Zuma werk glo Ramaphosa se sake
Zuma en kie maak sake warm vir Ramaphosa, in so ’n mate dat die president dalk sy pos kan verloor. Wat sit hieragter?
HY IS soos ’n kat met nege lewens, is van oudpres. Jacob Zuma gesê omdat hy die een politieke krisis en mosie van wantroue ná die ander oorleef het.
Maar toe sy laaste termyn vroeg vanjaar kortgeknip en Cyril Ramaphosa as Suid- Afrika se nuwe staatshoof ingehuldig word, het dit gelyk asof Zuma eindelik sy laaste kans opgebruik het.
En terwyl die gewese Nommer Een se nalatenskap woordskeppings soos “Nkandlagate”, “Zuptagate” en “staatskaping” is, het ons eensklaps in die land van “Ramaforie” gewoon.
Maar iemand het blykbaar vergeet om die kat te vertel dis neusie verby met hom. Want midde-in die hoopvolle Ramaforie is Zuma soos altyd aan die terugbaklei. Sy doel is om die wêreld vir sy opvolger moeilik te maak, maar veral om uit die beskuldigdebank en eindelik ook die tronk te bly.
Zuma het op Vrydag 8 Junie in die hooggeregshof in Durban voorgekom op aanklagte van onder meer korrupsie, afpersing en bedrog wat met die berugte wapenskandaal verband hou.
Hy het min rede om ooghare vir Ramaphosa te hê. Dié het immers onlangs laat blyk die presidensie sal nie die DA se hofaansoek dat Zuma self sy regskoste betaal, teenstaan nie.
Boonop is daar gerugte dat ’n Zumagesinde faksie binne die ANC van die party wil wegbreek. Dit kan probleme vir die regerende party in volgende jaar se algemene verkiesing meebring; volgens sommige politieke peilings staan die ANC se gewildheid reeds op minder as 50%. ’n Skeuring in die party kan die ANC dwing om koalisies te vorm om aan die mag vas te klou.
Asof die binnegevegte nie genoeg is om ons nuwe staatshoof slapelose nagte te besorg nie, is daar sprake van ’n spesiale hoofraadsvergadering, waar glo gepoog kan word om Ramaphosa as partyleier en dus president te herroep.
Hoekom wil sommige lede van die ANC die lewe vir hul partyleier so moeilik maak?
Kenners glo Zuma en sy ondersteuners probeer die regerende party destabiliseer om Ramaphosa se presidensie te dwing om sy voorganger en van sy omstrede trawante teen vervolging te beskerm.
“Zuma sê eintlik vir die ANC hulle durf hom nie vir die wolwe gooi nie,” sê Theo Venter, ’n beleids- en politieke spesialis aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool; “hulle moet hom uit sy hofsake help kom.”
Dit beteken moeilike uitdagings staar Ramaphosa in die gesig, sê die politieke ontleder prof. André Duvenage, ook van die Noordwes-universiteit. “Ramaphosa moet die aanslae binne die ANC oorleef terwyl hy partyeenheid behou en nog
volgende jaar se verkiesing wen. Dit is in Suid-Afrika se belang dat hy slaag, maar hy sal ietwat van ’n Rambo moet wees om dit reg te kry.”
Wat sit agter die aanslag?
Die doelwit van die veldtog teen Ramaphosa is om te keer dat hy Zuma se oorblywende lojaliste uit sleutelampte verwyder, sê prof. Hussein Solomon, ’n politieke kenner van die Universiteit Stellenbosch.
Hy vertel dis dié lojaliste wat wil verhoed dat die hof Zuma dwing om self sy regskoste te betaal wat spruit uit sy verhoor vir korrupsie en bedrog.
Hy sê Ramaphosa het Tom Moyane reeds as kommissaris van die SuidAfrikaanse Inkomstediens geskors. Mosebenzi Zwane, oudminister van minerale, het bedank weens aantygings van betrokkenheid by staatskaping, terwyl Ramaphosa vir Malusi Gigaba, oudminister van finansies, minister van binnelandse sake gemaak het.
Theo glo die aanslag teen Ramaphosa strek verder. Hy sê Zuma kom uit KwaZulu-Natal, waar die grootste ANCkiesersblok voorkom. Zuma se tuisprovinsie is die basis vir die aanslag teen Ramaphosa.
Kort voor druktyd is berig die ANC se provinsiale leierskongres in KZN moes uitgestel word nadat die Zuma-kamp ’n hofbevel gekry en sy ondersteuners Gwede Mantashe, ANC-voorsitter en ’n Ramaphosa-ondersteuner, uitgejou het.
In KZN woed ’n hewige stryd tussen die Zuma- en Ramaphosa-kamp, het kenners gewaarsku. Sommige beweer selfs Zuma orkestreer die politieke chaos in dié provinsie.
Theo voeg by ’n mens kan nie die “etniese faktor” buite rekening laat nie. “Einde verlede jaar is vir die eerste keer in 23 jaar geen Zoeloesprekendes tot die ANC se topses verkies nie, hoewel Zoeloesprekendes glo hulle is die kern van die regerende party. Hier is ’n etniese faktor ter sprake, al ontken die party dit ten sterkste.”
André stem saam ’n mens moet die onlangse beroeringe uit ’n etnies-kulturele oogpunt beskou: “Identiteitspolitiek” speel ’n ál groter rol in die land. “Cyril is ’n Venda, terwyl Nguni’s (die Zoeloes en Xhosas) die ANC sedert 1912 beheer het.”
Wie is die veldtog se voorbokke?
Zuma is te slim om self sy hande met politieke speletjies vuil te maak, sê Theo. Hy wil uit die tronk bly en nie self vir sy regskoste opdok nie, maar hy wil hê ander moet sy agenda dryf. Om dit te doen, span hy ondersteuners in wat glo self wil keer dat hul kierankies braai.
“Hy is ’n bedrewe politikus en sal omtrent niks self doen nie,” meen Theo. “Dis waar name soos Supra Mahumapelo, Mosebenzi Zwane, Ace Magashule en nog ’n paar ouens ter sprake kom. Hulle beweeg na aan Zuma en doen dit ook om hul eie bas te red.” Supra Mahumapelo Hy het maande lank k midde-in wrywing en protesoptogte in Noordwes vasgeklou aan sy amp as premier, r, maar het onlangs “vroeg oeg afgetree”. Hy is steeds ANC-voorsitter ANC voorsitter in die provinsie. Sy teenstanders beskuldig hom van korrupsie. Mosebenzi Zwane Dié oudminister van mineerale word glo by die Valke se onder soek na korrupsie van R220 miljoen met die e Vrede- suiwelprojek k betrek. Ten tyde van die beweerde korrupsie was hy h die di Vrystaat V t t se landbouminister. Die geld is na bewering vir die swierige Gupta-troue in Sun City aangewend. Ace Magashule Dié ié oudpremier van die e Vrystaat en stoere Zuma-lojalis is tans die ANC se sekretarisgeneraal. Hy word beetrek by bewerings van betrokkenheid by korrupsie orrupsie met ’n behuisingsprojek van R150 miljoen.
Is Ramaphosa in die moeilikheid?
Ramaphosa kan die aanslae oorleef, meen Theo, maar die situasie is op ’n naaldpunt met geen plek vir draadsittery in die aanloop tot die verkiesing nie. “Ons moet onthou hy is die president en besluit wie in die kabinet is en wie nie. Politici sal moet besluit waar hulle staan, want dit sal bepaal waar hulle volgende jaar sit.”
Hussein meen Ramaphosa geniet sowat 60% van die ANC se steun. “Zumaaanhangers besef (die party) moet verenig wees wanneer hulle gaan stem, so nie kan die hele kaartehuis in duie stort.”
Intussen het Ramaphosa sy hande vol om die land en die sukkelende ekonomie ná die Zuma-jare op koers te kry.
Die groot uitdaging is om die ekonomie weer op dreef te bring, sê Theo.
“Dit gaan daaroor om vertroue in ons politieke stelsel te kry sodat ons die ekonomie kan red en werk kan skep.
“Hoe kan ons vertroue by beleggers inboesem as die dominante party nie eens sy eie huis in orde kan kry nie?”
André sê Ramaphosa het te kampe met ’n ekonomie wat sukkel om sy kop o op te lig, staatsdepartemente wat regg geruk moet word en ’n samelewing wat m met maatskaplike konflik worstel. Kwess sies soos grondonteiening en rassisme w wat telkens kop uitsteek, bemoeilik ook s sy taak.
“Oral bars dinge oop,” som André die u uitdagings op.
Hy meen dis die moeilikste omstandighede sedert 1994 waaronder ’n president ’n verkiesing sal probeer wen.
Maar dit is belangrik dat Ramaphosa k kans gegun word om sy visie in werking t te stel.
André sê die land sal in ’n chaos ged dompel word as sy teenstanders dit regk kry om weg te doen met Ramaphosa.
“Ek dink ons sal ál meer geweld en k konflik sien namate die verkiesing nader kom, maar as Cyril Ramaphosa sy pos verloor, is ons werklik in ’n groot krisis.”