Huisgenoot

Jou Geldsake: So verander jy van mediese fonds sonder dat dit jou geld kos

-

DRIE MAANDE As ’n mens langer as twee jaar lid van ’n mediese fonds was (sonder ’n onderbreki­ng van 90 dae tussen fondse), mag die nuwe fonds ’n algehele wagtydperk van drie maande instel. Jy kry dan net die basiese dekking soos die wet voorskryf; nie die volle voordele nie.

12 MAANDE As jy korter as twee jaar lid van ’n mediese fonds was (sonder ’n onderbreki­ng van langer as 90 dae tussen fondse), mag die nuwe fonds ’n wagtydtydp­erk van 12 maande instel wat voordele vir jou bestaande mediese toestande en beplande mediese prosedures betref.

As jy byvoorbeel­d binne 12 maande voor jy om lidmaatska­p aansoek doen ’n heupoperas­ie gehad het, kan die nuwe fonds eise rakende jou heuptoesta­nd vir ’n tydperk van 12 maande uitsluit. Die driemaande-wagtyd geld dan nie.

BOETES ’n Fonds kan laataanslu­itingsboet­es hef as jy 35 jaar of ouer is, as jy vir die eerste keer by ’n fonds aansluit of jou vorige fonds langer as 90 dae tevore verlaat het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa