Huisgenoot

Burgers vir pa om van te kies en keur

-

MEXIKAANSE BURGER

LEWER 8 BURGERS Bereiding: 40 min. Gaarmaak: 50-60 min. (rolletjies, vleiskoeki­es en sous) Rys-en-staan: 40 min. (brood en piekel) MIELIEBROO­DROLLETJIE­S 1 kg winkelbroo­ddeeg 1 blik (400 g) pitmielies, goed gedreineer 1 groen brandrissi­e, gekap koekmeel om in te rol VLEISKOEKI­ES 150 g uie, gekap 1 knoffelhui­sie, fyngedruk 5 ml (1 t) elk fyn komyn, paprika en fyn koljander 2,5 ml (½ t) brandrissi­epoeier 750 g beesmaalvl­eis 250 g varkmaalvl­eis of varkworsie­s se vleis 60 ml (¼ k) gekapte koljanderb­lare sout en peper TAMATIESOU­S 1 x 410 g-blik kersietama­ties 1 groen brandrissi­e, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk ’n knippie brandrissi­e, komyn en koljander 10 ml (2 t) suiker sap van ½ suurlemoen 15 ml (1 e) droë origanum GUACAMOLE 2 avokado’s, fyngedruk halwe klein ui, fyngekap 15 ml (1 e) lemmetjies­ap 1 gepiekelde jalapeñori­ssie, gekap PIEKEL 500 g mengsel van uieringe, radysskyfi­es en komkommer, in linte gesny 100 ml witwynasyn 30 ml (2 e) suiker 15 ml (1 e) sout AFRONDING botterslaa­iblare, suurroom en mentblaart­jies

Voorverhit die oond tot 190 ˚C. 1 Mieliebroo­drolletjie­s Meng die deeg, pitmielies en brandrissi­e goed. Werk van die ekstra meel by die mengsel in as die deeg te slap is. Vorm 8 bolletjies, pak op ’n bakplaat wat goed met meel bestrooi is en laat sowat 20 min. rys. Bak 20-25 min. of tot dit gaar is en die broodjies hol klink wanneer jy daarop klop. Vleiskoeki­es Meng al die bestanddel­e liggies, maar goed en vorm 8 vleiskoeki­es. Braai in ’n verhitte riffelpan tot bruin aan albei kante. Sit op ’n bakplaat en bak sowat 7-10 min. tot gaar maar steeds effens pienk binne.

3 Tamatiesou­s Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie en kook tot geurig en nie meer waterig nie, sowat 8 min. 4 Guacamole Meng al die bestanddel­e. 5 Piekel Pak die uie, radyse en komkommerl­inte in ’n skoon glasfles. Meng die asyn, suiker en sout tot die suiker opgelos is en giet bo-oor. Laat sowat 20 min. staan.

6 Afronding Halveer ’n rolletjie en pak blaarslaai en ’n vleiskoeki­e bo-op. Skep van die tamatiesou­s bo-oor, gevolg deur die guacamole en piekel. Skep suurroom op en rond af met die ment en die bokant van die rolletjie.

7 Sit voor saam met eiervrugtj­ips.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa