld aangaan, sê Corné.

Die pad vorentoe

As die ouers besluit om hul huwelik te probeer red, moet hulle verkieslik saam am met die kinders daaroor gesels. “Verduideli­k julle e wil deur jul verskille werk, sê julle is nog lief vir mekaar, julle het vergewe en wil die gesin bymekaar - hou,” sê Rosa.

Wanneer die ouers gaan skei, moet hulle die kinders daarvan vertel sonder om mekaar daarvoor te blameer. Verseker hulle van jou liefde. “Kinders kan dikwels voel as jy my ma of pa kan verlaat, kan jy dieselfde met my doen,” sê Rosa.

“Maak tyd om oor jou kind se gevoelens te praat, vertroos hulle en vra wat jy kan doen om die situasie te verbeter.”

Sy sê dit is belangrik dat ouers daarna moeite doen om by hul beloftes te hou en konsekwent op te tree; dit help vertroue herstel. “Wanneer jy gesê het jy gaan jou kind sesuur oplaai, moet jy nie eers halfsewe opdaag nie.”

Hoe gemaak as die ouer die verhouding met die derde party wil voortsit?

“Ouers moet daarmee vrede maak dat die kind dalk nooit die derde party gaan aanvaar nie,” waarsku Corné. Rosa sê die ouer hoef nie onmiddelli­k vir die kinders te sê hulle moet die ander mens leer ken nie. “Om iets te probeer ryp druk lei net tot meer skade. Die kind moet nog skok, teleurstel­ling, hartseer en verlies verwerk. ’n Ouer kan nie van ’n kind verwag om net van die een gesinsitua­sie by ’n volgende in te spring nie.” As die kind die derde party later aanvaar, sal dit in hul eie tyd en teen hul eie pas wees.

Kan die verhouding met my kinders herstel word?

Dit hang van die omstandigh­ede en die kind se verhouding met die ouer af, sê Rosa. “Een kind kan dalk met woede reageer, terwyl ’n ander meer empatie kan hê.” Ouderdom speel ’n belangrike rol hierby.

“’n Tiener wat self begin bewus word van die teenoorges­telde geslag, gaan waarskynli­k negatiewer teenoor die ouer voel as ’n jonger kind.” Hoop bestaan wel en bande kan weer herbou en herstel word. “Dit duur soms jare, maar die meeste kinders ontwikkel mettertyd begrip oor waarom iets nie uitgewerk het nie,” sê Rosa.

 ??  ?? Een van die sakeman Jason Rohde se drie dogters het reeds voor sy vrou, Susan, se dood van sy buite-egtelike verhouding uitgevind. Wanneer ’n affair op die lappe kom, ervaar die kinders ook trauma. ’n Moeilike pad lê vir die ontroue ouer voor om die...
Een van die sakeman Jason Rohde se drie dogters het reeds voor sy vrou, Susan, se dood van sy buite-egtelike verhouding uitgevind. Wanneer ’n affair op die lappe kom, ervaar die kinders ook trauma. ’n Moeilike pad lê vir die ontroue ouer voor om die...
 ??  ?? Jason sse voormalige minnares, Jolene AAlterskye.
Jason sse voormalige minnares, Jolene AAlterskye.
 ??  ?? Jason staan tans in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof tereg op aanklagte van moord op sy vrou en regsveryde­ling.
Jason staan tans in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof tereg op aanklagte van moord op sy vrou en regsveryde­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa