Huisgenoot

TRADISIONE­EL

KAASBURGER MET KAAS-EN-SAMPIOENSO­US

-

LEWER 4 BURGERS Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 15 min. (vleiskoeki­es); 12 min. (uie); 10-12 min. (sous)

VLEISKOEKI­ES

750 g beesmaalvl­eis 1 ui, fyngekap 125 ml (½ k) pietersiel­ie, gekap 5 ml (1 t) mosterdpoe­ier sout en peper

GEKARAMELL­ISEERDE UIE

15 ml (1 e) olie 2 rooi-uie, in ringe gesny 30 ml (2 e) balsemieke asyn 15-30 ml (1-2 e) bruinsuike­r sout en peper

KAAS-ENSAMPIOEN­SOUS

botter en olie 1 ui, gekap 125 g bruin sampioene, gekap ’n skeut sjerrie 250 ml (1 k) room 125 ml (½ k) pecorinoka­as, gerasper ’n knippie Dijonmoste­rd sout en peper

AFRONDING

4 burgerroll­etjies met sesamsaadj­ies, gehalveer cosblaarsl­aai 4 kaasskyfie­s 4 agurkies, in repies gesny 8 tamatiesky­we

Voorverhit die oond tot 200 ˚C.

1 Vleiskoeki­es Meng al die bestanddel­e en vorm 4 koekies. Braai in ’n verhitte gietyster-riffelpan tot bruin aan albei kante. Plaas op ’n

bakplaat en oondbraai sowat 10 min. of tot net gaar, maar steeds effens pienk binne.

2 Uie Verhit die olie en braai die uie tot sag. Voeg die asyn en bruinsuike­r by en braai tot die suiker effens gekaramell­iseer en die asyn byna verdamp het. Geur met sout en peper.

3 Sous Verhit ’n bietjie botter en olie in ’n pan en braai die ui en sampioene daarin tot sag. Voeg ’n skeut sjerrie by en verhit tot die alkohol verdamp. Voeg die room by en verhit tot die sous met die helfte afgekook het. Verwyder van die hitte en roer die kaas en mosterd by tot die kaas gesmelt is. Geur met die sout en peper.

4 Afronding Plaas ’n slaaiblaar op die onderkant van die burgerroll­etjie, gevolg deur ’n skyfie kaas, die vleiskoeki­e, agurkies en tamatiesky­we. Skep ’n goeie hopie gekaramell­iseerde uie bo-oor en plaas die bokant van die rolletjie boop. Sit voor saam met die kaas-ensampioen­sous en skoenveter­aartappels­kyfies.

 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa