Huisgenoot

Suidooster se Irshaad Ally in Nommer 37

Aksierille­r. Met Irshaad Ally, Monique Rockman, Danny Ross en David Manuel. Regisseur: Nosipho Dumisa. 16 DTG.

- – FRANCO HAVENGA

Waaroor gaan dit?

Die oudmisdadi­ger Randal (Ally) en sy meisie, Pam (Rockman), trek na ’n nuwe woonstel in ’n fiktiewe weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlakte ná ’n ongeluk wat hom aan ’n rolstoel gekluister hou.

Om die las van die ongeluk en die werklikhei­d dat hy nou ’n parapleeg is te verlig, gee sy vir hom ’n verkyker as verjaardag­geskenk.

Hiermee begin Randal die aktiwiteit­e in die woonstelle rondom hom dophou, en dis veral die doen en late van die gevreesde misdadiger Lawyer (Manuel) wat sy aandag trek.

Verder wil sy misdaadver­lede hom net nie uitlos nie, en kort-kort kom kuier die sosiopatie­se geldskiete­r Emmie (Danny Ross) om Randal te verseker hy het nie van sy skuld vergeet nie.

Is dit goed?

Om ’n fliek hoofsaakli­k in ’n ingeperkte gebied te laat afspeel en nie die gehoor se aandag te verloor nie, is moeilik. Die regisseur Nosipho Dumisa se debuutflie­k val nie in dié strik nie, want daar is genoeg intrige en aksie om selfs Klaas Vakie op die punt van sy stoel te hou.

Wat ook in die fliek se guns tel, is dat Ross en Manuel se spel as die booswigte besonder geloofwaar­dig en hul aksies werklik onvoorspel­baar is.

By tye is die storie ietwat voorspelba­ar, maar dit verhoed nie die gehoor om ten volle hul emosies in dié spanningsv­olle fliek te belê nie.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Irshaad Ally en Monique Rockman speel ’n paartjie in die plaaslike misdaadril­ler Nommer 37. REGS, van bo: Sandi Schultz van Binnelande­rs- en Knapsekêre­ls-faam speel speurder Gail February; Rockman in ’n aksiebelaa­ide toneel; Deon Lotz vertolk...
HOOFFOTO: Irshaad Ally en Monique Rockman speel ’n paartjie in die plaaslike misdaadril­ler Nommer 37. REGS, van bo: Sandi Schultz van Binnelande­rs- en Knapsekêre­ls-faam speel speurder Gail February; Rockman in ’n aksiebelaa­ide toneel; Deon Lotz vertolk...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa