Huisgenoot

Medium tot kort hare

-

STAP 1 Wend stileermou­sse aan ’n deel droë hare aan die agterkant van jou kop. Blaas hierdie deel terwyl jy dit deurkam tot die mousse droog is. Doen dit met die res van jou hare.

STAP 2 Neem ’n dun stukkie hare van jou voorkop tot by die agterkant van jou kop. Maak die res van die hare met ’n rekkie vas.

STAP 3 Neem ’n kleiner stukkie uit dié afgeskorte hare en draai dit om die krultang en hou dit ’n paar sekondes. Verwyder die krultang sonder om die krul los te maak en steek dit met ’n haarknippi­e vas. Dit behoort ’n lus te vorm. Doen dit met die res van die hare en maak seker alle krulle word in dieselfde rigting gedraai tot jy ’n ry klaar gedraai het.

STAP 4 Trek nog ’n ’ndun dun ry hare van voor tot agter en maak die res vas. Herhaal die vorige stappe en maak seker jou krulle wys in die teenoorges­telde rigting as die eerste ry krulle.

STAP 5 Herhaal met die res van jou hare en onthou om die rigting van die krulle vir elke ry af te wissel.

STAP 6 Wanneer jy klaar is, verwyder al die haarknippi­es. Vryf stileerroo­m aan jou hande, trek dit deur die krulle en maak dit liggies los.

STAP 7 Maak ’n kantpaadji­e wanneer jy klaar is. Gebruik ’n kam en haarknippi­es en maak golwe deur stap twee tot vyf onder “Kort hare” (regs bo) o) te volg. Laat die stileerroo­m erroom droog drooooog word voor r jy jydie die knippies verwy- verrwyyder. er. Jy kan ’n haardroër gebruik gebruuik om die proses te versnel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa