Huisgenoot

VLEISLIEFH­EBBER

DUBBELDEKK­ERBURGER MET SPEKVLEIS

-

LEWER 3 BURGERS

Bereiding: 40 min. Gaarmaak: 20 min.

VLEISKOEKI­ES

750 g beesmaalvl­eis 250 g vark- of lamsmaalvl­eis 1 ui, gekap 180 ml (¾ k) vars pietersiel­ie, gekap 30-45 ml (2-3 e) vars ment, gekap 15 ml (1 e) fyn koljander 2,5 ml (½ t) fyn komyn sout en peper na smaak

BEETTZATZI­KI

385 g gerasperde piekelbeet, goed gedreineer 500 ml (2 k) dubbelroom­jogurt 30-45 ml (2-3 e) vars ment, gekap 15 ml (1 e) olyfolie 1 knoffelhui­sie, fyngedruk sout en peper fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

AFRONDING

3 burgerroll­etjies 3 blare elk blaarslaai en roket 1 ui, grofgekap en in botter gebraai 6 spekvleisr­epies, in ’n pan gebraai of in die oond gebak tot net gaar 1 rolletjie peperroomk­aas, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 200 ˚C.

1 Vleiskoeki­es Meng al die bestanddel­e, vorm 6 koekies en braai sowat 10 min. in ’n pan tot bruin aan albei kante. Plaas op ’n bakplaat en oondbraai nog 10 min. of tot net gaar, maar steeds effens pienk binne.

2 Tzatziki Meng al die bestanddel­e en hou eenkant.

3 Afronding Plaas ’n slaaiblaar op die onderkant van die burgerroll­etjie. Plaas ’n vleiskoeki­e bo-op, skep van die gebraaide uie bo-oor, gevolg deur 2 repies spekvleis. Plaas nog ’n vleiskoeki­e bo-op. Skep van die beettzatzi­ki bo-oor en rond af met ’n skyfie peperroomk­aas en ’n roketblaar. Plaas die bokant van die rolletjie bo-op. 4 Sit voor saam met tempoera-uieringe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa