Huisgenoot

BUITELUGGE­ESDRIFTIGE

ROOSTERKOE­KBURGER

-

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 20-30 min. Rus: 30 min. Gaarmaak: sowat 3045 min. (roosterkoe­k en hoender)

ROOSTERKOE­K

500 g bruismeel 300 ml bier sout na smaak ekstra meel om bo-oor

te stuif

HOENDER

5 ml (1 t) elk knoffel en gemmer, fyngekap 5 ml (1 t) gerookte

paprika 5 ml (1 t) fyn

koljander 300 ml natuurlike jogurt of karringmel­k 3 hoenderbor­sfilette, gehalveer en met jou handpalm platter geklap sout en peper 375 ml (1½ k) growwe witbroodkr­ummels om in te rol olie vir vlakbraai

KOOLSLAAI

125 ml (½ k) natuur

like jogurt sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 10 ml (2 t) matige geroosterd­e kerriepoei­er of -pasta ¼ wit kopkool,

fyngekap ½ rooi-ui, in ringe

gesny 1 wortel, geskraap en

gerasper 1 piesang, in skyfies

gesny (opsioneel) 50 g sultanas 50 g grondbone

AFRONDING

mayonnaise slaaiblare (opsioneel)

1 Roosterkoe­k Meng al die bestanddel­e en vorm 6 roosterkoe­ke. Stuif met meel en rooster oor matige kole tot gaar en uitgerys en tot dit hol klink wanneer jy daarop klop.

2 Hoender Meng die knoffel, gemmer, paprika en jogurt of karringmel­k. Geur die hoenderbor­sfilette met sout en peper en doop in die jogurtmeng­sel. Rol in die broodkrumm­els en laat die hoender 30 min. rus.

3 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die hoenderstu­kke tot goudbruin aan albei kante en gaar binne, sowat 12-15 min. (Bedek die pan vir die laaste 5 min. sodat dit kan gaar stoombraai.) Dit kan in ’n pan oor die kole of op die stoof gedoen word.

4 Koolslaai Meng die jogurt, suurlemoen en kerrie. Voeg die groente, piesang (indien gebruik),

sultanas en grondbone by en meng deur.

5 Afronding Plaas ’n hoenderfil­et op die onderkant van die roosterkoe­k. Skep mayonnaise bo-oor en skep van die koolslaai bo-op. Garneer met slaaiblare, indien verkies. Bedek met die bokant van die roosterkoe­k.

6 Sit voor saam met gebakte aartappels en uie. (Sien resep op die bladsy langsaan.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa