Huisgenoot

Rachel Kolisi vertel oor Siya se nuwe rol

Rachel Kolisi, vrou van die nuwe Bokkaptein, Siya, gesels oor sy deugde as kaptein en gesinsman

- Deur MARELIZE POTGIETER

OP DIE rugbyveld is dit die taak van die nuwe Springbokk­aptein, Siya Kolisi, om sy span gefokus en doelgerig te hou. Maar tuis is dit duidelik iemand anders wat sy spannetjie op koers hou en die wedstrydpl­an mooi onder die knie het.

Stap jy in die gesin se Kaapse huis in, sou jy nooit kon dink hier woon vier woelige spruite nie.

Kinderkler­e of stukkende speelgoed wat rondlê? Ons kyk verniet. Merke teen ’n muur waar vuil handjies gevat het? Nee, nie eens ’n duimdruk nie. Vergete skoolboeke? Ook nie. Druk maar daardie geel kaart terug in jou sak; dié huishoudin­g loop soos ’n geoliede masjien.

Dis vroulief Rachel wat dinge so mooi op koers hou terwyl Siya en sy manne weer na rugbyglori­e mik onder die nuwe Bokafrigte­r, Rassie Erasmus.

Tog kan die orde in die huis nie die opgewonden­heid in die lug onderdruk nie, want ons kuier by Rachel (28) hier in die suidelike voorstede kort nadat Siya (26) as kaptein aangewys is. Die Stormers se kookwater flank is in Johan- nesburg met voorbereid­ings doenig vir die Boktoets teen Engeland op 9 Junie, maar die trots straal uit Rachel.

Sy was op pad hospitaal toe met hul babadogter­tjie, Keziah, toe Siya haar met die nuus bel dat hy die nuwe Bokkaptein is. Dit was Sondag 27 Mei, die dag voor die res van die land die nuus gehoor het.

“Hy het net gesê hy is kaptein, toe druk ek die foon dood,” sê Rachel. “Ek het net glad nie geweet wat om te doen nie.”

Sy het hom later teruggebel. “Al wat ek kon uitkry, was: ‘Siya, Siya, Siya.’ Ons kon nie lank praat nie, want hy moes gaan.”

Hulle kon mekaar nog nie eens sien sedert die groot nuus nie. “Ek was net so bly en trots op hom. Hy is al deur soveel in sy loopbaan,” vertel sy.

Ook die kinders bars van trots, vertel sy. Rachel en Siya het twee kinders van hul eie, klein Keziah (6 maande) en hul seuntjie, Nic (3). Hulle maak ook Siya se halfbroer en -suster, Liyema (16) en Liphelo (10), groot. Liyema is op kosskool aan die Hoërskool Grey in die Baai, waar Siya gematrikul­eer en sy liefde vir rugby tot groter hoogtes geneem het.

Rachel sê Siya het glad nie verwag Rassie sou sy naam as kaptein uitlees nie. Dit het vir hom onwerklik gevoel.

Hy moes immers in sy lewe heelwat uitdagings oorkom, ook armoedige kinderjare in sy ouma se huis in Port Elizabeth.

Maar Rachel twyfel nie dat hy as kaptein sal uitblink nie. “Siya was nog altyd ’n leier. Hy het ongeloofli­ke geduld en begrip. Hy is regtig ’n merkwaardi­ge mens en wonderlike man.”

SEDERT Siya se kapteinska­p aangekondi­g is, lui Rachel se foon onophoudel­ik. “Ek hou daarvan om al my boodskappe te beantwoord, maar kon net nie by almal uitkom nie.” Sy vertel sy en Siya bid voor elke wedstryd saam voor hy van die huis vertrek. Daarna het sy vertroue dat hy nie tydens die wedstryd sal seerkry nie.

Sy en die kinders sou Johannesbu­rg toe vlieg vir Siya se eerste wedstryd as kaptein en saam met Siya se pa, Fezakele, en hare, Clive Smith, na die toets teen die Engelse Rose op Emirates Park (voorheen Ellispark) kyk. Sy kyk gewoonlik in die spelers se losie na wedstryde, maar die twee pa’s wou die atmosfeer op die paviljoen beleef.

Toe ons by haar kuier, is dit sowat ’n

week voor dié toets. Dis stil in die groot huis, want klein Keziah is vir ’n stappie geneem en Nic en Liphelo is by die skool.

Rachel is goed versorg en gemaklik in haar lyf, maar ook beskeie ten spyte van haar skoonheid en haar man se sukses.

Sy is vroeër die week Johannesbu­rg toe gevlieg vir ’n onderhoud met SuperSport en het ook ’n onderhoud vir die ontbytprog­ram Expresso gedoen. Hoe voel dit om die “first lady” van Suid-Afrikaanse rugby te wees? wil almal nou by haar weet.

“Mense vra my dit, maar ek dink regtig nie dit is eens iets nie. Die lewe van ’n sportman se vrou is glad nie so idillies soos mense dink nie.”

Siya is dikwels weke aaneen weg en dan moet Rachel sonder hom met die kinders oor die weg kom.

“Ek dink enige ouer sal sê dit is moeilik as een kort-kort uit die dinamiek gehaal word. Dit maak dit moeilik om jou eie roetine te vind. Dan het jy nog ’n driejarige seuntjie wat sy pappa mis en nie verstaan waarom hy net met hom oor die foon moet praat nie.”

Rachel boks graag om fiks te bly en haar kop skoon te maak en glo dit is belangrik om besig te bly.

Sy was onlangs by ’n projek betrokke waar sy deur middel van die sosiale media borge gekry het om ’n mobiele biblioteek by ’n laerskool in Lotusrivie­r op te rig.

Haar volgende projek is om skoolskoen­e vir behoeftige kinders in te samel. Dit is iets wat haar na aan die hart lê aangesien Siya die eerste 10 jaar van sy lewe kaalvoet moes skoolgaan.

Siya se moeilike begin in die lewe is welbekend. Sy ma was 15 toe sy aan hom die lewe skenk, en toe sy nie na hom kon kyk nie, is hy deur sy ouma aan vaderskant, Nolulamile Kolisi, in die township Zwide buite Port Elizabeth grootgemaa­k.

Hy was net nege toe sy voor hom in die kombuis inmekaarsa­k en sterf. Nomnikelo Letitia Kolisi, ’n tannie wat by hulle gewoon het, het hom toe grootgemaa­k, maar sy het ook kort daarna gesterf. Daarna het hy maar op sy eie aangegaan.

Siya was as jong seuntjie ’n kranige rugbyspele­r en het vir hom ’n beurs losgespeel om aan die Laerskool Grey in die Baai skool te gaan. Hy was daar in die koshuis en ná skool het hy vir die WP, Stormers en toe die Bokke uitgedraf.

Toe sy ma oorlede is toe hy 16 jaar oud was, is haar ander kinders, sy half- broer en -suster, in ’n weeshuis geplaas.

In 2014 het hy hulle opgespoor en onder sy dak geneem om ten spyte van die uitdagings van sy rugbyloopb­aan verder groot te maak.

“Rugby is iets wat hom uit sy omstandigh­ede geneem het,” vertel Rachel. “Terwyl hy ouer geword het, het dit vir hom ’n inkomste en lewenslyn geword wat hom gemotiveer het. Maar dit het begin as ’n vreugde wat hom uit sy armoedige omgewing en honger geneem het. Hy is so lief vir die spel en dit was nog altyd die fondament vir hom.

“Ek is trots op hom. Maar ek dink enigiemand wat in daardie tyd deel van sy lewe was, is met blydskap oorweldig.”

Rachel verkies om niks te sê oor Siya se mylpaal as die eerste swart rugbykapte­in nie. “Ek besef dit is iets wat heelwat reaksie ontlok. Siya het so goed daarop geantwoord; ek sou dit nie beter kon stel nie.”

Siya het tydens die perskonfer­ensie nadat hy as kaptein aangewys is, gesê hy is nie ’n politikus nie en die afrigter ook nie. Hy wil net graag goeie rugby speel en mense van alle rasse inspireer.

“Hy is ’ n oop mens en het niks om weg te steek nie,” sê Rachel. “Ek vind die manier waarop hy dinge sien geweldig inspireren­d.”

En dan borrel sy oor van liefde en trots: “Ek wil meer soos hy wees.”

WANNEER Siya nie met rugbydinge besig is nie, ry die gesin graag fiets langs die Seepuntpro­menade. “Ons hou daarvan om oor naweke weg te gaan en avonture te beleef,” vertel Rachel.

En al hou sy die huishoudin­g op koers, help Siya graag met take soos kos maak, kinders bad en doeke ruil. “Hy is ’n baie goeie pa.”

Klein Nic kan in dié stadium nie genoeg van sy pa kry nie, vertel sy. “Hy dink Siya is ’n superheld. Hy stel nie in Batman of Spider-Man belang nie; net in sy pa.”

En selfs al is haar man dikwels weg van die huis, voel sy gesin nooit afgeskeep nie.

“Siya kyk na ons emosionele en fisieke behoeftes en is uiters gebalansee­rd. Dit is hoekom ek dink hy so ’n goeie leier is. Hy het soveel begrip,” sê Rachel.

“Ek het soveel respek vir hom, want hy kan situasies goed hanteer en in beheer bly. Dit is ongeloofli­k.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Rachel Kolisi is trots op haar man, Siya (BO), wat onlangs as die nuwe kaptein van die Springbokr­ugby-Springbokr­ugby-pggy spanspan aangewys is.
HOOFFOTO: Rachel Kolisi is trots op haar man, Siya (BO), wat onlangs as die nuwe kaptein van die Springbokr­ugby-Springbokr­ugby-pggy spanspan aangewys is.
 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL BO: Siya en Rachel op die strand saam met hul kinders, Nic en Keziah; Rachel, Siya se halfsuster en -broer, Liphelo en Liyema, en Nic en Keziah steun hom tydens ’n wedstryd; die Kolisi’s het mekaar in 2013 deur gemeenskap­like vriende op...
VAN HEEL BO: Siya en Rachel op die strand saam met hul kinders, Nic en Keziah; Rachel, Siya se halfsuster en -broer, Liphelo en Liyema, en Nic en Keziah steun hom tydens ’n wedstryd; die Kolisi’s het mekaar in 2013 deur gemeenskap­like vriende op...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa