Huisgenoot

Henri se oom deel sy herinnerin­gs

Die vermoorde Martin van Breda se broer vertel van sy eie wroeging, en hy diep herinnerin­gs op van Martin en Henri

- Deur MARELIZE POTGIETER

AS TIENERS het t hul le graag g vir kleinboet t Martin agterin in gelaai wanneer eer hulle met hul Volksie die paaie rondom Paarlberg buite ite Kaapstad gaan verken het. Sonder sorge het die tweeling André en Bailey van Breda (64) saam met die jongste Van Breda-spruit inry toe gegaan of sommer net die pad gevat en by pelle gaan kuier. Wanneer hulle stout was en skelm sigarette uitgehaal het, het hulle vir Martin die dood voor die oë gesweer as hy dit sou waag om te klik. Martin se heldeverer­ing vir sy tweelingbr­oers was groot; hy het nooit vir hul ouers van sy ouer broers se stout streke vertel nie.

André glimlag hartseer toe hy die gelukkige jeugherinn­erings van soveel dekades gelede opdiep. Noudat hy met sy lewe moet voortgaan ná die verskrikli­ke trauma van die afgelope paar jaar begin dié herinnerin­gs aan ’n mooier tyd weer na hom terugkom.

Want nou, nadat een van die opspraakwe­kkendste moordverho­re van die afgelope paar jaar verby is, breek die laaste groet van sy kleinboet aan.

Martin se middelkind, Henri (23), is onlangs in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof skuldig bevind en lewenslank tronk toe gestuur. Hy het sy pa, ma, Teresa, en broer, Rudi, op 27 Januarie 2015 in hul huis op die spoglandgo­ed De Zalze buite Stellenbos­ch met ’n byl doodgekap. Martin was 54 toe hy aan die hand van sy seun sterf, Teresa 55 en Rudi 22. Net sy suster, Marli (nou 19), het die aanval oorleef.

Net ná die vonnisople­gging het André en Bailey, nog ’n paar familieled­e en Henri se meisie, Daniellé Janse van Rensburg, hom onder die hof naby die aanhouding­selle gaan groet. Henri het geglimlag toe hy hulle sien, en hulle het vir mekaar drukkies gegee.

“Ons het vir hom gesê ons dink aan hom. Ons het vir hom gesê hy moet sterk wees en hy het gesê hy sal. Hy is ’n Van Breda. Ons het vir r hom gesê ons hoop hy ge- bruik die geleenthei­d om m te besin en dat hy homself lf verder sal laat oplei. Die e familie sal graag wil sien n dat hy homself verder ont- t-

wikkel. Henri het baie potensiaal.”

André sê Henri wil glo graag in die regte studeer, en hy skryf glo ’n boek. Hy sal baie jare hê om dit te doen; sy vonnis is drie keer lewenslang­e tronkstraf vir die moorde op sy ouers en broer, met nog 15 jaar vir die aanval op sy suster.

Henri is die volgende dag in die Drakenstei­n-gevangenis buite die Paarl opgeneem; in dieselfde omgewing waar sy pa en ooms jare gelede met onskuldige kattekwaad doenig was.

Enkele dae later, op die eerste Sondag ná die vonnisople­gging, het André, Daniellé en nog ’n paar familieled­e vir Henri in die tronk gaan kuier.

Henri het opgeruimd en selfs gelukkig gelyk, vertel André. “Hy was die ou Henri wat ons ken. Hy was in ’n goeie bui en het grappies gemaak. Hy was rustig, kalm, spontaan. Hy het gelag. Ons het ’n heerlike familieges­prek gehad. Dit was lig en lekker en ons het nie oor die besonderhe­de van dinge (die saak) gesels nie.”

André sê hy was “aangenaam verras” oor die omstandigh­ede in die tronk en meen die personeel is “hartsmense. Die gevangenes is netjies, skoongeske­er en het kort hare.”

Volgens André sê Henri boonop die kos is lekker. “Minder as in Pollsmoor, maar baie lekker.”

SEDERT André die oggend van 27 Januarie 2015 die nuus gekry het dat sy broer, Teresa en Rudi vermoor is, het hy baie gewroeg. Soveel onsekerhei­d, soveel vrae. Hy was by die polisie se ondersoek betrokke en sê die Van Breda-familie aanvaar die regter se uitspraak. Nou, selfs al is dit hoe seer, moet die afsluiting kom.

Tog verander dit niks daaraan dat hy steeds elke oggend halfdrie wakker skrik nie. Donkernag sal hy die televisie aansit en die koerant die sesde keer deurblaai.

“Dan dink ek weer aan alles. Ek dink aan Henri in die tronk en wonder of die kind warm slaap.

“Dit is alles net so tragies.”

Hy sê hy is bekommerd oor Daniellé; die lang saak het ook ’n invloed op haar gehad. Sy het maer geword en swaargekry. “Ons het haar vir ete geneem, maar sy wou net water en koeldrank hê. Toe sê ons vir haar: ‘Daniellé, nou gaan jy eet.’ Want ons is bekommerd.

“Almal het hul mening. Elke ou maak sy eie afleidings. Ek het vir haar gevra of Henri eet en sy het gesê hy het (voor die uitspraak) min geëet.

“Sy was goeie ondersteun­ing vir Henri,” sê André. “Ek dink hulle vul mekaar aan.

“Ons het vir haar gevra hoe haar pad vorentoe lyk en sy het gesê sy wil gaan studeer. Ook regte.”

Hulle het vir Daniellé gevra waar sy gaan bly en sy het gesê die tyd sal leer. Voor Henri se skuldigbev­inding het hulle saam in ’n woonstel in die suidelike voorstede van Kaapstad gewoon, maar die pad vorentoe is nog onseker.

“Daardie kind trek swaar,” sê André met meegevoel.

Dan dwaal sy oë weer oor die Bolandse landskap waar ons in die vreedsame SalemBybel­se tuin net buite die Paarl ontmoet. Hy woon in Pretoria en is die eienaar van ’n ondernemin­g wat betaalstel­sels bestuur, maar hy en sy vrou, Antoinette (63), het by ’n niggie gebly terwyl hulle hier was vir die hofsaak.

André het vanoggend sy grootste vertroueli­ng, sy tweelingbr­oer, gegroet. Bailey het teruggekee­r Nelspruit toe, waar hy as ’n ontwikkela­ar werk. Ons sit skaars toe die foon lui. Dis Bailey wat vinnig groet nadat sy vliegtuig geland het. Hulle was van kleins af onafskeidb­aar, sê André. Tot vandag toe praat hulle daagliks talle kere oor die foon.

Pa Bailey en ma Martie en die drie seuns het van Kakamas in die NoordKaap af Paarl toe getrek toe die tweeling hoërskool toe gaan. Hulle is sewe jaar ouer as Martin en het aan die Hoër Seunskool Paarl gematrikul­eer. Die gesin het later Amanzimtot­i toe verhuis, waar Martin aan die Hoërskool Kuswag gematrikul­eer het terwyl die tweeling in Bloemfonte­in studeer het.

Volgens André was Martin van jongs af geniaal. “Hy het van sub A tot matriek eerste gestaan. Ek en Bailey moes hard leer; ons moes ’n pak slae kry om by die boeke te sit. Hy nooit.

“Dan het ons tydens universite­itsvakansi­es huis toe gegaan en in die aand in Durban se strandfron­t gaan kuier. Martin moes die volgende dag wetenskape­ksamen skryf, maar dit was nie vir hom ’ n probleem nie. Hy het saamgegaan. Hy het ’n soort fotografie­se geheue gehad,” vertel André.

Hy het dit ook gesien toe hulle later jare saam sake doen. “Ons het in raadsverga­derings gesit en deur ’n dokument gelees. Ek was halfpad deur die blad, dan was Martin al op die volgende een. Dan sê ek vir hom: ‘Martin, jy moet die goed lees.’ Dan sê hy vir my: ‘Toets my.’ ”

Martin het siviele ingenieurs­wese aan die Universite­it Stellenbos­ch gaan studeer en ná sy studie is hy Pretoria toe, waar hy Teresa deur gemeenskap­like vriende ontmoet het.

Jare later het André op ’ n keer vier maande lank by Martin en sy gesin in Pretoria gewoon vir werk voor hulle Australië toe is. Die kinders was toe nog in die laerskool. “Hulle het geen spanning in die huis gehad nie. Geen. Die kinders was rustig. Elkeen het ’n taak in die huis gehad. Henri moes die honde kos gee, Teresa het skottelgoe­d gewas, Marli moes afdroog en Rudi het die swembad versorg.”

Dan dwaal sy gedagtes na Henri en die trane kom sit vlak. “Daardie kind was altyd so vriendelik. In daardie stadium was hy klein en skraal, maar wanneer ek daar kom, was hy eerste by die kar. Dan dra hy die tasse. Nie een van ons kan dit glo nie. Daardie kind . . . Wanneer ek na die destydse foto’s van hom kyk, dan maak dit nie sin nie. Iewers het iets verskrikli­ks verkeerd geloop.” Al het Henri nog nooit so ver gekom om die moorde aan enigeen van hulle te erken nie, moes hulle vergifnis vind, vertel André. “As jy nie kan vergewe nie, gaan jy nie lank lewe nie.”

Hy en Bailey wil Henri steun en vir hom gaan kuier wanneer hulle kan.

Is hy nog lief vir hom? André knik sy kop stadig. “Bloed is dikker as water. Dit is waaroor familie gaan.”

‘Iewers het iets verskrikli­ks verkeerd geloop’

 ??  ?? HOOFFOTO: André van Breda, Martin se ouboet, het swaargekry tydens Henri se moordverho­or. Hy sê die familie berus by die regter se uitspraak dat Henri (HEEL BO) die moordenaar is. ONDER: Hy en sy tweelingbr­oer, Bailey (links), het mekaar in dié tyd vertroos. REGS: Henri groet sy oom André tydens die moordverho­or waarin André se tweelingbr­oer, Bailey, ’n staatsgetu­ie was. Henri is drie keer lewenslang­e tronkstraf opgelê.
HOOFFOTO: André van Breda, Martin se ouboet, het swaargekry tydens Henri se moordverho­or. Hy sê die familie berus by die regter se uitspraak dat Henri (HEEL BO) die moordenaar is. ONDER: Hy en sy tweelingbr­oer, Bailey (links), het mekaar in dié tyd vertroos. REGS: Henri groet sy oom André tydens die moordverho­or waarin André se tweelingbr­oer, Bailey, ’n staatsgetu­ie was. Henri is drie keer lewenslang­e tronkstraf opgelê.
 ??  ?? BO: Henri se meisie, Daniellé Janse van Rensburg, gesels met sy ooms André en Bailey in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof.
BO: Henri se meisie, Daniellé Janse van Rensburg, gesels met sy ooms André en Bailey in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa