Huisgenoot

Liewe Elize

-

V Ek is ’n outydse ouma. Dit pla my dat my vyfjarige kleinkind ’n tablet het waarop hy gereeld na allerhande dinge kyk. Kan dit goed wees vir hom en sy oë?

Ouma, SMS

A Te veel tyd voor watter skerm ook al kan nadelig wees vir voorskools­e kinders, want dit verg dat hulle hul oogspiere te veel moet inspan en kan maklik ’n afhanklikh­eid van tegnologie kweek. Kinders moet rondbeweeg om hul koördinasi­e te ontwikkel en ’n gesonde gewig te handhaaf.

Kenners beveel aan dat die tyd wat hulle bestee aan skerms van alle soorte – televisie kyk of op ’n selfoon of rekenaar speel – tot een uur per dag beperk word. Dit moet verkieslik in tydgleuwe verdeel word, byvoorbeel­d twee halfure.

Laat jou kleinkind met sy ouers onderhande­l oor hoe hy hierdie skermtyd wil deurbring. Stel ’n voorbeeld deur vir hom stories uit ’n gedrukte boek voor te lees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa