Huisgenoot

WAAROOR GAAN REDELIKE TWYFEL?

-

Die gerekende advokaat Charles Mouton word een oggend wakker langs sy vrou. Sy lê koud en dood langs hom en hy het geen benul wat gebeur het nie. In die daaropvolg­ende hofsaak weier hy om homself te verdedig, want hy wil self ook weet of hy skuldig is of nie.

Adv. Manon Viljoen, wat sy saak aan die hof moet stel sonder sy same- werking, krap ’n byenes van intrige oop wat insluit die beskuldigd­e se vrou wat haar skatryk geërf het aan geld wat haar pa in die dae van apartheid wederregte­lik verkry het, maar bowenal die drie s’e: seerowers, Somalië en die Staatsveil­igheidsage­ntskap.

En tussen Manon en regter Castel draai die duiwels rond . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa