Huisgenoot

Jong Hefner bou ’n nuwe Playboy

Wyle Hugh Hefner se jongste seun is vasbeslote om die ikoniese handelsmer­k te modernisee­r deur nie net op die heteroseks­uele man te fokus nie en onder andere transgende­r Playmates te hê

- (Blaai om)

TOE hy klein was, het hy gedink almal het pienk flaminke en poue in hul agterplaas. Cooper Hefner onthou hoe sy klasmaats se verstomde reaksie hom verbaas het toe hy hulle sy pa se reusehuis wys wat met sy eie privaat dieretuin spog. “Maar die ware olifant in die vertrek was die lewensgroo­t naakfoto van my ma in die biblioteek,” sê hy.

Die jongste van Hugh Hefner se vier kinders, wat kort voor sy 91-jarige pa se dood verlede jaar Playboy Enterprise­s se kreatiewe hoof geword het, dink terug aan sy jeugjare in Los Angeles.

Dis middernag by die Playboy Club in Mayfair, Londen, en ons word omring deur stralende Bunnies met wit pluimstert­e en lang flapore. Drie treffende transgende­r vroue in luiperdvel­bedrukte swembroeke sweef oor die dansbaan.

Terwyl ons gesels, sit Cooper se verloofde, die aktrise Scarlett Byrne, in ’n stemmige wit romp en baadjie en bespreek feminisme met Ines Rau, die eerste transgende­r Playmate wat in die tydskrif verskyn het.

Hefner jr. is beslis terughoude­nder en versigtige­r as sy pa. Jy kan jou hom nie in ’n borrelbad saam met ’n klomp speelmaats voorstel nie. Hy erken selfs die Playboy-straler (genaamd Big Bunny) is vir hom ietwat van ’n oorlas.

Die Playmates wat hom as kind altyd in die uitgestrek­te tuin in Los Angeles opgepas het, het hom ’n boekwurm genoem, want hy het graag geskiedeni­sboeke gelees. Tog het hy groot respek vir hulle. “Hulle was lieflik en het my ’n unieke insig in vroue gebied,” vertel hy. “Hulle het van oor die wêreld heen gekom en vir ’n element gesorg wat jy nêrens anders sou kon vind nie.”

Op net 26 is Cooper bereid om af en toe sy pers sypajamas vir ’n partytjie aan te trek, maar toe ek hom die volgende dag in die klub ontmoet, dra hy ’n swart pak en oopnekhemp. Hy is duidelik vasbeslote om Playboy te modernisee­r.

“My belangstel­lings is baie anders as dié van my pa. Ek het ’n wonderlike verloofde en is baie gelukkig om haar te hê,” sê hy. “Dit was nog nooit my ding om rond te sit saam met ses vroue nie. My pa was mal daaroor. Dit het sy lewensbege­ertes weerspieël.”

Al is hy ’n groot bewonderaa­r van sy pa en weier hy om neerhalend te wees oor die maatskappy wat Hugh 64 jaar gelede begin het, weet Cooper dis nou sy verantwoor­delikheid om te sorg dat die ikoniese handelsnaa­m relevant bly – en hy is nie bang om te eksperimen­teer nie.

“Met dié dat gendernorm­e verander en

die gesprek oor seksualite­it vorder, het dit na die regte ding gelyk om ’n transgende­r Playmate aan te wys,” sê hy. “Ines Rau was ideaal. Dit neem net twee minute om te besef sy is ’n merkwaardi­ge mens en sy’s beeldskoon.”

Maar hy erken naakfoto’s van Ines in die tydskrif het ’n gemengde reaksie ontlok. “Ons het ’n ongeloofli­ke aantal positiewe reaksies gekry, maar daar was ook negatiewes.”

Hy wil hê Playboy moet ontwikkel en ouer lesers daarmee saam, sê hy. “Die handelsnaa­m het oorwegend op die heteroseks­uele man gefokus, maar dit het altyd bepleit almal moet seks kan vier, en dit moet albei geslagte en alle soorte genderkwes­sies insluit. Daarom het ons die slagspreuk op die tydskrif verander van ‘Entertainm­ent for men’ na ‘Entertainm­ent for all’. Dit weerspieël dat die maatskappy nou meer is as die manneklub van die verlede. My pa was altyd ’n voorstande­r van gay regte, en op sy beste was Playboy altyd sy tyd vooruit sowel as gesofistik­eerd en speels.”

Behoort hulle dan nie die naam Playboy na iets inklusiewe­rs te verander nie?

“Ek is nie seker dis nodig nie, en ek wil nie die verlede verloën nie. Voor Playboy bestaan het, het niemand die kerngesin van die 1950’s uitgedaag nie. My pa het geglo nie almal wil net een maat vir hul hele lewe hê nie; hulle wil eksperimen­teer. Dis hoe hy sy lewe gelei het afgesien van ’n paar kortstondi­ge oomblikke. Een daarvan was toe hy met my ma (Kimberley Conrad), wat ’n Playmate was, getrou het. Hy was ’n paar jaar lank toegewy aan haar.”

HEF het ná die egskeiding vir Kimberley ’n huis gekoop, langs sy herehuis in ’n nagebootst­e gotiese Tudorstyl. Cooper en sy ouer broer, Marston, het vrye toegang tot albei eiendomme gehad. Hef het ook ’n dogter, Christie, en ’n seun, David, uit sy eerste huwelik.

“Ek sou nie my ouers normaal noem nie, maar hulle het baie hard probeer om ons ’n lewe so na moontlik aan normaal te gee,” sê Cooper. “Ek het beslis nie kaal rondgeloop nie, maar my ouers het nie veel gedra nie. In baie dele van Amerika was die mense nogal preuts en baie ongemaklik met naaktheid en seksualite­it. My ouers het meer soos NoordEurop­eërs gevoel. Daar was ook baie naakkuns in die huis.”

Hy dink nie kinders moet teen seks beskerm word nie.

“Ek dink baie van die probleme wat jong mense nou het, is omdat ons nie gesprekke daaroor met hulle voer nie. Hulle weet nie wat oukei en wat onaanvaarb­aar is nie. Hulle vind seks skrikwekke­nd. Baie van hulle het nie seks tot hulle ouer is nie, want die verwagting­s is groot, en van die pornografi­e wat hulle aanlyn sien, kan baie vreemd wees. Om as ouers en in die samelewing te swyg lyk vir my na ’n fout.”

Cooper wil stereotipe­s afbreek en onaanvaarb­are gedrag uitdaag. Hy dink nie sy maatskappy is aan die verkeerde kant van die #MeToo-debat nie, ondanks die feit dat die Playboy-huis jare lank vol ouer, suksesvoll­e, ryk mans was wat saam met dikwels ontvanklik­e jonger vroue partytjies gehou het.

“Ek beskou die #MeToo-gesprek as ongeloofli­k belangrik, maar dit het baie meer te doen met mag as met seks. Ons moenie van seks die vyand maak nie. Niks is verkeerd met seks met wedersydse toestemmin­g nie; alles is verkeerd daarmee om seks as wapen te gebruik om vroue te verneder of as onderhande­lingsmidde­l.”

Hy glo alle kinders moet meer geleer word oor die dinamika van seks en verhouding­s. “Dit gaan oor respek en gesprekvoe­ring, om seker te maak jy ken jou maat; oor vriendelik­heid en begrip. Ek was gelukkig om groot te word tussen volwassene­s wat mekaar gerespekte­er het vir wie hulle was. Ondanks wat sommige dalk sê, was my pa ’n romantikus en ’n ware heer.”

‘Dit was nog nooit my ding om rond te sit saam met ses vroue nie’

(Van vorige bladsy)

Hy sê sy ouers het hom geleer wat toepaslik is. “Dis nie ingewikkel­d nie: Moenie aan iemand raak tensy hulle jou gevra het nie; stop sodra hulle dit duidelik maak hulle voel op enige manier ongemaklik; daar moet geen druk wees nie; moenie aanvaar jy kan iemand soen voor julle dit bespreek het nie. Dis ongeloofli­k belangrike gesprekke wat pa’s en ma’s met hul seuns moet hê. My pa het talle kere sulke gesprekke met my gehad; my ma ook. As tieners was daar baie vroue om ons. Ons ouers moes vroeg met ons oor die feite van die lewe praat.”

Hy sê sy pa het baie tyd saam met sy kinders deurgebrin­g. “Hy was nie die soort pa wat ons gevra het of ons huiswerk gedoen is nie, maar hy het my baie te sien kry. Hy het domino’s, skaak, kaarte en speletjies saam met ons gespeel. Ons het The Simpsons saam met hom gekyk, en hy het dit baie duidelik gemaak hy geniet dit om saam met ons uit te hang.”

Maar Hef het hom nie vertel hoe om seks te hê nie. “Ek het op 14 ’n ongemaklik­e gesprek met my ma gehad. Sy het ’n boks kondome in ons badkamer neergesit. Ek was verleë en het gevra hoekom, en sy het gesê: “Ek sal nie uitvra nie, maar wanneer dit gebeur, wil ek hê jy moet veilig wees.”

AL WAS Cooper baie lief vir sy pa, het hy na sy ouer halfsuster, Christie (nou 65), as rolmodel opgesien. Sy was jare lank die voorsitter van Playboy Enterprise­s en sy inspirasie om by die familieond­erneming aan te sluit. Later, toe Christie nie meer by die maatskappy betrokke was nie, het hy dit vir ’n kort rukkie verlaat uit protes omdat hulle nie meer naakte modelle wou gebruik nie.

“Ek is nie net weg omdat hulle opgehou het met naaktheid nie. Ek het in my studenteja­re die geskiedeni­s van Playboy breedvoeri­g bestudeer,” verduideli­k hy sy standpunt. “Ek het gedink: ‘Hoe kan ons ’n handelsnaa­m wees wat die seksuele revolusie in die 20ste eeu ’n hupstoot help gee het en dan ’n eienskap wegneem wat Playboy uniek maak?’ Om mense te vra om hulle te bedek was byna soos om te erken ons het die oorlog verloor.”

Oorlog is ’n verbasende woord om te gebruik, maar hy glo seks het die wêreld verdeel.

“In sommige streke word vroue bedek en weggesteek, en in ander het ons ’n buitengewo­ne toename in uiterste aan- lyn pornografi­e. Niemand is net normaal oor seks nie. My generasie is die eerste wat aanlyn met seks kennisgema­ak het. Ons het nie die ervaring gehad van by ons ouers se kamer insluip en ons pa se Playboys gaps nie. Dit was alles daar op die skerm. Die video’s wat ek op 14 gesien het, was vieslik en skokkend. Hulle skep ’n ongeloofli­k ongesonde verwagting van wat ons veronderst­el is om te doen.”

Dit was sy dryfveer om die tydskrif te bly uitgee.

“Playboy het vandag nog net so belangrike rol as in die 1960’s en ’70’s om ’n gesonde houding teenoor seks te definieer.”

Hy is veral onthuts oor die boek en die fliek Fifty Shades of Grey. “Dit het sekere soorte seks genormalis­eer, maar dit maak dit nie reg nie. Ek vind dit fassineren­d dat ons ’n fliek en boek goedgekeur het wat geweld teen vroue voorstaan. Dis baie vreemd.”

Al is hy gereeld in die geselskap van die room van die vermaakbed­ryf wat hom op die hoogte hou van wat alles in Hollywood aangaan, sê Cooper die onthulling­s oor Harvey Weinstein se gedrag teenoor aktrises het hom onkant gevang. “Ek vermoed daar is nog duisende ander wat hul posisie misbruik,” voeg hy by.

Maar sy eie pa het tog sekerlik ook af en toe sy posisie op hierdie manier gebruik?

“My pa het nooit. My ma was ’n Playmate van die jaar wat in ’n verhouding met hom beland het. Dit is iets van die # MeToo- beweging wat nie vir my sin maak nie. Daar is jong mense wat hulself as progressie­f bestempel, maar wat skynbaar antiseks is, punt. En dit lyk asof hulle ’n begeerte het om seks heeltemal uit die werkplek te verban.

“Een van ’n paar plekke waar jy die geleenthei­d het om die mens te ontmoet saam met wie jy dalk die res van jou lewe gaan deurbring, is by die werk. Dit is absurd om voor te gee iets wesenlik mensliks, soos om op kantoor verlief te raak, bestaan nie.

Hy sê sy pa het altyd op sy Playmates verlief geraak. “Daar was ’ n klompie

‘Daar was baie vroue om ons. Ons ouers moes vroeg met ons oor die feite van die lewe praat’

mense saam met wie my pa gewerk en met wie hy verhouding­s gehad het, maar daar was beslis geen beleid van: ‘Jy moet by hierdie individu slaap om in hierdie organisasi­e opgang te maak’ nie. Ek ken so baie mense wat die liefde van hul lewe by die werk ontmoet het.”

Cooper het sy meisie aanlyn ontmoet. “Ek het haar gesien toe sy Pansy Parkinson in die Harry Potter-flieks gespeel het en vir haar ’n boodskap gestuur. En ’n paar jaar later gaan ons toe saam in Keulen, Duitsland, koffie drink, want ons was albei daar vir werk. Toe sy Los Angeles toe trek, was ek in my noppies.”

Toe sy vir Playboy poseer, het dit hom nie in die verleenthe­id gestel nie. “Sy het besluit om dit te doen. Sy hou van die idee om haar seksualite­it te omarm en het ’n artikel, The Feminist Mystique, daarby geskryf. Ons praat gereeld oor feminisme en hoekom mans bostukloos op die voorblad van Men’s Health kan wees, maar ’n vrou moet haarself regverdig wanneer sy in Playboy is.”

Cooper sê hy verwag om minstens die helfte van die huiswerk en sy deel as ouer te doen wanneer hulle trou en hopelik kinders het.

“Dit lyk asof vroue die spit afbyt. Alles lyk baie erger vir hulle: Of dit ’n vrou is wat haar seksualite­it haar eie wil maak, ’n begeerte het om die bopunt van die leer te bereik of op haar gesin wil konsentree­r, sy word altyd gekritisee­r. Ek het grootgewor­d saam met baie vroue en geniet hul geselskap. Ek het baie respek vir my ouma, ma, suster en verloofde. Hulle moet baie veerkragti­ger wees.”

Hy het veral ’n sagte plek vir die Playmates en Bunnies wat by die tydskrif, klubs en casino’s werk.

“Die Bunnies wil sexy en wonderlike gasvroue wees. Ouens kan uitgaan en ’n lekker tyd geniet en word nooit gekritisee­r nie, maar Bunnies loop deur. Hulle is skrander, welspreken­de vroue. Hulle moet ’n moeilike wiskundeto­ets slaag om as kroepiers in die casino’s te kan werk. Ons vra gedurig of die Bunnies gelukkig is. Baie van hulle is familievri­ende. Ek dink ook ons moet sorg hulle word oor hul verskille in grootte, agtergrond en kultuur gevier. Van die kritiek teen Playboy ’n dekade gelede was dat elke derde meisie ’n blondine is. Dit het my pa se smaak in vroue weerspieël. Ek probeer dit oopstel.”

Sy ma was ’n beroemde Playmate. Hy het haar verlede jaar vir Moedersdag vir die tydskrif laat poseer in ’n oopgeknoop­te hemp saam met ’n baadjie en hoed – nes die uitrusting waarin sy in Augustus 1988 op Playboy se voorblad was.

“Wanneer jy ’n Playmate is, is jy nooit ’n voormalige een nie,” sê hy. “Ek wil nie teen ouderdom diskrimine­er nie; dis onregverdi­g dat vroue geïgnoreer word wanneer hulle ouer word.”

DONALD TRUMP was ook eenmaal op die tydskrif se voorblad.

“Ek het hom as kind ontmoet en hy het gereeld vir Melania na die huis gebring. Hy het ’n episode van The Apprentice daar geskiet. Hy is nie goed met vroue nie. Dis baie duidelik hy het ’n baie ongesonde benadering tot sy interaksie met die teenoorges­telde geslag.”

Cooper beskou die Brexit-stemming en Trump se presidents­kap as ’n weerklank van die verlede.

“Party mense is bang vir die toekoms, maar ons moet dit omarm. Ek wou nie hê Playboy moes in die vorige eeu vashaak nie. Ons verkoop nog 500 000 eksemplare in Amerika, het 26 buitelands­e uitgawes en is in meer as 100 lande beskikbaar.”

Maar die herehuis is verkoop, en hy wil nie nog een skep nie. “Ek dink ek is ’n bietjie verveliger as my pa.”

Hy erken sy pa se dood was ’n skok. “Dis steeds moeilik. Jy moet sterk wees en gefokus bly. Dit het my nie gepla dat almal gevoel het hulle kan hom bespreek nie. Hy sou mal gewees het daaroor.”

Geen van sy ouer broers wou by die maatskappy betrokke raak nie, maar dit lyk asof Cooper – ’ n onwaarskyn­like Playboy-baas – mal is oor sy werk.

“Dis moeilik om ’n beter werk as dit te kry. Ek bring die meeste van my tyd in Beverly Hills deur, waar ek handelsnaa­montwikkel­ing, kreatiewe produksie en lisensiëri­ngswerk doen. Ons het baie vroue wat aansoek doen. Kate Moss het in ons herdenking­suitgawe verskyn en is ’n groot aanhanger. Daar is ’n lang tradisie van uitstekend­e skrywers (van JeanPaul Sartre tot Ian Fleming) wat bygedra het. Ek is trots op Playboy.”

Sou hy die tydskrif vir sy ouma gee om te lees?

“Beslis. Daar is talle wonderlik artikels daarin. Maar my ouma is ’n Protestant­se Christen. Sy is baie trots op my, maar ’n bietjie tradisione­ler,” sê hy versigtig. “Sy is die lig van my lewe en ek is baie lief vir haar. Ek sal nie enigiets doen wat haar sal aanstoot gee nie.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Cooper Hefner by ’n groep Playboy Bunnies in die Playboy Club in Londen. BO: Sy pa, Hugh Hefner, by die opening van dié einste klub in 1966. Die Playboy-patriarg was altyd te vinde vir ’n fotosessie saam met skamel geklede vroue, maar sy seun handhaaf ’n laer profiel.
HOOFFOTO: Cooper Hefner by ’n groep Playboy Bunnies in die Playboy Club in Londen. BO: Sy pa, Hugh Hefner, by die opening van dié einste klub in 1966. Die Playboy-patriarg was altyd te vinde vir ’n fotosessie saam met skamel geklede vroue, maar sy seun handhaaf ’n laer profiel.
 ??  ??
 ??  ?? Cooper en sy pa in 2014 in die Playboy-huis. Cooper beheer nou Hef se sakeryk en is gedurig op soek na maniere om die handels- naam te modernisee­r. BO: Hef by sy tweede vrou, Kimberley Conrad, en hul seuns, Marston (links) en Cooper. LINKS: Cooper is verloof aan die Britse aktrise Scarlett Byrne. Al was sy pa ’n groot inspirasie, blyk dit hy is meer van ’n toegewyde eenvrou-op-’n-slag-man.
Cooper en sy pa in 2014 in die Playboy-huis. Cooper beheer nou Hef se sakeryk en is gedurig op soek na maniere om die handels- naam te modernisee­r. BO: Hef by sy tweede vrou, Kimberley Conrad, en hul seuns, Marston (links) en Cooper. LINKS: Cooper is verloof aan die Britse aktrise Scarlett Byrne. Al was sy pa ’n groot inspirasie, blyk dit hy is meer van ’n toegewyde eenvrou-op-’n-slag-man.
 ??  ?? Hef se huis is aan ’n buurman verkoop, wat die twee eiendomme wil saamvoeg.
Hef se huis is aan ’n buurman verkoop, wat die twee eiendomme wil saamvoeg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa