Huisgenoot

Vreugde vir Cordelia ná al die kritiek

Die tonge het geklap toe sy swanger raak terwyl sy besig was om te skei, maar vir Cordelia het dit dubbele liefde gebring

- Deur CARLA COETZEE

AS DIE sangeres van treffers soos Breek die Stilte weet Cordelia hoe dit voel om deur ’n bewonderen­de gehoor toegejuig te word. Maar sy weet ook hoe dit voel om onder skerp kritiek van die publiek deur te loop – woorde soos sweepslae wat verwond en lank letsels laat.

Die skinderton­ge het geklap oor haar besluit om te skei van haar man, haar skoolliefd­e, Jaco Potgieter (32). En toe raak sy boonop swanger by haar nuwe liefde, Kobus van Zyl (50), terwyl haar skeisaak nog gesloer het.

“Mense het my veroordeel oor my besluit om te skei,” sê die 32-jarige blondine, wat ook al as gospelsang­eres naam gemaak het. “Dit was moeilik. Ek het nie geweet of ek nog moet sing nie.”

Vandag verbreek sy haar stilte oor haar egskeiding, wat vroeër vanjaar eindelik afgehandel is, langer as drie jaar nadat sy en Jaco uitmekaar is. In dié tyd het haar baba, haar eersteling, nuwe lig en hoop gebring.

Die besluit om ná ’n huwelik van sewe jaar te skei was vir haar bitter moeilik. “Skei was nooit ’n opsie vir my nie. ’n Mens skei nie; dis teen die Bybel. Ek het lank teen myself baklei, maar ons kon nie langer so aangaan nie. Ons albei was besig om stadig dood te gaan,” sê sy.

Dit was nie die eerste keer in haar lewe dat die sangeres deur diep waters moes gaan nie. Op ses het sy uitgevind sy is ’n aangenome kind. Haar geliefde aanneempa, Louis Nienaber, is in ’n tref-entrap-voorval dood toe sy 14 en hy net 42 was. ’n Miskraam tydens haar eerste huwelik het haar ook geruk.

Maar nou is die hartseer dae verby, vertel sy – anderkant die grootste seerkry kom die lig weer op. Sy het haar troudag in Desember om na uit te sien en ’n 18 maande oue seuntjie, Zavion, om teen haar hart vas te druk.

“Ek was nog nooit so gelukkig soos nou nie,” sê Cordelia, en die sagte glimlag om haar mondhoeke en haar blink oë beaam elke woord. “As ek vandag alles kon oorgedoen het, sou ek dit weer presies so gedoen het, want nou het ek Zavion en Kobus en my hart wil bars.”

MET haar lang blonde hare en donker oë lyk sy soos ’ n rolprentst­er hier waar ons in ’n bedrywige restaurant in Pretoria gesels. Cordelia is vandag d in die Jakarandas­tad om haar tweede tw CD, Wees Lief, te bemark. Dit D volg drie jaar nadat sy haar debuut bu gemaak het met die gewilde album al Breek die Stilte.

Vandat sy kan onthou, het sy gesing. ge Wanneer pa Louis kitaar gespeel ge het, het sy saamgesing, daar da op die Verre Wes- Randse myndorp m Fochville, waar sy grootgewor­d ge het en steeds woon. Dis ook daar da dat sy en Jaco in haar matriekjaa­r jaa begin uitgaan het.

“Jaco “is ’n goeie man, maar kyk ek nou no terug, besef ek ons moes net vriende vri gewees het,” sê Cordelia.

Sy S is op 22 met hom getroud. Vier jaar later het sy swanger geraak met ’n dogtertjie, maar sy het die baba op ses maande verloor.

“Ek dink ons albei was gebroke, maar pleks daarvan dat ons met mekaar gekommunik­eer het, wou ons albei sterk wees.” Die miskraam het bygedra tot die spanning in hul huwelik, maar daar was “duisende klein dingetjies wat net nie wou regkom nie”, voeg sy by.

“Die laaste drie jaar van ons huwelik was regtig moeilik. Ons was geïrriteer met mekaar. Ek’t aan myself begin twyfel.

“Ons drome het verskil. Ek wou byvoorbeel­d graag oorsee reis; Jaco wou kampeer en visvang. Daar was geen aanraking meer nie; ons was nie eens meer maatjies nie. Ons het by mekaar verbygelee­f.”

Hulle het beraders gespreek in ’n poging om hul huwelik te red, maar eindelik besluit om te skei. “Ons albei se hart was stukkend,” onthou sy. “Dit was soos om iemand lewend aan die dood af te staan.”

In daardie moeilike tyd het sy Kobus leer ken toe hy die fotograaf was op ’n konsert waar sy gesing het. Hy is ’n siviele ingenieur, maar fotografie is sy stokperdji­e.

“Ons was eers net vriende,” vertel sy en beklemtoon Kobus het haar nooit van Jaco probeer “afrokkel” nie. “Dis nie hoe hy is nie. Ek ken nie ’n eerliker mens as Kobus nie.”

Emosioneel was dit vir haar ’n op- draande pad. “Ek was besig om my huwelik af te sluit, maar ek het ook ’n man gevind wat my verstaan en vir my ’n steunpilaa­r is.”

Toe sy met hul seuntjie swanger raak, was sy en Kobus reeds smoorverli­ef. “Maar dit was meer as net verlief wees,” beklemtoon sy. “Hy maak my heel. Hy laat my toe om ten volle myself te wees. Sjoe, ek’s mal oor die man!”

Anders as met haar besluit om te skei het sy nie gevoel sy word veroordeel toe Zavion buite die eg gebore word nie. Mense het haar seuntjie nog altyd net met liefde benader, vertel sy.

“Verlede Oktober het Kobus haar met ’n reis na Bali verras. Daar, tydens ’ n romantiese ete op die strand, het hy haar gevra om met hom te trou.

“Ek is heeltemal onkant gevang,” onthou sy. “Hy’t vir my gesê ek verdien meer as wat hy my ooit kan bied, maar hy wil nie langer wag om voluit saam met my te leef nie. Hy wil my koester en beskerm en elke dag van sy lewe net liefhê. “Natuurlik het ek ja gesê.” Sy kan skaars wag om “op my mooiste vir hom te lyk”, sê Cordelia oor hul troudag in Desember.

“Ek kan nie wag om te sien wat die toekoms inhou nie.”

Ook met haar sangloopba­an gaan dit weer voor die wind. Sy lewer drie vertonings per dag en is tot November vir optredes p bespreek. p Sy yp speel kitaar en kla- vier en het drie van die liedjies op haar nuwe album self geskryf.

BENEWENS musiek het sy ook ’n passie vir kinders. “Ek bied berading aan kinders en aanneem ouers,” vertel Cordelia, wat ’n onderwysdi­ploma en ’ n diploma in kin der ontwikkeli­nge n berading aan Unisa verwerf het.

Om ’ n kind aan te neem is “die onbaatsugt­igste ding” wat ’ n mens kan doen, sê sy.

Cordelia was ses toe haar aanneemoue­rs haar vertel sy het nie uit mamma se maag gekom nie, maar direk van Jesus.

Dit het haar baie spesiaal laat voel, maar as tiener het sy gevoel sy wil weet waar sy vandaan kom.

Ná ’n sewe jaar lange soektog het sy haar biologiese ouers opgespoor, maar ná ’n ontmoeting met hulle elkeen nie kontak met hulle behou nie.

“Ek het gevoel ek het ’n ma en pa gehad,” verduideli­k sy. Nog ’n rede waarom sy haar aanneemoue­rs wou opspoor, was om hulle te bedank omdat hulle haar aan haar aanneemoue­rs gegee het.

Haar aanneemma, Louise Nienaber n (61), wat ook op Fochville woon, w het haar deur dik en dun bygestaan. g “Ons is baie na aan mekaar en e Zavion is haar oogappel,” vertel sy.

CORDELIA lewer gereeld praatjies op vroueoggen­de oor die verhouding tussen ouers en kinders asook oor egskeiding. “Ek wil nie mense aanraai om te skei s nie,” vertel sy, “maar as jy nie meer m jouself liefhet nie en niks in die d huwelik oorbly nie, moet jy ’n besluit neem. Dit maak nie van jou ’n mislukking nie.”

Sy glimlag weer en sê: “Ek floreer. Kobus daag my uit. Ek voel sterker, mooier moo en gelukkiger danksy hom. Kobus het vir my hemel op aarde geskep.

En die toekoms? “Ek droom van ’n huisie by die see, Zavion en Kobus aan my sy en ’n blondekopd­ogtertjie wat in die sand speel.”

‘Ons hart was stukkend. Dit was soos om iemand lewend aan die dood af te staan’

 ??  ?? HOOFFOTO:OFFOTO: HOO Die sangeres Cordelia straal van vreugde vreu en sê sy was nog nooit so gelukkig soos soo nou nie. BO: Dié geluk, vertel sy, is te danke dan aan haar verloofde, Kobus van Zyl, en hul eersteling, Zavion.
HOOFFOTO:OFFOTO: HOO Die sangeres Cordelia straal van vreugde vreu en sê sy was nog nooit so gelukkig soos soo nou nie. BO: Dié geluk, vertel sy, is te danke dan aan haar verloofde, Kobus van Zyl, en hul eersteling, Zavion.
 ??  ?? Cordelia sê die ouderdomsv­erskil van sowat 18 jaar tussen haar en Kobus skeel hulle min, want hy is haar sielsgenoo­t. Sy beskryf die siviele ingenieur, wat fotografie as ’n stokperdji­e beoefen, as die eerlikste mens wat sy ken. Hulle het mekaar ontmoet...
Cordelia sê die ouderdomsv­erskil van sowat 18 jaar tussen haar en Kobus skeel hulle min, want hy is haar sielsgenoo­t. Sy beskryf die siviele ingenieur, wat fotografie as ’n stokperdji­e beoefen, as die eerlikste mens wat sy ken. Hulle het mekaar ontmoet...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa