Huisgenoot

Burgerd Botha

DiegeweseR­omanz-sangersing­nousolo

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Die album

Burgerd het onlangs sy debuutsolo­album, Hartlagsie­l, met ’n rock-pop-aanslag uitgereik. Die CD bestaan uit 15 snitte waarvan hy 10 geskryf het. “Die album, met diep en deurdringe­nde lirieke, is een wat ’ n mens aanspoor om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ten spyte daarvan dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie,” verduideli­k die sanger (31) die tema. “Die Here verwag van jou om Hom te bly vertrou, aan te hou en die wenstreep in die oog te hou.” Hy hoop die album sal luisteraar­s wys daar is nog mooi in die wêreld oor.

Die liefde

Die sanger, wat in 2015 ná ’n kortstondi­ge huwelik van die sangeres Zita Pretorius geskei is, is deesdae ’n enkelloper. Hy glo almal hoop om ’n liefde te ontmoet vir wie hulle die heelal wil laat stilstaan. “Een van die enkelsnitu­itreikings van die album, Die Sterre, gaan hieroor,” vertel hy. “Disdaardie­fasewannee­rdiegevoel van liefde so lekker is dat jy voel die heelal kan maar stilstaan.”

Sy pad na die verhoog

Hy het in 2005 aan die Hoërskool Brits gematrikul­eer en is van sy hoërskoold­ae af by koorsang en kunswedstr­yde betrokke. Hy was van 2001 twee jaar lank lid van die Jacaranda-kinderkoor en was die jaar daarna in Tukkies se Jeugkoor. Hy het ook van 2006 twee jaar lank sang-, kitaar- en klavieropl­eiding aan die Suid-Afrikaanse Musiekinst­ituut in Pretoria ontvang. Hy is daarna deur Select Musiek genooi om een van die vier stemme van die manskwarte­t Romanz te wees. Hulle het onder meer by prins Albert en prinses Charlene se troue in Monaco opgetree. Hy sal dié ervaringe vir niks in die wêreld verruil nie, sê hy.

Weg van die mikrofoon

Burgerd is ook ’n sakeman. Hy is saam met sy broer, Christiaan, en pa, dr. Bert Botha, ’n direkteur van ’n maatskappy op Hartbeespo­ort wat in onderskepp­ende ortodonsie en ortopedie spesialise­er. Wanneer hy wil wegbreek, ontsnap hy na die natuur. Hy is lief vir perdry en jag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa