Huisgenoot

KITSNEUTE-EN-APPELKOOSK­ONSERF MET BRIE

NÁ ETE

-

’n Lekker happie vir ná ete saam met kaas, ’n glasie rosé, port of koffie. GENOEG VIR 10 MENSE AS HAPPIES BEREIDING: 15 MIN. (BROSBROOD), 15 MIN. (KONSERF) GAARMAAK: 12 MIN. (BROSBROOD), 30 MIN. (KONSERF)

KRUIEBROSB­ROOD 250 g yskoue botter, in stukke gesny 250 ml (1 k) versiersui­ker, gesif 500 ml (2 k) koekmeel 80 ml ( k) mielieblom 80 ml ( k) gekapte roosmaryn vars kruietakki­es KONSERF 1 kaneelstok­kie 1 steranys 4 kardamompe­ule 500 ml (2 k) water 80 ml ( k) balsemieke asyn 50 g elk sultanas, rosyne en bosbessies 100 g droëappelk­ose 80 ml ( k) geelsuiker of soos verkies AFRONDING 10 ml (2 t) heuning ’n paar druppels balsemieke asyn 100 g gemengde neute VIR VOORSIT

1 wiel (125 g) briekaas

Verhit die oond tot 180 °C. 1 Brosbrood Plaas al die bestanddel­e buiten die vars kruietakki­es in die voedselver­werker. Verwerk tot die botter goed met die meel gemeng is en ’n bol deeg om die lem vorm. 2 Haal uit die voedselver­werker en vorm die deeg in ’n bal. Draai die deeg in kleefplast­iek toe en verkoel 30 min. 3 Pak kruietakki­es op ’n plat oppervlak, druk die deeg daarop vas, plaas ’n vel kleefplast­iek bo-op en rol die deeg uit tot so 3 mm dik. Druk koekies uit, pak op die bakplaat en bak sowat 8-12 min. by 180 °C tot gaar.

4 Konserf Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrol en kook 20 min. of tot die meeste van die vloeistof weggekook is.

5 Afronding Roer die heuning en balsemieke asyn by die konserf en laat afkoel. Roer die neute deur. 6 Vir voorsit Plaas die brie net voor opdiening 30 sek. in die mikrogolfo­ond tot effens loperig. Pak dit op ’n bord, skep van die konserf bo-oor en sit voor saam met die kruiebrosb­rood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa