Huisgenoot

Die sprokiesaa­nd voor die nagmerrie

Xander en Sharnelle se ma’s vertel van sy matriekafs­keid agt maande voor Sharnelle se dood

- Deur MARIZKA COETZER, JANA VAN DER MERWE en CARLA COETZEE

HULLE het alles haarfyn beplan en self daarvoor gesorg: die rok, die blomme, die grimering, die juwele, die parfuum.

Die jong Xander Bylsma (nou 19) en sy ma, Mercia, wou hê sy meisie moet so pragtig lyk en voel soos wat sy werklik was vir sy matriekafs­keid by die Hoërskool Stella.

“Dit was amper so spesiaal soos ’ n bruid op haar troudag,” vertel Mercia nou.

Xander het besluit hoe Sharnelle Hough (toe 16) se rok moes lyk, en sy ma het dit laat maak. Mercia het gesorg die pragtige Sharnelle word op die dag van die afskeid met ’ n grimeerses­sie en skuimbad bederf.

Lalla, soos haar vriende haar genoem het, het baie uitgesien na die spesiale aand saam met haar kêrel op 26 September verlede jaar.

Maar twee maande later het hulle uitgemaak. En agt maande ná daardie spogaand op die dorpie Stella in Noordwes is sy vermoor – na bewering aan die hand van dieselfde blouoogtie­ner wat op die dag van sy matriekafs­keid vir haar ’n groot bos veldblomme gaan pluk het.

XANDER en Sharnelle lyk stralend op die foto’s van sy matriekafs­keid in September verlede jaar. Met hul arms om mekaar poseer die twee jong mense vir die kamera. Hulle lyk verlief en opgewonde oor die aand wat voorlê. Op die agtergrond staan die skoolbus van die Hoërskool Stella. Op die gras agter hulle pryk die woord “matriekafs­keid” in groot wit blokletter­s.

Toe dié foto’s geneem is, was Sharnelle in gr. 10. Haar lang blonde hare hang in ’n krul teen haar rug af. Die skouerlose vlootblou rok vlei haar atletiese lyfie en haar silwer hoëhakskoe­ne skitter parmantig in die laatmiddag­son.

Xander lyk ewe sjarmant in ’n vlootblou baadjie wat by haar rok pas, kakiekleur­ige chinobroek, wit hemp en blou das. Sy hande rus beskermend op haar arms.

Kyk ’n mens na dié prentjie, is dit haas ondenkbaar dat hy haar na bewering sou verwurg en aan die trapreling van die skoolkoshu­is ophang om dit te laat lyk asof sy haar eie lewe geneem het. (Sien die storie op bl. 8.)

Op nog ’n matriekafs­keidsfoto stap die tieners met hul arms by mekaar ingehaak die saal binne, elkeen met ’n botteltjie sap in die hand.

Sharnelle se ma, Sonja Hough (42), vertel haar dogter “was so opgewonde soos enige ander meisie” om na ’n matriekafs­keid te gaan. Sy en Xander het vroeër daardie jaar begin uitgaan.

Volgens Sonja was dit Xander wat besluit het watter rok Sharnelle daardie aand moes dra – en dít nadat Sonja en Sharnelle reeds vir haar ’n ander rok gekoop het. “Hy wou nie eens hê sy moes die aand grimering dra nie, maar sy ma het gesê sy gaan. Sharnelle het alles gedoen wat enige ander meisie sou doen – naels, hare en grimering. Sy was so opgewonde.”

Mercia, Xander se ma, vertel hy wou net hê Sharnelle moes mooi lyk. “Hy wou haar bederf met die nuwe rok. Hy het ’n prentjie in sy kop gehad van hoe die rok moet lyk.” Mercia het toe die rok laat maak.

Volgens Mercia wou Sharnelle nie hê Xander moes haar sien voor sy klaar gereed gemaak het vir die groot aand nie. Sy wou hom verras.

Om homself besig te hou die middag terwyl Sharnelle haar optof, het Xander vir sy meisie ’n groot bos geel en pers veldblomme gaan pluk, vertel Mercia.

Mercia het spesiaal die dag af gevat om haar seun se metgesel te help om gereed te maak vir die aand. Saam het hulle op Vryburg vir Sharnelle gaan juwele koop en haar hare laat doen. Daarna het Sharnelle ’n skuimbad in Mercia se woonstel geneem en ’n slukkie geneem van die klein botteltjie vonkelwyn wat Mercia vir die geleenthei­d oopgemaak het.

Dis ook Mercia wat Sharnelle se grimering “so sag en mooi gedoen het”, vertel sy ons. En Xander se “Oumsie”, soos hy Mercia se ma noem, het gesorg vir lekkerruik­room en parfuum vir Sharnelle.

Laatmiddag het Mercia haar seun laat kom om te kyk hoe Sharnelle lyk. Hy het die vertrek glimlaggen­d binnegesta­p met die groot bos veldblomme vir haar.

“Sy het pragtig gelyk, maar sy ís ’n baie mooi kind,” vertel Mercia.

Mercia het selfs Sharnelle se pa, Ronnie Hough (46), gebel om hom te sê hoe mooi die kinders lyk. Hy het toe ’n foto gevra en sy het hom een met WhatsApp gestuur.

Ronnie het aan Huisgenoot bevestig Mercia het vir alles gesorg. Volgens hom was hy nie bewus van enige probleme tussen die twee in daardie stadium nie. “Dit was nog ’n jong verhouding.”

Xander en Sharnelle het toe in Xander se pa, Monte, se dubbelkaju­itbakkie na die matriekafs­keid gery.

’n Vriendin van die paartjie het daardie aand by die matriekafs­keid gewerk. Sy sê die matriekafs­keid is ’n “groot ding” op die dorp.

“Ja, Sharnelle het pragtig gelyk. Eintlik het ek nie woorde daarvoor nie. Sy het beeldskoon gelyk. Enige meisie is natuurlik daaroor opgewonde om ’n rok te kry en spesiaal te voel vir die aand,” vertel sy.

“Maar Xander het nie gehou van ‘groot aande’ nie. Hulle was skaars daar, toe is hulle weer terug koshuis toe omdat Marna alleen by die koshuis was.”

Marna Engelbrech­t, Sharnelle se boesemvrie­ndin, is nie na verlede jaar se matriekafs­keid genooi nie. Nou sal sy nooit weet hoe dit voel om een by te woon nie, want ook haar lyk is gevind op die aand wat Sharnelle vermoor is.

“Lalla was net baie beskermend teenoor Marna,” vertel die vriendin.

Die twee het immers ’n kamer gedeel in die koshuis waar hul lyke gevind is, binne loopafstan­d van die saal waar die matriekafs­keid agt maande tevore gehou is.

 ??  ?? Sharnelle Hough en Xander Bylsma lyk soos die volmaakte paartjie waar hulle op sy matriekafs­keid by die Hoërskool Stella in mekaar se arms staan, maar agt maande later is sy vermoor en hy daarvan aangekla.
Sharnelle Hough en Xander Bylsma lyk soos die volmaakte paartjie waar hulle op sy matriekafs­keid by die Hoërskool Stella in mekaar se arms staan, maar agt maande later is sy vermoor en hy daarvan aangekla.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Sharnelle en Xander kom op 26 September verlede jaar by sy matriekafs­keid aan. REGS: Xander en Sharnelle by Xander se pa, Monte, en stiefma, Saret, by die glansgelee­ntheid.
LINKS: Sharnelle en Xander kom op 26 September verlede jaar by sy matriekafs­keid aan. REGS: Xander en Sharnelle by Xander se pa, Monte, en stiefma, Saret, by die glansgelee­ntheid.
 ??  ?? Dit was ’n onvergeetl­ike dag: Sharnelle en Xander voor die matriekafs­keid op Stella.
Dit was ’n onvergeetl­ike dag: Sharnelle en Xander voor die matriekafs­keid op Stella.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa