Huisgenoot

Jannie en sy Melissa-Jo haak af

Jannie Moolman, die sanger met die ‘heel mooiste hart en siel’, en sy Melissa-Jo oor wie se humorsin hy so gaande is, het op ’n pragtige herfsmidda­g afgehaak

- Deur MARIZKA COETZER

DIS om van te t sing; i die di soort toneel wat ’ n romantiese siel met ’n groot stem sommer met ’ n aria sou laat lostrek.

Maar toe die pragtige bruid in die paadjie afstap, steek enige geluidjie in haar bruidegom se keel vas. Hy lyk verwonderd, verlief – en oorweldig met vreugde.

Eerder as om daardie groot longe met lug te vul en met ’n lied oor die spesiale oomblik los te trek, steek die bekende tenoor Jannie Moolman (50) sy arm uit en haak dit by dié van Melissa-Jo Sharpe (33) in. Ná agt jaar saam word hulle vandag eindelik een.

Die 130 gaste by die Lace on Timbertrou­plek buite Pretoria kyk aangedaan na die twee: Jannie moes kort tevore die trane in toom hou en Melissa-Jo, ’n tandarts, lyk beeldskoon in haar kantskeppi­ng met ’ n lae rug deur Lizette Duncan van Bridal Alchemy in Johannesbu­rg.

Die gevolg vorm ’n beskermend­e kring om die bruidspaar: twee hofknapies, ’n blommemeis­ie en ses strooimeis­ies in sagtepienk rokke. Dis ’n intieme oomblik en die liefde in die lug is tasbaar op hierdie pragtige herfsmidda­g in Mei.

Drie maande gelede het Jannie vir Huisgenoot vertel hoe hy 22 kg afgeskud het nadat hy jare lank selfbewus was op die verhoog. En vandag, waar die paartjie onder die stylvolle gazebo met wit draperings staan, pluk hy die vrugte van sy nuwe leefstyl en lyk hy tog te deftig in sy blou strepiespa­k.

“Twee vaar beter as een,” lees ds. Werner Venter van die Hervormde kerk Schoemansd­al by Hartbeespo­ortdam in Noordwes uit Prediker 4:9-12. “Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.”

Dis die paartjie se gunsteling-Bybelverse oor die liefde; spesiaal vir hul groot dag gekies.

Dan, terwyl Jannie en Melissa- Jo glimlaggen­d hul trouringe aan mekaar se vingers steek, klink ’n helder stemmetjie op en vul die lug met die mooiste lied. Dis Melissa-Jo se agtjarige susterskin­d, klein Zani Meiring, wat die Britse sanger Calum Scott se treffersni­t You Are the Reason sing.

Dié kleinding was verlede jaar ’n top-10-finalis in die VIA-musiekprog­ram Spoegwolf Soek Nuwe Bloed en volg duidelik in haar nuwe aangetroud­e oom se spore.

Die gaste, onder wie sangers soos Corlea, die paartjie Ricus Nel en Liza Brönner, en ook Dozi, wat die bruidspaar destyds aan mekaar voorgestel het, juig toe die twee mekaar hul eerste soen as mnr. en mev. Moolman gee. Op Jannie se kop is ’n krans van blare nes dié van sy bruid – ’n lint tussen die twee kranse is daar om “ons as man en vrou te bind”, verduideli­k Melissa-Jo later.

Teen die venue se dubbeldeur­e lok die bruidspaar se voorletter­s, versier met pienk en wit rose en lisianthus­blomme, die gaste na die partytjie. Jannie en Melissa-Jo sny die vierlaagva­nieljekoek wat deur Melissa se ma, Hantie, gebak is en poseer dan vir foto’s terwyl die herfsson in skakerings van pienk en oranje in die weste ondergaan.

Die gaste lê weg aan ’n voorgereg van brode, kase, miniburger­s en taco’s voor hulle aan die hoofgereg van kortribbet­jie en varknek saam met groente en slaaie smul. Vir nagereg is daar heerlike crème

(Blaai om)

brûlée-, peperment- en fudgetertj­ies wat pragtig in glasbottel­tjies verpak is.

Jannie, ’n danser van formaat, stuur Melissa- Jo op die maat van The Righteous Brothers se Unchained Melody oor die dansbaan en daarna val hul vriende in vir ’n gedans tot in die ounag.

In die boma buite sit die ander gaste knus om ’n vuur onder die sterre en gesels.

En so, kuier-kuier met sy stralende, pragtige bruid aan die hand, breek ’n nuwe lewenshoof­stuk aan vir een van die gewildste en geliefdste sangers in die land.

TIEN dae later ontmoet ons die pasgetroud­es weer by ’n plaasstal op Hartbeespo­ort. Die twee skop juis hier op Harties nes – die einste plek waar hul paaie destyds die eerste e keer gekruis het toe Dozi hulle aan a mekaar voorstel by een van sy groep g se optredes.

Was dit liefde de met die di ie eerste oogopslag? o “Ja, beslis!” antwoord an ntwoord hulle h tegelyk. Hulle was sedert sederts daardie d eerste ontmoetin ontmoeting ng onafskeidb­aar. afsk

“Jannie is so ’n ongeloofli­ke ongeloof flike mens en verdien net et om geluk- gel ukkig te wees,” sê Melissa-Jo. issa-Jo. “Hy’s “Hy’sH die nederigste, ongeloofli­kste ngelooflik kste mensie met die heel moo mooiste oiste hart en ek sê elke dag vir Lie Liewe ewe Jesus dankie Hy y het so o ’n ’ n

amazing man vir my gestuur.” gestuu ur.” Vir haar is hy soveel veel meer r as net die stem wat bewond bewonde- deraars laat swymel. Tog erken n sy sy het nie ’n gunsteling unsteling g onder sy liedjies nie, want “alles wat Jannie sing, ng, is vir my mooi”.

Dan vertel Jannie nnie met ’n laggie hy het nie op sy troue vir sy bruid gesing nie, want “sy het nie op ons troudag tande reggemaak nie, so ek was nie van plan om op ons troudag te sing nie”. Maar dan erken hy trots hy is ook háár grootste ondersteun­er – hy laat haar selfs toe om aan sy tande te werk. “Gelukkig is sy tande tand mooi,” terg Melissa-Jo. Die D sanger sa is duidelik nog smoorverli­ef sm moor op sy nuwe bruid br ruid en raak liries toe hy oor o or haar ha deugde uitwei. “Ek is smal mal oor haar humorsin. Sy y is opreg o en eerlik. En die feit f dat d sy so verskrikli­k mooi m is . . .”

‘‘EEk is mal oor haar haa humorsin. Sy is opreg en eerlik. ee En die feit fe dat sy so verskrikli­k v mooi is’

“Dankie, my love,” antwoord sy vrou. Sy kyk hom diep in sy blou oë. Dan is dit haar beurt vir ’n ode: “Hy het die mooiste hart en siel op aarde. En natuurlik is hy baie aantreklik!”

Hy vertel hoe hy in November verlede jaar op een knie afgesak het om Melissa-Jo die jawoord te vra. Hulle was saam met haar ouers, James en Hantie, op ’n wegbreekna­week by die privaat wildreserv­aat Matla Mamba in die hartjie van die Bosveld in Limpopo.

Jannie was die dag tevore lekker senuagtig, sê Melissa-Jo. “Hy was stiller as gewoonlik en ek het gedink iets is fout.”

En hoe het sy op sy groot vraag gereageer? Met ’n laggie erken sy: “Ek was, soos gewoonlik, skaam maar heavy bly!”

Met dié dat Jannie se werkrooste­r hierdie tyd van die jaar stampvol is met optredes, moet ’n romantiese wittebrood voorlopig eers wag, maar die twee droom daarvan om later vanjaar in Finland vakansie te hou.

“Ons wil gaan wanneer Kersvader daar is,” spot Jannie. “En ons wil die asemrowend­e noorderlig­te sien,” droom Melissa-Jo saam.

En kan ons een van die dae verwag om kinderstem­metjies in die Moolmanhui­shouding te hoor? “As dit gebeur, gebeur dit,” laat Melissa-Jo hoor. Maar “nie onmiddelli­k nie”, voeg Jannie by.

Want hul toekomspla­nne is eenvoudig: Hulle wil saam reis, die wêreld verken en mekaar elke dag meer en meer liefhê.

 ??  ?? HOOFFOTO en REGS: Ná agt jaar saam het die geliefde Afrikaanse tenoor Jannie Moolman en Melissa-Jo Sharpe gedurende ’n sprokiesag­tige trouseremo­nie afgehaak.
HOOFFOTO en REGS: Ná agt jaar saam het die geliefde Afrikaanse tenoor Jannie Moolman en Melissa-Jo Sharpe gedurende ’n sprokiesag­tige trouseremo­nie afgehaak.
 ??  ?? Jannie en Melissa-Jo is kort voor vier die middag as mnr. en mev. Moolman aangekondi­g.
Jannie en Melissa-Jo is kort voor vier die middag as mnr. en mev. Moolman aangekondi­g.
 ??  ?? REGS: Melissa-Jo en haar ses strooimeis­ies in hul sagtepienk rokke. Van links is Rachelle Bezuidenho­ut, Nicoli Wiese, Esmari Opperman, MelissaJo, Melany Meiring, Rhode-Mari Cillers en Monique Victor. ONDER: Jannie en Melissa-Jo se kranse op hul kop is met ’n wit lint verbind om hul huweliksve­rbintenis te verteenwoo­rdig. REGS ONDER: Melissa-Jo het smeulend gelyk in ’n spierwit trourok wat van kant en net gemaak is. Sy het balletskoe­ne onder haar trourok aangehad.
REGS: Melissa-Jo en haar ses strooimeis­ies in hul sagtepienk rokke. Van links is Rachelle Bezuidenho­ut, Nicoli Wiese, Esmari Opperman, MelissaJo, Melany Meiring, Rhode-Mari Cillers en Monique Victor. ONDER: Jannie en Melissa-Jo se kranse op hul kop is met ’n wit lint verbind om hul huweliksve­rbintenis te verteenwoo­rdig. REGS ONDER: Melissa-Jo het smeulend gelyk in ’n spierwit trourok wat van kant en net gemaak is. Sy het balletskoe­ne onder haar trourok aangehad.
 ??  ?? (Van vorige bladsy)
(Van vorige bladsy)
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Melissa-Jo en Jannie se vierlaagva­nieljekoek is deur haar ma, Hantie Sharpe, gebak. REGS: Die egpaar het hul eerste dans op Unchained Melody deur The Righteous Brothers gedans.
LINKS: Melissa-Jo en Jannie se vierlaagva­nieljekoek is deur haar ma, Hantie Sharpe, gebak. REGS: Die egpaar het hul eerste dans op Unchained Melody deur The Righteous Brothers gedans.
 ??  ?? LINKS: Die onthaalsaa­l by Lace on Timber in Pretoria was soos iets uit ’n feëwêreld. Die saal is met kerse, bloekombla­re, rose en feetjielig­gies versier. NAASLINKS: Jannie en Melissa-Jo saam met sy suster, Magda Moolman (links), broer, Soon Moolman, en dié se vrou, Tracy Moolman.
LINKS: Die onthaalsaa­l by Lace on Timber in Pretoria was soos iets uit ’n feëwêreld. Die saal is met kerse, bloekombla­re, rose en feetjielig­gies versier. NAASLINKS: Jannie en Melissa-Jo saam met sy suster, Magda Moolman (links), broer, Soon Moolman, en dié se vrou, Tracy Moolman.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa