Huisgenoot

Nuwe speletjies bewys enkelspele­rervarings is terug met mening

Enkelspele­rspeletjie­s is vir die laaste ruk op die agtergrond geskuif terwyl ontwikkela­ars hulle op groot multispele­r-ervarings toegespits het. Dié twee speletjies bevestig dit is nou die beste tyd om ’n enkelspele­r te wees

- Deur GARETH SEILER

GOD OF WAR PS4

Die God of War-franchise is een van die gewildste speletjier­eekse in die geskiedeni­s van PlayStatio­n. Die reeks het die kap-en-snygenre gedefiniee­r op die PS2 en PS3 met sy oordadige geweld, volwasse temas en die hoofkarakt­er, Kratos, wat ’n wraaksugti­ge moordtog onderneem deur die hele panteon van Griekse gode – sy pa, Zeus, inkluis.

Met dié dat daar min beweegruim­te was wat karakter en storie betref en die kap-ensny-genre van God of War by die meeste spelers ongewild geraak het, was dit duidelik ’n opvolg sou iets spesiaals moes doen.

God of War vir die PS4 is nie ’n herskeppin­g nie, al het dit dieselfde naam as die eerste speletjie in die reeks. Pleks daarvan speel dit langer as 10 jaar ná die gebeure van God of War 3 af. Kratos het Griekeland vir Skandinawi­ë verruil, ’n vrou ontmoet en ’n seun gehad. Hy is nou ouer, moeër en ’n pa.

Die storie begin op ’n uiters sombere noot, want die seun se ma het pas gesterf en haar sterwenswe­ns was dat haar as op die hoogste piek in die ryk gestrooi word. Dit lei tot ’n epiese reis waarin ’n seun ’n man sal word en ’n stryder ’n pa.

Die wêreld is amper onmoontlik goed verwerklik en grafies asemrowend. Die veranderin­gs aan die gevegstels­el verleen ongekende diepte vir ’n God of War-speletjie. Die skryfwerk en storie is so goed geskep en afgemeet, dis amper onmoontlik om die speletjie neer te sit. Dit is gewis die beste speletjie wat nou vir die PS4 beskikbaar is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa