Huisgenoot

WENS PA WIL SY OË OOPMAAK

- A. OCTOBER

Daar is soveel goeie pa’s, soveel mense, ook enkelouers, wat hard baklei om hul kinders groot te maak in hierdie duur lewe.

Maar as kind moes ek met die seer saamleef dat my pa my nie wou raaksien nie. Dit het my nie van my drome laat afsien nie, maar die seer het nie gewyk nie.

Ek is vandag ouer en wy- ser, maar het steeds soveel ruimte in my hart vir hom. My groot wens is steeds dat hy my sal raaksien.

Ek vergewe jou, pappa. Ek is lief vir jou. Eendag sal jy besef dat ek dit werd is om jou pa te noem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa