Huisgenoot

SMS’E

-

Baie dankie vir die bylae oor prins Harry en Meghan Markle se sprokiestr­oue

(31 Mei). Dis voorwaar baie interessan­te foto’s en inligting wat nog lank bespreek en onthou sal word. Ek wens hulle net die allerbeste toe! HELENA, KEMPTON PARK Dis ’n Huisgenoot om te bewaar en ’n voorblad om te raam. Die mooiste foto’s en biskop Michael Curry se klem op die liefde het warmte in die binneste gebring. Beste wense vir die pasgetroud­es. Dankie, Huisgenoot! HANNES ENGELBRECH­T, BLOEMFONTE­IN Hoekom ’n huis naby ’n kerk koop as jy weet kerke het klokke, of dit nou net Sondae lui of nie? Dit is net soos om ’n huis langs die treinspoor te koop en dan te verwag die trein moet ophou loop of die spore herlê word. HANNES Onderwyser­s is nog trots op hul werk, maar word min betaal en onder administra­sie begrawe. Ek was ’n onderwyser, maar doen nou korporatie­we werk. Ek glo onderwyser­s is die mense wat die hardste werk en minste waardeer word. – ANONIEM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa