Huisgenoot

Irshaad Ally FLIEKS

Dié Suidooster-ster (40) en seun van die Kaapse Vlakte maak weer ’n draai op die silwerdoek in die fliek Nommer 37

- Deur LARA ATSON

Vertel meer oor jou karakter, Randal Hendricks.

Ek speel ’n parapleeg wat onlangs die gebruik van sy bene verloor het. Hy is van die Kaapse Vlakte en is al sy lewe lank ’n kleindief. Hy wil uit sy armoede ontsnap en leen geld by ’n psigotiese geldskiete­r (sy gewese Suidooster-medester Danny Ross) sodat hy dwelms kan koop en verkoop om genoeg wins te maak om ’n beter lewe te lei. Hy verloor dan die gebruik van sy bene. Die riller ontvou met Randal wat ’n manier probeer kry om die geldskiete­r terug te betaal – hy plaas baie op die spel, ook sy lewe en dié van sy meisie, om die geld te kry.

Kon jy aanklank vind by Randal?

Ek het op die Vlakte grootgewor­d en dis nie nuus dat ek betrokke was by goed waarop ek nie vandag trots is nie. Maar terselfder­tyd het dié ervarings my in staat gestel om karakters soos Randal te speel. My swaer Shabier Samaai het sy rug gebreek toe hy byna 20 jaar gelede in ’n sandbank geduik het. Ek het hom deur depressie sien gaan terwyl hy sy situasie probeer hanteer het. Ek het hom en sy vriende bestudeer vir die rol.

Wat was die inspirasie agter jou en YoungstaCP­T se rapliedjie op die klankbaan, Dala Wat Jy Moet?

Ek wil vir kinders en mense wys dat jy die meeste van die tyd dinge vir jouself moet doen omdat niemand dit vir jou gaan doen nie. Met Dala (doen) Wat Jy Moet wil ek sê: Neem jou toekoms in jou eie hande. Ek het nog nooit voorheen enige soort musiek gemaak nie, so dit was intimidere­nd om in ’n klank- ateljee te staan en woorde op ’n ritme te doen. Maar as jy die liedjie hoor, sal jy sien my deel is meer ’n monoloog as ’n rap.

Jy het al ’n bendelid gespeel in Four Corners en vertel hoe jy in ’n bende was voor jy in die vermaakbed­ryf was. Hoekom is dit vir jou so belangrik om jou storie te deel?

Ek dink nie mense besef hoe sleg ons situasie op die Kaapse Vlakte is nie. Ek verwys na dwelms, armoede en daardie gevoel van apatie wat baie mense het wat uit ons armer buurte kom. Dit voel soms of ons leiers van ons vergeet het. Trouens, die meeste van die tyd voel dit so. Daarom is dit belangrik vir my om lig daarop te werp.

Vertel vir ons oor jou grootwordj­are.

Ek het in Hanover Park, Manenberg en Woodstock grootgewor­d. My ma was ’n onderwyser­es. My pa is oorlede toe ek jonk was, en ek het as tiener swak keuses gemaak. Ek is byvoorbeel­d uit die skool geskors. Nadat ek (in 2007) in die reeks Survivor was, het ek myself bly vra wat ek met my lewe doen. Wie is ek? Hoekom? Ek het toe vir ’n skryf-en-toneelspee­lkursus ingeskryf. En die res is geskiedeni­s. Ek is al 10 jaar in die bedryf. Die grootste les wat ek geleer het, is dat jy nooit ophou leer nie. As jy goed wil wees in iets, moet jy aanhou probeer. Glo in jouself.

Wie is Irshaad Ally tuis?

Tuis is ek ’n man vir ’ n pragtige vrou, Ayesha (31), en ’n pa vir my ander skoonheid, my dogter, Rahmah, wat in Augustus vyf word. In my vrye tyd skryf ek, beoefen spieshenge­l of vryduik.

Vertel vir ons vyf dinge oor jou wat niemand weet nie.

Ek was op my dag ’n taxiguardj­ie. Ek het toilette op die Seepuntpro­menade in Kaapstad skoongemaa­k. Ek kan nie sonder koffie nie. Ek kan ’n agteroorsa­lto in ’n swembad in doen. Ek hou nie van koek nie.

 ??  ?? BO: Irshaad Ally vertolk k die hoofrol in Nommer 37. REGS: Ontmoet die e Allys: Irshaad, sy vrou, Ayesha, ’n onderwyser­es, en hul vierjarige dogter, Rahmah.
BO: Irshaad Ally vertolk k die hoofrol in Nommer 37. REGS: Ontmoet die e Allys: Irshaad, sy vrou, Ayesha, ’n onderwyser­es, en hul vierjarige dogter, Rahmah.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa