Huisgenoot

Liefde vir die Titanic lei totTintani­c

Gino se liefde vir die gedoemde skip het gelei tot ’n vervoerbar­e model daarvan

- Deur MICHELLE NORTJE Foto’s: ROWYN LOMBARD

DIT lyk op ’ n druppel water na die Titanic, maar dis nie die beroemde skip wat meer as honderd jaar gelede in die ysige dieptes van die Noord- Atlantiese Oseaan gesink het nie. Jy kan ook nie soos Kate Winslet se karakter Rose in die gelyknamig­e 1997-trefferfli­ek op dié indrukwekk­ende skip wegvaar om die liefde van jou lewe te ontmoet nie, want dit staan in ’ n winkelsent­rum vasgemeer . . .

Hier is wel ’n skeepskapt­ein aan diens by die skaalmodel van die 269,06 m lange gedoemde passasiers­kip. In ’ n spierwit hemp, spierwit onderbaadj­ie, spierwit denimbroek en ewe spierwit puntskoene staan Gino Hart, die ontwerper van die “Tintanic”, trots langs sy handewerk.

Tintanic, ja, want dis hoofsaakli­k uit blik gebou, “én dit gaan oor kopiereg vir my as kunstenaar”, verduideli­k hy.

“Ek het op dié naam besluit sodat mense dit makliker op die internet kan opspoor,” vertel die 33-jarige boorling van Oranjevill­e in die Vrystaat oor die skaalmodel, wat hy in 2014 begin bou en verlede jaar voltooi het.

Dit is weliswaar kleiner as die oorspronkl­ike skip, maar op 18,7 m lank is dit steeds indrukwekk­end.

Die Tintanic word tans gereken as die grootste skaalmodel van ’n skip in Afrika en die vyfde grootste in die wêreld.

Die grootste skipskaalm­odel ter wêreld is een van die Lagoda, ’ n 19de-eeuse walvisboot. Dit is 27 m lank en word in die New Bedford- walvismuse­um in Amerika ten toon gestel.

Volgens Gino is ’n vervoerbar­e model van die Tintanic se kaliber nog nêrens in die wêreld ontwerp nie. Ander modelle van die Titanic word in museums en ander “statiese posisies” oor die wêreld heen gehuisves.

“Ons kan dit uitmekaarh­aal en vervoer,” verduideli­k Gino oor sy geliefde Tintanic. Dit is boonop so ontwerp dat mense deur venstertji­es kan kyk hoe die binnekant lyk.

Saam met sy twee assistente, André Figgins (27) en Andre Sutherland (31), oftewel “A1 en A2”, reis hy die land vol om daarmee te spog.

Dié drie manne is passievol oor hul projek en skroom nie om hard te werk nie.

“Ons het vanoggend eers halfvyf in die bed gekom en A1 het my weer kwart oor ses wakker gebel en gesê dis tyd om op te staan; ons het werk om te doen,” vertel Gino langs sy spogskeppi­ng in die Killarney-winkelsent­rum in Johannesbu­rg.

Hulle het deurnag gewerk om die Tintanic vir sy maand lange uitstallin­g van 1 Junie af in dié sentrum gereed te kry. Waar die skaalmodel voorheen op sleepwaent­jies vervoer is, kon hulle dit nou vir die eerste keer met ’n trok vervoer. “Ek was so bly, want dit het gisteraand gereën,” lag Gino.

Die Tintanic bestaan uit ses dele en dit was moeilik om dit elke keer op te breek en van stad tot stad te vervoer.

“Om dit te skuif is ’n groot storie. Ons is gewoonlik ses mans wat 10 uur aaneen werk om dit uitmekaar te haal,” sê Gino.

Hy het dus verlede jaar besluit om dit net op twee plekke te verdeel en so te vervoer. “Dit bestaan steeds uit ses dele,

maar ek vervoer dit nou net anders,” vertel hy

GINO was 12 jaar oud toe hy as ’ n Vrystaatse seun die eerste keer die bekroonde rolprent Titanic kyk. Dié fliek het destyds 11 Oscarpryse gewen. “Dit was asof ek die skip geken het. My lewe het van volkleur na sepiaskake­rings verander,” vertel Gino van die oomblik toe hy die fliek gekyk en dit gevoel het asof hy “’n ou vriend herontdek”.

Op 14-jarige ouderdom het hy sy heel eerste replika probeer bou.

“Dit het natuurlik niks soos die Titanic gelyk nie,” lag hy oor die eerste van baie modelle wat hy gebou het.

Hy het met die jare verskeie prototipes uit karton, hout en polistiree­n gemaak.

Gino het op die dorpies Oranjevill­e en Villiers grootgewor­d. As ’n leerder aan die Hoërskool Villiers het hy aan sy gr. 8-houtwerkon­derwyser, Jos Ferreira, gesê hy wil die Titanic as ’n houtwerkta­ak bou. “Ek het hom gesê ek sal eers in matriek daarmee klaar wees en hy het gesê dis malligheid; dit sal my lewe oorneem.”

Maar Gino het voet by stuk gehou en sy projek in matriek suksesvol voltooi.

En sy onnie was toe ook reg: Sy liefde vir die Titanic het inderdaad sy lewenskoer­s bepaal.

Ná skool het Gino as ’ n verkoopsko­nsultant by ’n tydskrif gewerk voor die tydskrif in 2013 poste besnoei het.

Toe hy afgelê word, het hy besluit om hom voltyds op sy liefde vir die bou van Titanic-skaalmodel­le toe te spits. Die eerste drie jaar het dit finansieel broekskeur gegaan en hy onthou die knaende twyfel van dié tyd: “Soms het ek drieuur die middag nog in my nagklere gesit, kop onderstebo in die sitkamer. “Dit was moeilik, maar aanhouer wen.” In 2014 het hy die Tintanic-klub gestig om sy projek in ’n ondernemin­g te verander, wat hom met finansieri­ng gehelp het. Genoeg belangstel­lendes was bereid om die jaarlikse lidmaatska­psfooi van R1 200 op te dok sodat hulle meer van “die Tintanic én die Titanic” kon leer, vertel Gino.

Later het hy borgskappe van ondernemin­gs gekry en in 2015 en 2016 het hy agt maande lank as geskiedkun­dige by die Titanic-artifakteu­itstalling gewerk toe dit in Suid-Afrika ’n draai maak. Hy het by dié uitstallin­g in Kaapstad en Johannesbu­rg meer as 25 000 mense op uur lange toere geneem om die 144 ware artefakte van die Titanic te besigtig.

Die Tintanic is eindelik, ná jare se werk en teen ’n koste van sowat R500 000, voltooi en in Junie verlede jaar bekendgest­el. Gino het dié opwindende oomblik op Villiers saam met sy oudhoutwer­konderwyse­r gevier. “Ek was sy laaste houtwerkle­erling; daarom het ek besluit om soontoe terug te gaan,” vertel hy.

V ANDAG is Gino trots op wat hy vermag het en hy beplan nog groot dinge met die Tintanic. “Ek wil dit ’n bietjie versier,” vertel hy oor sy vyfjaarpla­n.

Hy wil onder meer 1 523 figuurtjie­s uit hars maak. Dié figuurtjie­s sal die getal mense verteenwoo­rdig wat in die Titanic-ramp gesterf het. Hy wil ook 6 000 LED-liggies in die verskillen­de vertrekke installeer sodat die skip nog meer na die ware Jakob lyk.

En dan is sy grootste droom om die finale weergawe van die Tintanic in 2022 in Kaapstad ten toon te stel.

“Ek glo daarin ’n mens moenie bang wees om jou drome na te jaag nie, en dit is presies wat ek doen.”

Die Tintanic sal tot einde Junie in die Killarney-winkelsent­rum te sien wees voor dit na nog winkelsent­rums oor Gauteng heen sal reis.

“Ek is opgewonde, want ons is die res van die jaar volbespree­k. Ons gaan dit elke maand in ’n ander winkelsent­rum aan mense ten toon stel en daarmee spog.”

 ??  ?? Gino Hart, die skepper van die Tintanic, het nog altyd daarvan gedroom om ’n skaalmodel van die Britse passasiers­kip die Titanic te bou.
Gino Hart, die skepper van die Tintanic, het nog altyd daarvan gedroom om ’n skaalmodel van die Britse passasiers­kip die Titanic te bou.
 ??  ?? BO: Die Tintanic se dek is van stukkies laaghout van altesaam 160 vierkante meter gemaak. REGS: Die eksentriek­e Gino is baie trots op sy Tintanic-skaalmodel van 18,7 m.
BO: Die Tintanic se dek is van stukkies laaghout van altesaam 160 vierkante meter gemaak. REGS: Die eksentriek­e Gino is baie trots op sy Tintanic-skaalmodel van 18,7 m.
 ??  ?? Gino saam met sy assistente, André Figgins (links) en Andre Sutherland, by ’n skets van die Tintanic.
Gino saam met sy assistente, André Figgins (links) en Andre Sutherland, by ’n skets van die Tintanic.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa