Huisgenoot

Gesinsvaka­nsie vir Proteaster­re

-

Ná al die harde werk op die krieketvel­d is dit nou eers tyd vir ’n luilekker gesinsvaka­nsie oorsee . . . Di Die Proteakapt­ein, Faf du Plessis, sy vrou, Imar Imari, en hul dogtertjie, Amélie (11 maande), het Bali g gekies vir ’n blaaskans. Die paartjie het foto foto’s van hul wegbreek op Instagram gedeel. As hulle nie branderpla­nk ry of die wit strande en prentjiemo­oi rysplantas­ies verken nie, ge geniet hulle smullekker etes. ““Ons eet ons weg deur Bali,” het Imari laat ho hoor. O Ook die veelsydige Protea-krieketste­r JP Du Duminy, sy vrou, Sue, en hul tweejarige dogter, Is Isabella, het weggebreek. Dié kleinding het a al meer as 100 vlugte agter die rug, want JP se gesin reis oral saam wanneer hy speel. Dié keer is hulle in Turkye met ’n gesinsvaka­nsie.

JP en Sue, wat later vanjaar hul tweede kleinding sal verwelkom, was veral meegevoer deur Istanbul se Topkapipal­eis, wat van die 15de tot die 19de eeu Ottomaanse heersers gehuisves het. Istanbul is deels in Europa en deels in Asië en die paartjie het ook uitgekyk oor die Bosporus seestraat, wat dié skeiding aandui.

Dan was daar natuurklik ook tyd vir ’n besoek aan die Groot Basaar, een van die wêreld se grootste onderdakma­rkte. Dis veral bekend vir Persiese tapyte, glaslampsk­erms, keramiekwa­re en leerproduk­te. “Keuses . . . keuses . . .” het Sue op Instagram geskryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa