Huisgenoot

JUL GOEIE WERK SAL BELOON WORD

- TANYA OSMAN

Ek lees die storie van die sewejarige Siphosethu Ncandana (Dankie, ooms, vir my nuwe bene!, 10 Mei) en my hart klop warm vir Alton Senekal en Lungile Mni wat so baie opgeoffer het om die familie te help. Julle is ware helde.

Wat julle vir die sukkelende ouma en haar drie kleinkinde­rs gedoen het, is werklik merkwaardi­g. Julle het jul eie tyd en hulpmiddel­s gebruik om die lewe vir hulle ’n bietjie gemakliker te maak. En dis presies wat elke mens veronderst­el is om te doen.

Baie dankie, julle twee. En weet dat julle die Here en sy seun, Jesus Christus, baie gelukkig maak met die goeie werk. Hou aan om goed te doen en jul beloning sal groot wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa