Huisgenoot

EENSAAM IN HAAR HUWELIK

-

V Moet ’n mens liewer skei as jy heeltyd in jou huwelik alleen voel en jou maat geen aandag of tyd aan jou gee nie, al praat jy met hom daaroor?

WG, SMS

A Hoe meer alleen ’n mens in jou huwelik voel, hoe makliker raak dit om uit te kyk na tekens van verwerping. Om jouself te beskerm, begin jy dan onttrek en gedagtes oor egskeiding kry, maar dit is nie altyd die oplossing nie.

Party huwelike kan wel gedokter word om hierdie gevoel van magteloosh­eid oor alleenheid te bowe te kom.

Werk hieraan deur die leiding te neem om gewoontes te verander wat julle uitmekaar laat dryf.

Doen dinge saam pleks daarvan om net te doen wat jy of hy wil doen. Maak elkeen jul dagboek skoon van onnodige afsprake en ruim tyd in vir mekaar.

Herinner mekaar aan die goeie tye van vroeër, bewys mekaar gunsies en maak van spesiale dae, soos verjaardae, tye om mekaar weer te koester.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa