Huisgenoot

AB fokus op gesin ná jare se swoeg

Hy is al twee jaar moeg, vertel AB se trotse ouers o kort ná sy uittrede, nadat hy baie jare lank l uiters hard gewerk het

- Deur MARIZKA COETZER

HAAR oë skiet vol trane wanneer jy haar vra oor die dag toe sy hoor die Proteas se kaptein en bobaaskolw­er gaan ophou om internasio­nale krieket vir sy land te speel. Maar dis trane van trots. En g’n wonder nie, want sy is immers Abraham Benjamin de Villiers, beter bekend as AB, se grootste ondersteun­er. Sy is sy ma.

“Hy het vir my persoonlik kom vertel hy het besluit om uit te tree,” sê Millie de Villiers (62) hier op die gesin se plaas naby Bela-Bela in Limpopo.

Eers daarna, op 23 Mei, het AB aan sy leërskare ondersteun­ers getwiet: “Ek het vandag ’n groot besluit geneem . . .”

Sy twiet het meer as 180 000 trefslae gekry en is meer as 94 000 keer op Twitter gedeel. In die sosiale media het dit gegons omdat dié talentvoll­e speler en leier op die jong ouderdom van 34 besluit het om sy sluitkas in die Proteas se kleedkamer leeg te maak. “Die toetse het vir hom te veel begin raak,” vertel sy pa, AB sr. (67), ’n algemene praktisyn op Bela-Bela (voorheen Nylstroom). Dan bieg die kriekethel­d se trotse pa: “Dit was nerve wrecking vir my om op TV of langs die veld te kyk.”

RY ’N mens die Bosveldse dorpie Bela-Bela binne, is die Laerskool Warmbad se rugbyveld van die hoofstraat af sigbaar. En daar pryk die woorde op ’n bord: AB de Villiers Rugbyveld. Op dié veld het die jong AB in 1997 as kaptein van die laerskool se eerste rugbyspan uitgedraf. As losskakel, die sleutelspe­ler wat rigting gee aan die span se spelpatroo­n.

Dat hy eendag die Proteas uit kleed- kamers wêreldwyd sou lei, het sy ouers destyds nie kon droom nie.

“Hy het ontsaglik hard gewerk en dit alles self bereik. Al wat ons gedoen het, was om hom te steun,” sê Millie.

Die statistiek­e vertel van sy uitmuntend­e kolfwerk in Suid-Afrikaanse krieket die afgelope 14 jaar: die vinnigste 50, 100 en 150 lopies in eendagweds­tryde; vinnigste honderdtal in ’n toets; en vinnigste 50-tal in T20-krieket.

Ons drink koffie in die woonhuis van AB se ouers op hul pragtige wildplaas met ’n uitsig oor die ongerepte Bosveld. Die plaas is net ’n paar kilometer van die dorpie Bela-Bela, waar AB sr. al sedert 1982 ’n mediese praktyk het.

Ja, gee die ouerpaar toe, almal hier op die dorp en omliggende platteland weet wie hul seun is. En soos mense nou maar is, word hulle gas gegee as AB en die Proteas die dag nie so goed gevaar het nie.

AB se pa lag terwyl hy vertel van die dag toe hy hom aan die passasier langs hom op ’n vlug voorstel. “Ek hoop nie jou seun is daardie k** krieketspe­ler nie,” het die man gesê. Vandag is AB sr.

en dié man steeds goeie vriende.

“As pa sal ek mos nooit in my lewe ná ’n wedstryd aan my seun sê: ‘Hoekom het jy so gespeel en nie so nie.’ Ons sal hom ná ’n wedstryd net prys.”

Millie sê: “Hy het hard gewerk; dis hoekom hy moeg is. Om te dink ek gaan hom nooit weer vir die Proteas sien speel nie.”

AB is hul laatlammet­jie. Hy het twee ouer broers, Jan (42) en Wessel (40), wat deesdae sakelui op Bela-Bela is.

As kinders het die drie broers graag krieket op die werf gespeel. “Hulle het gedurig die huis se vensters met balle stukkend geslaan,” vertel Millie laggend.

Op vierjarige ouderdom het klein AB al tennisless­e gekry. Sy afrigter, Danny Sullivan, het sommer gou aan sy ouers gesê hy is baie talentvol en dat hy ’n topspeler kon word. Op laerskool was tennis en rugby sy uitblinker­sportsoort­e.

Hy is toe na die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria, waar hy ook in krieket begin belangstel het. Wat rugby betref, het hy heel onder begin, vertel Millie. AB het haar op ’n dag gebel en gesê hy is vir die o.14 F-rugbyspan gekies.

Sy het dadelik van Bela-Bela na Pretoria gery en vir die afrigter gevra waarom haar talentvoll­e seun net die F-span gehaal het. “Sy antwoord was: ‘Mevrou, jou kind is te klein.’ ”

In gr. 8 het hy die skool se eerste krieketspa­n gehaal, maar steeds goeie rugby en tennis gespeel.

Op ’n dag in gr. 10 het hy egter met sy arms vol tennisrake­tte in Millie se kamerdeur kom staan. “Ma, ek wil met ma praat. Ek wil nooit weer tennis speel nie. Is dit oukei met ma?”

Millie vertel: “Dit was ’n skok vir my, want hy was so goed in tennis. Maar as ma het ek verstaan, want tennis is ’n eensame en individuel­e spel.”

En AB is juis ’n spanspeler, beklemtoon sy ouers. “Hy was nog altyd goed met besluite neem. Selfs nou met sy besluit om uit te tree,” sê sy pa.

Ná sy matriekjaa­r het AB dadelik die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspa­n gehaal. En voor jy kon sê “ses”, het hy saam met spelers soos JP Duminy, Faf du Plessis en Vernon Philander begin speel.

Millie sal nooit die dag vergeet toe AB, toe net 20, haar bel met die nuus dat hy vir die Proteas gekies is nie. “Ek het ongeloofli­k baie gehuil. Ek was so trots.”

Hulle was vir talle van sy wedstryde langs die veld. “Hy het altyd vir ons kaartjies gegee om te kom kyk wanneer hy speel. Hy is mal daaroor wanneer ons sy wedstryde bywoon. Wanneer hy op die veld stap, sal hy kyk waar ons sit en ons so met ’n subtiele waai groet. So met sy hand,” vertel Millie.

Ook in die buiteland, van Engeland tot Indië, was hulle dikwels langs die veld vir sy mylpale, soos met sy eerste en 100ste internasio­nale wedstryd. En hulle het eerstehand­s aanskou hoe hy kolfrekord­s laat spat. Dis kosbare herinnerin­gs waaraan hulle altyd sal vashou.

HOE trots is hulle op hul seun? “Ek weet nie hoe om dit in woorde te beskryf nie,” laat sy pa hoor.

Maar Millie weet hoe. “Ons is ongeloofli­k trots op hom. Hy het al ons verwagting­s oortref. Dit was werklik ’n rollercoas­ter ride, maar dit was ongeloofli­k.”

Sy S pa voeg b by: “Ekh “Ek het nog altyd ld geweet daar is iets spesiaals aan AB. Selfs toe hy tennis en rugby gespeel het. Hy het die dissipline gehad om in enige spel te kon wen. Maar AB is nou geestelik moeg.”

Millie beaam dit: “Hy speel al beroepskri­eket vandat hy 20 jaar oud was.”

En juis dit het hom baie ander dinge in die lewe laat misloop. “AB, wat so lief is vir die natuur, het byvoorbeel­d nog nooit saam met my gaan jag nie,” vertel sy pa.

Volgens sy ouers is AB, wat in 2013 met sy vrou, Danielle, getroud is, al die afgelope twee jaar moeg daarvoor om so dikwels en so ver van die huis te wees. Hy het twee seuntjies, AB (2 jaar en 11 maande) en JR (11 maande).

“Hy wil by sy vrou en kinders wees,” sê Millie.

Dit is darem nog nie die laaste sien van AB jr. in aksie nie. Hy het nog ’n kontrak om internasio­nale T20-wedstryde in die Indiese Premierlig­a te speel. En hy sal ook nog vir sy plaaslike span, die Titans van Centurion, Gauteng, voor die paaltjies stelling inneem. Ja, pa se senuwees gaan nog heelwat beproef word.

‘Hy was nog altyd goed met besluite neem. Selfs nou met sy besluit om uit te tree’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die ouers van die Suid-Afrikaanse kriekethel­d AB de Villiers (BO), Millie en AB sr., praat oor hul seun.
HOOFFOTO: Die ouers van die Suid-Afrikaanse kriekethel­d AB de Villiers (BO), Millie en AB sr., praat oor hul seun.
 ??  ?? BO: AB de Villiers, wat as een van die wêreld se beste kolwers beskou word, en sy vrou, Danielle. Hulle het in 2013 afgehaak. REGS BO: Die egpaar het twee pragtige blondekops­euntjies, AB (links) en JR.
BO: AB de Villiers, wat as een van die wêreld se beste kolwers beskou word, en sy vrou, Danielle. Hulle het in 2013 afgehaak. REGS BO: Die egpaar het twee pragtige blondekops­euntjies, AB (links) en JR.
 ??  ?? BO: Millie wys graag AB se gedenkwaar­dighede en prestasies. REGS BO: In 2002 is hy vir die Blou Bulle se Cravenweek­rugbyspan gekies.
BO: Millie wys graag AB se gedenkwaar­dighede en prestasies. REGS BO: In 2002 is hy vir die Blou Bulle se Cravenweek­rugbyspan gekies.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa