Huisgenoot

DIE HEILIGE LAND (ISRAEL)

-

Israel is 'n belangrike bestemming vir Moslem-, Christen- en Joodse pelgrims. Weet jy hoekom hierdie land vir hulle so belangrik is? Dit is omdat hul heilige geskrifte – die Koran, Bybel en Torah – grotendeel­s in en om hierdie Midde-Oosterse land afspeel.

Moslems beskou die Al-Aqsa-moskee op die Tempelberg in Jerusalem as die derde heiligste plek in Islam naas die Kaäba in Mekka en die Al-Masjid an-Nabawi (die Profeet Se Moskee) in Medina. Moslems glo die profeet Mohammed is tydens sy sogenaamde Nagreis vanaf die Heilige Moskee in Mekka hierheen gebring.

Die nabygeleë Rotskoepel-heiligdom word ook as heilig beskou aangesien geglo word die rots in die middel van die gebou was die profeet se bestemming tydens sy Nagreis en dat hy ook van hier hemel toe gevaar het.

Jode beskou die Tempelberg as die allerheili­ge plek in hul godsdiens aangesien die rots in die Rotskoepel as die Hoeksteen gesien word waar hulle glo die Here die eerste mens, Adam, geskep het.

Hul godsdienst­ige wette verbied Jode om op die Tempelberg te bid; daarom besoek hulle die Westelike Muur, die enigste oorblyfsel van die Tweede Tempel, wat die Romeine in 70 n.C. in puin gelê het.

Hierdie muur van sowat 50 m lank en 20 m hoog staan as die Klaagmuur bekend omdat Joodse pelgrims met die eeue hier geween het oor die verwoestin­g van die Tempel en steeds bid dat dit herbou sal word. Pelgrims en besoekers aan die Klaagmuur het 'n gewoonte om stukkies papier met gebede of versoeke aan die Here in die gleuwe tussen die muur se stene in te druk.

Vir Christene is Jerusalem die plek wat Jesus oor die Paasfees besoek en waar Hy die week voor sy dood deurgebrin­g het. Christenpe­lgrims herdenk al die belangriks­te gebeure in daardie Heilige Week. Hulle hoop om so nader aan Christus te voel. Die plekke wat hulle besoek, is onder meer:

Die Tuin van Getsemane, waar Jesus gebid het voor die Romeinse soldate Hom in hegtenis geneem het. Die Heilige Grafkerk, wat glo op die plek gebou is waar Jesus gekruisig en begrawe is. Ander glo die Tuingraf net buite die stadsmure is waar Hy opgestaan het. Die Via Dolorosa (Lydensweg) is 'n spesiale roete van buite Jerusalem tot by die Grafkerk waarlangs pelgrims loop – veral op Goeie Vrydag – omdat hulle glo Jesus het sy kruis daarlangs gedra voor Hy gekruisig is.

 ??  ?? BO: Christenpe­lgrims dra ' 'n n kruis op die Lydensweg in die ou stad Jerusalem (ONDER) om Jesus Christus se lyding en dood te herdenk. REGS: Mans en vroue aanbid afsonderli­k by die Klaagmuur.
BO: Christenpe­lgrims dra ' 'n n kruis op die Lydensweg in die ou stad Jerusalem (ONDER) om Jesus Christus se lyding en dood te herdenk. REGS: Mans en vroue aanbid afsonderli­k by die Klaagmuur.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa