Huisgenoot

STADIG GEROOSTERD­E SPRINGBOKB­LAD MET KOESKOES EN SOETWORTEL­S

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 3-4 UUR BLAD 1 springbokb­lad sout en peper 2 uie, in kwarte gesny 4 knoffelhui­sies, gekneus 2 wortels, in stukke gesny 60 ml (¼ k) bessiekonf­yt 500 ml (2 k) rooiwyn 500 ml (2 k) hoenderaft­reksel KOESKOES 375 ml (1½ k) koeskoes 100 g droëperske­s, in klein stukkies gesny 30 ml (2 e) sonnebloms­ade, gerooster 50 g amandels, grofgekap 5 ml (1 t) komynsaadj­ies, gerooster ’n hand vol vars koljanderb­lare, gekap SOETWORTEL­S 6 wortels, geskil en in lang repe gesny 30 ml (2 e) botter 15 ml (1 e) heuning 1 takkie roosmaryn Voorverhit die oond tot 160 °C.

1 Blad Geur die springbokb­lad oraloor met die sout en vars gemaalde peper. Pak die uie, knoffel en wortels op die bodem van ’n oondbak met ’n deksel. Sit die blad bo-op en verf die bessiekonf­yt oor die vleis. Giet die rooiwyn en aftreksel in die bak en sit ’n vel tinfoelie booor die bak. Plaas die deksel dan stewig bo-op en rooster 3-4 uur in die oond of tot die vleis van die been begin afval. 2 Koeskoes Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking. Vlok dit met ’n vurk en voeg die res van die bestanddel­e by. Roer goed deur en geur met die sout en peper na smaak. 3 Soetwortel­s Plaas al die bestanddel­e saam in ’n pan en roerbraai oor matige hitte tot gaar en stroperig. Geur met sout. 4 Vir voorsit Vlok die vleis uitmekaar met twee vurke en sit voor saam met die soetwortel­s en koeskoes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa