Huisgenoot

Oudsoldate kry berusting in Angola

Deon Lamprecht vertel roerend van ’n groep oorlogsvet­erane se herbesoek aan die land waar hulle deel van hul jeug verloor het

-

OM Mielie se Ratel in die digte Angolese bos op te spoor was anders as om die spreekwoor­delike naald in ’ n hooimied te soek. Danksy die GPS- koördinate kon ons op die skermpie sien presies waar die “naald” lê, maar hoe gemaak om daar te kom? Die paar smal sandpaadji­es in die omgewing het nie in daardie rigting geloop nie.

Dit was ons laaste dag in Angola ná ’n 10-dae-toer wat soms emosioneel en fisiek uitmergele­nd was. Ons het Bosoorlogs­lagvelde herbesoek, vriende gemaak met eertydse vyande, gesneuweld­e makkers vereer, traumaties­e stories gedeel en sin probeer maak van ’n oorlog waarin ons dienspligt­iges eintlik nog kinders was.

Die dag was al aan die doodbloei toe ons klein konvooi – 23 mans in vier 4x4’s – die soveelste keer voor ’n hindernis te staan kom, dié keer ’n groot, seisoenale watergat. Maar om Angola te verlaat sonder om by die wrak van Muller “Mielie” Meiring se Ratel 90-gevegsvoer­tuig stil te hou was buite die kwessie. Ons het kamp opgeslaan in die bos sodat ons die volgende oggend verder kon soek.

En om ’n groot kampvuur onder die blinkvet Angolese sterre, volgens die GPS presies 1,3 km van die Ratel af, het Mielie se destydse makkers hul hart oopgemaak, al sewe in ons groep van 23 veterane wat die oggend van 27 Junie 1988 daar was toe Mielie in een van die laaste gevegte van Suid-Afrika se oorlog in Angola sterf.

“Toe dit gebeur, toe Mielie doodgaan,” vertel Jannie Nieuwoudt, deesdae sagtevrugt­eboer by Ceres, “toe dink ek: ‘Dis nou genoeg. Ek gee nie om wie wat sê nie; dis nou regtigwaar genoeg . . .’

“Ons was ’n close groepie. Ons was van die begin af saam – lekker gekuier – maar eindelik ook ewe verward oor die oorlog.”

Hulle was moeg vir oorlog nadat hulle die vorige maande se gevegte om Cuito Cuanavale, verder noordooste toe, saam oorleef het. Die vredesames­prekings wat tot Suid-Afrika en Kuba se onttrekkin­g aan Angola sou lei, was al aan die gang.

Maar toe begin die Kubaanse 50ste Brigade suidwaarts beweeg, ál nader aan die grens van Suidwes-Afrika/Namibië. Die gevegspan van 61 Gemeganise­erde Bataljon (61 Meg) – waarvan Jannie, Mielie en hul makkers deel was – is tussen die Kubane en die grens ontplooi.

Die oggend van die 27ste het die Ratels gereedgema­ak om “taktiese spronge” noordwaart­s in die aankomende Kubane se rigting te maak. Hulle het nie toe al “’n kontak” – soldatetaa­l vir slaags raak met die vyand – verwag nie, maar die Kubane was veel nader as wat hulle besef het . . .

ARNO CASIUS, wat onlangs nog vir Telkom op Graafwater gewerk het, was ’ n Rateldrywe­r. “Ons het opgestel; bespreek hoe ons vorentoe sou beweeg. Mielie se Ratel was links van my. Maar ons het skaars begin beweeg, toe bars die hel los. Dit was soos Guy Fawkes; dit was nag. Toe kom die radioberig Mielie se Ratel is getref.”

’n Kubaanse RPG 7-vuurpyl het vermoedeli­k die gevegstori­ng van die jong Vrystater se Ratel getref. Die skrapnel het hom gedood. Die ander drie bemannings­lede het uitgeklim en na veiligheid gehardloop. “Ek het deur my sigblok gesien hoe die koeëls die stof om hulle opskop terwyl hulle hardloop,” onthou Arno.

Chris Barnard, nou ’n sakeman van Thabazimbi, skud sy kop. “Mielie het die gewoonte gehad om so met sy hand teen jou hempsak te tik-tik en te sê: ‘ Wat rook ons.’ Dié oggend het ons saam ’n sigaret gerook; ’n halfuur later was hy dood.”

Aan die skadukant van die vuur vertel Wynand Louw, wat planne het vir ’n restaurant in Hermanus se Ou Hawe: “Ek was ’n paar kilometers weg toe ek hoor hy is dood. Ons was baie goeie vriende. ’n Mens voel so magteloos; jou hande is afgekap. Dit was vir my f***** erg.”

Dit was een van Jannie se voertuie wat

(Blaai om)

Mielie se lyk uit sy Ratel gaan haal het. “Die geveg het aangegaan; chaos,” onthou hy. “Toe kom ons tenks van agter af deur, ons trek terug en die tenks kom vorentoe.”

“Hoekom het ons nie geweet die Kubane is daar nie?” vra Killik Saaiman, wat ’n boufirma op Boshof bedryf; “waar was ons inligting?”

Die Kubane is eindelik teruggedry­f. “Daardie nag kon ons sien en hoor hoe die Kubane rondry,” vertel Jannie. “Hul ligte het op en af deur die dongas geskyn. Ons ammunisie was op. Toe wil ons net oppak en huis toe; ons was klaar met dié spul.”

En die volgende dag, die dag ná Mielie e se dood, het hulle inderdaad die Kunene e oorgesteek – terug Suidwes toe, weg uit t Angola, ná 13 maande se gevegte. Opera- - sies Hooper en Excite was geskiedeni­s.

“Toe’s die oorlog vir ons verby,” sê Jan- - nie. “Sommer net so.”

Al die jare het dit hulle gepla dat hulle e nooit behoorlik vir Mielie kon tot siens sê ê nie. Hier is hulle nou drie dekades later r om te groet, net 1,3 km van sy Ratel af.

“Ek wonder wat ou Mielie sou gesê het,” ” sê Jannie terwyl die vuur se rooi oog ver- - dof. “Hier doen ons 30 jaar later al die e moeite om hom te kom soek. Ek glo hy is s nou in die gees saam met ons.”

Vroeg die volgende oggend hervat die groepie vriende die soektog na Mielie se Ratel met een van die Land Cruisers terwyl die res van die kamp afbreek en oppak. Lood Pretorius, destyds ’n seiner wat nou by ’n vervoersaa­k in Bloemfonte­in werk, sluit ook aan. Steph Rossouw, nog ’n veteraan en ondernemer van Windhoek, is soos gewoonlik agter die stuur.

Wynand stap soos ’n spoorsnyer vooruit om ’n paadjie deur die bos te vind. Die spanning laai op, want die GPS wys hulle is naby. Maar die bos verklap nog niks.

Dis Chris, vanaf sy uitkykpos op die Cruiser se dak, wat eerste skree: “Daar’s hy!” Sommerso in die ry spring hy af. Deur die lang gras hardloop hy na die wrak, roesbruin soos die kleur van ou bloed.

Toe is die ander ook by. Jannie, groot soos hy is, staan en bewe. Lank staan die vriende so, toegevou in ’n dik, swaar stilte.

Hier is hulle eindelik; die tyd het aangebreek om Mielie ’n laaste keer te groet.

DIE fisieke skof van die reis na Mielie se Ratel het amptelik 10 dae tevore begin toe sowat 100 veterane van 61 Meg op die Namibiese dorp Rundu, naby die Angolese grens, saamtrek vir ’n besonderse vredesendi­ng.

Hulle sou al die Angolese slagvelde waar die eenheid oor ’n tydperk van sowat 10 jaar geveg het, herbesoek as gaste van die Angolese regering om vriendskap­pe met oudvyande te smee en mekaar se dooies te eer. Maar ook om genesing vir geestelike wonde en afsluiting te kry.

Die beplanning vir die reis het al in 2015 begin nadat vriendskap­pe tussen SuidAfrika­anse en Angolese veterane ontstaan het. Aan Suid-Afrikaanse kant was oudbevelvo­erders van 61 Meg, soos die uitgetrede kol. Jaap Steyn en uitgetrede genl. Roland de Vries; aan Angolese kant genl. Fernando Mateus, die militêre administra­teur van die streek waar Cuito Cuanavale en ander ou slagvelde geleë is.

Ons groep, wat later na Mielie se Ratel sou soek, het eers na Windhoek gevlieg. Ons rygoed was twee omgeboude Land Cruiser-bakkies wat 10 insittende­s elk kan vat. Weens die groot glasvenste­rs agter is die voertuie summier “die Vistenks” gedoop. Daarmee en met nog twee logistieke bakkies het ons na Rundu gery om by die groter groep aan te sluit.

Toe die konvooi van 26 viertrekvo­ertuie oor die grens beweeg, het Angolese burgerlike administra­teurs ons gul ontvang, van polisiebeg­eleiding voorsien en met m ’n buffetete en vonkelwyn onthaal.

Vir die veterane was dit surrealist­ies. “Dis “D my vierde keer in Angola, maar die eerste ee keer dat ek met ’n paspoort inkom,” ko het een droogweg opgemerk.

Dit sou ’n patroon word: Een provinsial­e si kommissari­s sou as’t ware die konvooi v aan die volgende een oorhandig namate n ons verder vorder, altyd met polisiebeg­eleiding p en buffetetes met koektafels, k Suid-Afrikaanse JC le Rouxvonkel­wyn v en Angolese Cuca-bier.

Dis asof die tyd in die suide van Angola g stilgestaa­n het. Dis nie net die karkasse van tenks wat van drie dekades van oorlog getuig nie; ook die armoede. Die bos is mooi en waterryk, maar leweloos.

En die verslete paaie het hulle op die land se gewese vyand gewreek, want soms het dit tot vyf uur geduur om sowat 300 km af te lê. Voertuie – en lywe – is tot die uiterste beproef.

Maar oral was die hartlikhei­d van gewone mense. Op dorpies is ons met tradisione­le danse verwelkom en het inwoners en veterane mekaar met die hand gegroet. “Ek was aangedaan deur dié oomblikke,” sê Niel de Villers, lid van die Johannesbu­rgse Balieraad.

Baie van die veterane het mekaar nog nooit ontmoet nie, want hulle het met die jare op verskillen­de tye en plekke geveg. Al wat hulle bind, is dat hulle ’n deel van hul jeug in ’n vreemde land kom verloor het, met dieselfde dolk-en-weerligbli­tsekenteke­n op hul bruin uniformhem­de. Hulle was dors vir mekaar se stories; om traumaties­e ervarings te deel met iemand wat verstaan.

Maar hoe vertel ’n mens die verhaal van ’n reis oor die tydlyn van ’n ganse oorlog heen? Dalk met skerwe van gesprekke wat soos skrapnel deur die Vistenk gevlieg het.

Niel vertel hoe hy as jong pelotonbev­el-

voerder d in 1984 tydens d Operasie O Askari k gesien het hoe een van sy korporaals op sy knieë in ’n mielieland huil terwyl hy sy hande oor sy maagwond hou.

“Ek’t gedink ek moet hom gaan platkry, maar ek was verstar. Toe help een van die ander ouens hom en word hy ook geskiet. Dis iets waarmee ek baie jare geworstel het.” Dan sê hy vir Mielie se makkers van 1987/’88: “Maar jul fights was intenser . . .”

“Nee, my maat,” laat Jannie op sy reguit, Namakwalan­dse manier hoor, “laat ons nou vir mekaar hier ’n ding sê: Dood is dood. Bang is bang. Jy gaan nie meer of minder dood nie . . .”

In ’n dag van hel moes Killik se Ratel tydens ’n aanval naby die brug by Cuito Cuanavale drie keer heen en weer deur dieselfde mynveld beweeg terwyl die Angolese bomme om hulle geval het. “My drywer en gunner het weens die stres ineengesto­rt . . . In ’n stadium was daar 11 gewondes en ’n dokter in my Ratel met my drywer en gunner agterin, uitgepass van stres. Ek kan nie vir mense beskryf hoe dit was nie.”

DAAR is vandag ’n nuwe, moderne brug oor die sameloop van die Cuito- en Cuanavaler­ivier. Maar net langsaan het die Angolese die ou militêre brug, wat die Suid-Afrika- ners ne in die oorlog probeer vernietig het, he as ’n monument behou.

Dis D op dié ou brug dat die SuidAfrika­anse Afri veterane en Angolese met ons besoek saam ’n unieke gedenkdien­s gehou het.

Na raming r was die gesamentli­ke Kubaanse en Angolese verliese in die gevegte rondom rond die dorpie Cuito Cuanavale in 1987/’88 1987/’ sowat 4 700; Suid-Afrika s’n was sowat 31 en Unita, ons bondgenoot, het sowat 3 000 man verloor. Ingevolge die daaropvolg­ende vredesoore­enkoms het Suid-Afrika en Kuba aan Angola onttrek en Namibië onafhankli­kheid verkry.

Maar 30 jaar later op ’n vredige, sonnige dag in die groen Angolese landskap maak dit vir die meeste veterane nie meer saak wie nou eintlik wat gewen het nie. Hulle omhels gewese vyande, bid saam en gooi rooi papawers – die papierblom­metjies waarmee gesneuweld­e soldate tradisione­el gedenk word – van die brug om soos bloed op die water te dryf.

Aan die verste rand van Cuito Cuanavale, seker 4 km van die brug af, troon die vergulde beeld van twee triomfante­like soldate etlike verdieping­s hoog bo die verweerde dorpie en die omliggende bos. Dis die gedenkteke­n wat die Angolese hier opgerig het vir wat hulle as ’n geskiedkun­dige oorwinning oor die destydse apartheids­regering herdenk.

Ook hier is ’n plegtighei­d: Die SuidAfrika­anse veterane oorhandig hul vaandel aan die Angolese om in die museum te bewaar.

Ná donker daardie aand gaan ’n klein groepie van ons terug na die brug waaroor soveel bloed verspil is. Ons bad in die rivier en verwonder ons aan die genesende krag van Angola se waters.

By die Roomse sendingsta­sie op Mupa, waar ek in 1983 tussen grafte geslaap het, hou die Suid-Afrikaners en die gemeente saam ’n diens. Hier word die kruis wat ons in die oorlog uit die kerk verwyder het aan die gemeente terugbesor­g.

Dis Roland de Vries se verjaardag toe ons op Ongiva aankom. Hier waar hy eens 61 Meg se troepe aangevoer het, kon hy die geleenthei­d vier deur vonkelwyn saam met Angolese veterane te drink.

En toe begin ons Vistenk-groep se soektog na Mielie se Ratel.

IN Jannie se Sakbybeltj­ie, wat destyds aan alle dienspligt­iges gegee is, het hy op die dag van daardie laaste geveg met die Kubane by Rom. 28 geskryf: Mielie oorlede . . . As ons alleen voel.

En daar by die wrak van Mielie se Ratel het hy dieselfde gedeelte uit dieselfde rooi Sakbybeltj­ie gelees.

Toe die emosies te veel raak, gaan maak Mielie se makkers hul eie kringetjie eenkant in die bos.

“Ons was baie hegte vriende,” het Wynand later vertel. “Ek is bly ek kon hier wees om behoorlik tot siens te sê.”

En Chris: “Ek was voorheen negatief en hartseer. Dit het vir my emosioneel baie beteken om hier te wees.”

“Ek is rustig in my gemoed,” som Jannie op. “’n Sirkel is voltooi.”

Ons neem foto’s, ook om aan Mielie se ma, Suzanne Meiring, in Australië te stuur. Sy laat weet later per e-pos: “Dit doen ’n ma se hart ongeloofli­k goed om te sien dat haar seun se nagedagten­is so deur sy band of brothers geëer word.”

Dit was lank stil in die Vistenk nadat ons by Mielie se Ratel weg is. Toe laat Killik hoor: “Ek is nou klaar met Angola.” S

‘Ek is bly ek kon hier wees om behoorlik tot siens te sê’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Van links is Chris Barnard, Killik Saaiman, Lood Pretorius, Jannie Nieuwoudt, Wynand Louw en Arno Casius by die wrak. REGS BO: Oudkol. Jaap Steyn dra ’n verswakte oudkol. Cassie Schoeman oor die brugg byy Cuito Cuanavale. LINKS ONDER: Angola se paaie is rof.
BO: Van links is Chris Barnard, Killik Saaiman, Lood Pretorius, Jannie Nieuwoudt, Wynand Louw en Arno Casius by die wrak. REGS BO: Oudkol. Jaap Steyn dra ’n verswakte oudkol. Cassie Schoeman oor die brugg byy Cuito Cuanavale. LINKS ONDER: Angola se paaie is rof.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: LIN Die Russiese oorlogsvet­eraan Andrei Polikanow (middel, met die pet) word deur die Su Suid-Afrikaanse veterane Toffie Grové (links) en Lood Pretorius ondersteun. BO: SuidAf Afrikaanse en Angolese veterane bring op die brug saam hulde aan hul dooies.
LINKS: LIN Die Russiese oorlogsvet­eraan Andrei Polikanow (middel, met die pet) word deur die Su Suid-Afrikaanse veterane Toffie Grové (links) en Lood Pretorius ondersteun. BO: SuidAf Afrikaanse en Angolese veterane bring op die brug saam hulde aan hul dooies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa