Huisgenoot

OOK IETS VIR DIE OOG

- s y 1)

JUSTIN TRUDEAU

(46), Kanada se premier, het ’n nuwe betekenis gegee aan vuurwarm politiek. Hy is in 2015 in die amp verkies en die Kanadese het sedertdien ’n groot liefde vir die aantreklik­e leier van Liberale Party ontwikkel. Maar dit lyk of sy voorkoms nie meer genoeg in sy guns tel nie, want volgens ’n onlangse peiling verkies die meeste Kanadese burgers die Konserwati­ewe Party se politiek bo dié van hul oulike premier. En dis ondanks sy sukses om die land se ekonomie weer op dreef te kry. Wel, as die politiek nie vir hom uitwerk nie, is daar beslis die opsie van modelwerk vir dié politikus wie se aantreklik­e agterstewe selfs al op voorblaaie gepryk het.

ENRIQUE PEÑA NIETO

(51) is sedert 2012 die president van Mexiko. In ’n land wat gebuk gaan onder ’n jare lange stryd teen dwelms, ’n hoë moordsyfer en korrupsie, kon Enrique, wat al die George Clooney van politiek ek genoem is, nog nie ’n groot verskil aan die sosiaal-ekonomiese en politieke agteruitga­ng maak nie. In Januarie verlede jaar was net 12% van Mexiko se inwoners tevrede met hul land se leier. Dit maak die president met die groot glimlag een van Mexiko se ongewildst­e en mees omstrede presidente nóg.

KATRÍN JAKOBSDÓTT­IR

(42) is die premier van Ysland. Voor haar verkiesing in 2017 is sy in ’n meningspei­ling as die betroubaar­ste politikus in Ysland aangewys. Sy is getroud en het drie kinders. Die pragtige leier is ’n voormalige joernalis wat met haar nederighei­d en skandaalvr­ye verlede die hart van haar landsburge­rs verower het.

MARA CARFAGNA

(42) is ’n aantreklik­e Italiaanse politikus en parlements­lid wie se voorkoms veral opslae maak omdat sy voorheen ’n danseres en model was. In 1997 was sy selfs sesde in die Mej. Italië-skoonheids­kompetisie. Stomende foto’s van haar wat ’n bietjie meer as haar pragtige glimlag wys, maak haar besonder gewild onder haar warmbloedi­ge medeburger­s. In 2009 is sy deur die manstydskr­if Maxim as die sexyste politikus ter wêreld aangewys.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa