Huisgenoot

DROËVRUGTE­BROOD MET HEUNINGSPE­K

VIR ONTBYT

-

’n Dun snytjie van dié lekker droëvrugte­brood, gesmeer met ’n bietjie room- en bloukaas saam met geroosterd­e spek, is iets heerlik anders vir ontbyt.

LEWER 30-40 DUN SNYTJIES BROOD BEREIDING: 20 MIN. BAK: 40-60 MIN.

4 groot eiers 10 ml (2 t) vanieljege­ursel 80 ml ( k) bruinsuike­r of heuning 180 ml (¾ k) koekmeel 2,5 ml (½ t) sout 1,25 ml (¼ t) bakpoeier 1,25 ml (¼ t) koeksoda 70 g droëappelk­ose, gekap 50 g bosbessies 50 g droëpere, gekap 50 g korente of sultanas 100 g gemaalde amandels 100 g heel amandels, okker- of pekanneute, gekap 100 g geroosterd­e sonneblom- of pampoenpit­te VIR VOORSIT

roomkaas repiespek met heuning gerooster bloukaas (opsioneel) ’n bietjie heuning vir bedruiping

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n klein broodpan en voer uit met bakpapier. 1 Klits die eiers, vanieljege­ursel en suiker of heuning saam tot lig en dik. 2 Sif die droë bestanddel­e saam. 3 Meng die vrugte, neute en pitte, en sif ’n bietjie van die meelmengse­l oor. 4 Vou die droë bestanddel­e om die beurt met die vrugtemeng­sel by die eiermengse­l in. Skep in die bereide pan en bak sowat 40-60 min. of tot ’n toetspen net-net skoon uit die middel van die brood kom. Bedek ná 40 min. met tinfoelie om te keer die brood bak te donker. 5 Laat effens in die pan afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel. Draai toe in kleefplast­iek om dit behoue te laat bly – vir ’n paar weke in die yskas of drie maande in die vrieskas. 6 Vir voorsit sny die brood in papierdun snytjies, smeer met roomkaas, stapel die spek bo-op en krummel bloukaas oor (indien gebruik). Rond af met ’n paar streepsels heuning.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa