Huisgenoot

PERSKEKLAP­PERKOEK

IETSIE SAAM MET TEE

-

Droëperske­s is heerlik in dié klapperkoe­k, wat nie baie suiker inhet nie. Dit bevat ook min meel. LEWER 1 MIDDELSLAG­KOEK BEREIDING: 30 MIN. BAK: 35 MIN.

PERSKES 100 g droëperske­s, fyner gesny 250 ml (1 k) lemoensap fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen 25 ml (5 t) heuning of bruinsuike­r KOEK 125 g botter 100 ml bruinsuike­r 3 eiers 125 ml (½ k) koekmeel 15 ml (1 e) bakpoeier 2,5 ml (½ t) sout 125 ml (½ k) fyngemaald­e amandels 375 ml (1½ k) klapper ’n paar druppels amandelgeu­rsel (opsioneel)

STROOP 45-60 ml (3-4 e) suiker of heuning 180 ml (¾ k) lemoensap 8-10 droëperske­s AFRONDING 230 g geroomde maaskaas 30-45 ml (2-3 e) versiersui­ker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 22 cmtuitpan met kossproei en stuif met meel. 1 Kook die perskes, lemoensap en -skil saam met die heuning tot die perskes goed sag maar nie stukkend gekook is nie en die meeste vloeistof byna afgekook is.

2 Koek Klits die botter en suiker saam tot romerig, voeg die eiers by en klits goed. 3 Sif die droë bestanddel­e saam. Voeg die amandels en klapper by. Meng om die beurt met die perskemeng­sel by die bottermeng­sel in. Voeg die amandelgeu­rsel by. Skep in die pan. 4 Bak sowat 35 min. of tot ’n toetspen skoon uit die koek kom.

5 Stroop Laat al die bestanddel­e 5 min. saam kook. Hou die perskes eenkant en giet die stroop oor die warm koek. Laat in die pan afkoel en keer versigtig uit.

6 Afronding Meng die roomkaas met die versiersui­ker. Stapel die perskes bo-op die koek en skep hopies van die roomkaasme­ngsel bo-oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa