Huisgenoot

VOLSTRUISS­TEAKS MET SAMPIOENSO­US

-

GENOEG VIR 2 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30-35 MIN. 2 x 200 g-volstruiss­teaks 15 ml (1 e) olyfolie INVRYFMENG­SEL 10 ml (2 t) koljanders­aadjies 5 ml (1 t) kitskoffie 5 ml (1 t) droë tiemie 2,5 ml (½ t) seesoutvlo­kkies ROOMSOUS 15 ml (1 e) olyfolie 4 knoffelhui­sies, fyngedruk 250 g bruinsampi­oene, in skyfies gesny 15 ml (1 e) brandewyn 5 ml (1 t) groenpeper­korrels, gekap 5 ml (1 t) meel 60 ml (¼ k) beesvleisa­ftreksel 125 ml (½ k) room ’n hand vol vars pietersiel­ie, gekap sout en vars gemaalde swartpeper

1 Klad die steaks met kombuispap­ier droog en vryf in met die olie. Hou eenkant tot benodig.

2 Invryfmeng­sel Verhit ’n droë pan op die stoof en rooster die koljanders­aadjies tot geurig. Maal dit met ’n stamper in ’n vysel fyn. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed. Sprinkel die mengsel oor die steaks en vryf goed in.

3 Roomsous Verhit die olie in ’n groot pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Voeg die brandewyn en peperkorre­ls by en sprinkel die meel oor. Meng goed. 4 Giet die aftreksel by en verlaag die hitte – roer die sous aanhoudend. Giet die room by en roer tot die sous afgekook en effens verdik het. Roer die pietersiel­ie by en geur met nog sout en peper indien verkies.

5 Afronding Verhit ’n kleefvrye pan tot rookwarm. Plaas die steaks in die pan en seël 30 sek. aan elke kant of tot ’n goudbruin kors bo-op die steaks vorm. Verlaag die hitte en braai die steaks 2 min. per kant of tot gaar soos verkies. Moenie die steaks te gaar braai nie, anders sal dit droog wees. Haal die steaks uit die pan en laat 5 min. rus. 6 Vir voorsit Sny die steaks in repies en sit saam met die sampioenso­us voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa