Huisgenoot

Spaanse premier maak die knieë lam

Spanje se aantreklik­eklk nuwe leier,l Pedro Sánchez, maak oral knieë lam, maar hoe lank gaan hy sy pos behou?

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS BRONNE: HUFFINGTON­POST. ES, WASHINGTON­POST. COM, THEGUARDIA­N. COM, EURONEWS. COM, BBC.COM, VANITYFAIR.COM, ELNACIONAL.CAT, ELLE.COM, UK. BUSINESSIN­SIDER. COM

SKUIF opsy, Justin Trudeau. Bêre maar daai sagte glimlag, donker oë en Kanadese vlag van jou – daar’s nou ’ n ánder premier wat die kwik laat styg.

Sout-en-peper hare? Slim, donker oë met ’n stoute vonkel? Sensuele mond? Hy het dit alles. Quehombre !

Dit beteken “Wat ’n man!” in Spaans, want dié keer is die politikus wat die wêreld aan die swymel het niemand anders nie as Spanje se nuwe premier.

Ontmoet Pedro Sánchez ( 46), die mooie man uit die land van Don Juan.

Op 2 Junie vanjaar het die Spaanse politiek onverwags in die wêreldnuus beland – en dit was nie net omdat die land se gewese konserwati­ewe leier, Mariano Rajoy (63), sowat 48 uur tevore deur ’n mosie van wantroue uit sy posisie as premier geskop is ná beskuldigi­ngs van korrupsie nie.

Die nuus dat Rajoy die eerste leier van Spanje is wat op dié manier uit sy amp verwyder is, moes die land met die vyfde sterkste ekonomie in die Europese Unie in politieke onsekerhei­d gedompel het. En dit hét, maar die storie wat toe eintlik die tonge laat klap, is die voorkoms van sy opvolger . . .

“Belangrike geopolitie­ke nuus: Spanje se nuwe premier is witwarm!” het die Amerikaans­e Buzzfeed-joernalis David Mack op Twitter aangekondi­g.

Die politikus se landgenote noem hom immers al lank SeñorGuapo, oftewel “Mnr. Aantreklik”.

Dié fotogenies­e leier, wat 1,9 m in sy sokkies staan, se pragtige blonde vrou het ook al aandag getrek en word soms die “Michelle Obama van Spanje” genoem omdat sy so sjarmant is.

Pedro en sy vrou, María Begoña Gómez Fernández (43), het mekaar op ’n partytjie ontmoet en is volgens alle aanduiding­s gelukkig getroud. Die politikus steun glo sterk op sy vrou.

Hul eerste dogter, Ainhoa (nou 13), is in 2005 gebore. Pedro en María is die jaar daarna getroud. In 2007 is Ainhoa se suster, Carlota (nou 11), gebore.

Die kinders word uit die openbare oog gehou, maar albei is leerders aan ’ n Spaanse openbare skool in Pozuelo de Alarcón, die Madridse voorstad waar die gesin tot nou toe gewoon het. Hul pa het as kind ook ’n openbare skool bygewoon.

Spanje se eerste gesin moet hul tuiste nou verskuif na Moncloa, die ampswoning in die Spaanse hoofstad, al het María vroeër gesê sy wil nie graag hul huislike woonstel vir die nuwe staatswoni­ng verruil nie.

Spanje se nuwe premiersvr­ou het bemarking studeer en werk a s’ n geldinsame­laar vir verskeie nie regeringso­rganisasie­s. Sy is ook’ n direkteur by’ n konsultant maatskappy.

Die egpaar is albei lief vir sport en oefen gereeld; daarom is dit g’n wonder Pedro lyk so goed in sy snyerspakk­e nie. Op skool het hy in basketbal uitgeblink.

Hulle albei is gaande oor musiekspel­e en is mal oor die Yslandse sanger Björk.

En net om jou hart verder te vermurwe, is die politikus boonop romanties. María sê hy skryf gereeld liefdesbri­efies aan haar, wat sy in ’n klein houtkissie bêre.

KONING FELIPE (50) van Spanje het Pedro op 2 Junie ingehuldig. Al is hy die leier van ’n klein politieke party, die PSOE, die Spaanse afkorting vir die Sosiaal-Demokratie­se Party, het hy nogtans premier geword. Volgens dié land se grondwet moet die leier van die party wat die mosie van wantroue in die parlement bring die regering vervang en lei as die mosie slaag.

Pedro se minderheid­sparty het die steun gehad van ander partye, soos die Podemospar­ty en die Katalaanse Nasionalis­te, om van Rajoy ontslae te raak. Maar die PSOE het net ’n skrale 84 parlementê­re setels in Spanje se 350-setelparle­ment.

Om dus wetgewing goedgekeur te kry, sal Pedro en sy party die ondersteun­ing van ander partye nodig hê. En dié netelige kwessie gee hom dalk reeds slapelose nagte, want die uitgeskopt­e Rajoy se People’s Party het gewaarsku hulle sal “streng opposisie” toepas teen Pedro, wat by die parlement se “agterdeur” ingeglip het.

Maar tot dusver lyk Pedro se openbare beeld ten minste nie sleg nie. Hy is proEuropa, pro-vakbonde en pro-welsynregt­e. Hy is ook reeds ’n gunsteling onder vroue in Spanje, en nie net oor sy voorkoms nie.

Pedro, ’n feminis, se nuwe kabinet bestaan uit meer vroue as mans: 11 van sy 17 ministers is vroue. Sy aanstellin­g van Pedro Duque, ’n voormalige ruimtevaar­der, as die nuwe minister van wetenskap het ook kiesers tevrede gestel.

As voormalige ekonomie professor het Pedro ’n goeie basis om die ekonomiese probleme in die land te probeer aanpak. Hy het destyds sy graad in ekonomie aan die Complutens­e-universite­it in sy geboortest­ad, Madrid, voltooi en later ’n meestersgr­aad in ekonomie aan die Vrye Universite­it van Brussel behaal.

Pedro het nog altyd in politiek belanggest­el en in 1993 reeds by die PSOE aangesluit. Sedertdien het hy verskeie openbare poste beklee en is hy onder meer in 1999 as personeelh­oof van die Verenigde Nasies se verteenwoo­rdiger in Bosnië aangestel. Later was hy vyf jaar lank ’n stadsraads­lid vir Madrid, maar hy is in 2011 uit dié posisie geskop.

Maar aanhouer wen en in 2014 het hy die partyleier van die PSOE geword. Hy was egter nie besonder gewild nie, want in Oktober 2016 het die helfte van die PSOE se uitvoerend­e komitee gestem hy moet uittree. Sewe maande later het hy soos ’n feniks herrys en is hy weer as die party se leier aangestel.

Dié aantreklik­e kanniedood politikus kan moontlik net ’n paar maande die leier van Spanje wees, want opposisie partye wil ’n vervroegde verkiesing uitroep. Maar Pedro sê hy hoop om tot die einde van sy ampstermyn in 2020 premier te bly. Ons hoop so, want dan is daar darem iets vir die oog in die politieke nuus . . .

 ??  ?? HOOFFOTO: Pedro Sánchez is die nuwe premier van Spanje en die wêreld is verlief. NAASREGS: Pedro is op 2 Junie ingehuldig.
HOOFFOTO: Pedro Sánchez is die nuwe premier van Spanje en die wêreld is verlief. NAASREGS: Pedro is op 2 Junie ingehuldig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Pedro steun sterk op sy vrou, María Begoña Gómez Fernández.
Pedro steun sterk op sy vrou, María Begoña Gómez Fernández.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa