Huisgenoot

Danny Ross wou loopbaan prysgee

Danny Ross, tans te sien in sy eerste groot rol in ’n vollengtef­liek, se loopbaan gaan van krag tot krag, maar hy was amper vir die akteurswêr­eld verlore

- Deur MICHELLE NORTJE

SELFS op die rooitapyt, waar dit van bekendes en beeldskone­s wemel, kan jy hom nie miskyk nie. Hy is die flambojant­e een met die getinte bril, swart serp, krale en armband. Hy lyk nes . . . ja, ’n model. Moet dit tog net nie hardop sê nie, want Danny Ross verpes dit om so beskryf te word – selfs al het hy toe hy jonger was ’n ruk lank modelwerk gedoen.

Maar by die première van die fliek Nommer 37, wat nou in teaters landwyd wys, het die 31-jarige akteur die koppe laat draai. Dis Danny se eerste groot rol in ’n vollengtef­liek, en al speel hy die boef, weet hy dis ’n goue geleenthei­d wat na sy kant gekom het.

Hy speel Emmie, die sosiopatie­se geldskiete­r wat die hoofkarakt­er, Randall (gespeel deur Irshaad Ally), gereeld – en soms gewelddadi­g – aan sy skuld herinner. Dis ook vanweë hom dat Randall aan ’n rolstoel gekluister is. Dié gebeure word nie in die fliek gewys nie, maar wat wel uitgebeeld word, is hoe Emmie Randall se meisie, Pam (gespeel deur Monique Rockman), se vinger met ’n tang afknip.

Danny vertel hy het oudisies vir meer as een van die karakters in die fliek afgelê, en “toe ek hoor ek het die rol van Emmie gekry, was ek geskok.

“Ek het gedink hulle maak ’n fout om dié rol vir my te gee, want Emmie is ’n

badguy.” Danny was eers skrikkerig om die sogenaamde slegte ou te speel, maar het die uitdaging aanvaar en vertel hy het hard gewerk om die karakter tot sy reg te laat kom.

Voor sy werk aan Nommer 37 het Danny verlede jaar ’n klein maar gesogte rol in die Netflix-aksierolpr­ent 24 Hours to Live losgeslaan. Hierin het hy saam met die Amerikaans­e veteraanak­teur Ethan Hawke gespeel.

Dié D fliek is hoofsaakli­k in Kaapstad verfilm ver en Danny vertel hy het die geleenthei­d gel gehad om ’n bietjie met die Hollywood-akteur Ho te gesels, veral toe hulle hu saam in ’n motor ’n toneel skiet en dit begin reën. Die verfilming moes vir ’n rukkie ruk gestaak word en hulle het die tyd goed goe benut om mekaar te leer ken.

Maar M 2017 het nie net goeie dinge vir die akteur ingehou nie. Sy pa, Daniel Thomas Th Ross, is in Mei verlede jaar op 56 aan ’n beroerte oorlede en Danny het daarna da deur ’n moeilike tyd gegaan.

Hy H vertel hy was “deurmekaar en depressief pre ” en het dus besluit om vier dae in die d Mountain Sanctuary Park net buite Rustenburg Ru te vertoef om af te skakel.

“Ek “het my selfoon op flightmode gesit. ges Ek het soos ’n vegetariër geëet, met tye gevas en baie gemediteer,” vertel hy. “Dit “D was ’n moeilike tyd, maar dit was nodig.” no

Daarna, D met ’ n skoon kop, het hy besluit be om vorentoe te kyk en vandag, terwyl te hy “vir die soveelste keer” weer in i Johannesbu­rg woon, is hy tevrede. En ja, daar’s ’n meisie in sy lewe, maar meer as dit wil hy nie verklap nie.

SEPIEKYKER­S het Danny leer ken as Jerome October in Suidooster, die gewilde kykNET-sepie wat in Kaapstad afspeel.

Dié geliefde karakter het vinnig in kykers se hart ingekruip en dit was vir aanhangers ’n skok toe Jerome in Maart verlede jaar op die kassie ná ’n motorongel­uk eers breindood verklaar is en toe, twee episodes later, sterf.

Dit het dae lank in die sosiale media gegons oor die besluit om die karakter uit die sepie te skryf.

Danny het ná die episode waarin Jerome dood is op Facebook en Instagram vertel: “Dit was vir my, net soos vir julle, ’n skok toe ek uitvind my karakter gaan sterf.”

Paul Venter, die vervaardig­er van die sepie, het egter toe vir Huisgenoot gesê: “Hy het ons in November ( 2016) laat weet hy gaan nie sy kontrak hernu nie en die storiespan moes daarmee werk. Danny was heeltyd daarvan bewus.”

Danny sê hy het eintlik lank voor sy werk aan Suidooster geweet sepies is nie die genre vir hom nie. “Maar ek het besef dis ’n goeie geleenthei­d om as akteur te groei.”

Hy was ’ n leerder aan die Primêre Skool Victoria Park op Worcester toe sy oë vir die wêreld van toneelspee­l begin oopgaan het.

“My eerste herinnerin­g is aan Mr. Bean. Ek kon my verkyk aan hom.”

Hy vertel hy moes as kind altyd vir sy niggies en nefies “perform” en dan het hy gemaak asof hy Mr. Bean, wat deur die Britse akteur Rowan Atkinson vertolk word, is.

“Maar ek was nie nét Mr. Bean nie,” vertel hy.

“My ouma het partykeer vir my gesê ek moet my wit hempie en netjiese broekie aantrek, my rooi Bybeltjie vat en vir hulle preek,” vertel hy met ’n lag.

Hy het as kind ’n ruk lank by dié ouma en oupa, Jacob en Daniella Schroeder, op Worcester gewoon.

Die akteurs Jim Carrey, Johnny Depp en Al Pacino se manier van toneelspel het hom aangegryp en hy het sommer geweet dit is wat hy eendag met sy lewe wil doen.

Danny was in matriek toe hy vir sy ma, Muriel Job (nou 60), sê hy wil ’n akteur word.

“Sy het vir my gesê as ek drama wil studeer, is ek op my eie. Ek was hardegat en het besluit ek sál dit doen,” lag hy. Maar vandag is sy een van sy grootste aanhangers.

Danny het aan die Worcesterg­imnasium skoolgegaa­n en het in matriek in ’n klerewinke­l op die dorp gewerk om sakgeld te verdien. Daarna het hy ’ n spraak-en-dramaserti­fikaat deur die London Academy of Music and Dramatic Art aan die Universite­it van Wes-Kaapland behaal en in Durban nog ’n spraak-en-dramaserti­fikaat aan die Creative Arts College.

Die eerste deur wat vir hom oopgemaak het, was in 2010 toe hy derde kom in die S ABC 1- werklikhei­d s kompetisie C las sA c t.

Deel van die prys was ’n toneelspel­kursus wat deur Dorothy Ann Gould in Johannesbu­rg aangebied is.

“Sy het my lewe verander. Ek het niks van acting geweet voor ek haar ontmoet het nie,” sê hy ondanks die sertifikat­e wat hy vooraf behaal het.

Dit het baie opleiding, harde werk en deursettin­gsvermoë gekos omte kom waar hy vandag is, vertel hy.

“Ek was soos ’n gypsy wat heeltyd rondgetrek het,” vertel hy van die jare wat hy tussen Worcester, Kaapstad, Durban en Johannesbu­rg verhuis het om sy akteurstan­de te slyp.

DIT het vrugte afgewerp, want hy was onder meer al in die SABC2-dramareeks Swartwater, in die SABC2sepie 7de Laan en die kykNET- sepies Binnelande­rs en Villa Rosa te sien. Tussendeur het hy ook rolle in die tweede seisoen van kykNET se jeugdrama Sterlopers vertolk en hy het ’n rol in die e.tv-reeks Broken Vows gehad.

“Toe ek besluit ek wil toneelspee­l, het van my vriende my gespot. Ek kom van ’n klein dorpie en daai jare was entertain

ment nie ’n opsie nie. Dit was veiliger om eerder ’n maatskapli­ke werker te word. Maar iets binne my het altyd gebrand om toneel te speel.

“En somewhere hier teen 26 wou ek alles prysgee. Ek was in Johannesbu­rg met niks geld nie. Ek het by ’n tjommie gebly en wou ’n 9-to-5job kry. En boonop het my meisie my oor my inconsiste­nt lewe gelos.

“Maar Thabo Rametsi, ’n pel wat saam met my in Class Act was, het aan my gesê as ek tou opgooi, moet hy ook, want hy sien en op na my. Dit het my herinner ner aan dit wat ek al alles es reggekry het.”

Dan n glimlag hy tevrede de en sê: “Dit wys jou net, jy moet seker maak jy omring ring jou altyd d met die regte men- ense.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Danny Ross maak opgang in die teleis visie- en filmbedryf en tans in die aksierille­r Nommer 37 te sien. REGS, van links: Danny as Jerome October in die sepie Suidooster, wat hy in 2017 verlaat het; as die gewelddadi­ge Emmie in Nommer 37; saam met die Amerikaans­e akteur Ethan Hawke in die fliek 24 Hours to Live.
HOOFFOTO: Danny Ross maak opgang in die teleis visie- en filmbedryf en tans in die aksierille­r Nommer 37 te sien. REGS, van links: Danny as Jerome October in die sepie Suidooster, wat hy in 2017 verlaat het; as die gewelddadi­ge Emmie in Nommer 37; saam met die Amerikaans­e akteur Ethan Hawke in die fliek 24 Hours to Live.
 ??  ??
 ??  ?? Al was Danny se ma, , Muriel Job, aanvank- lik onseker oor sy loopopbaan­keuse, is sy vandag ndag sy grootste aanhanger. ger.
Al was Danny se ma, , Muriel Job, aanvank- lik onseker oor sy loopopbaan­keuse, is sy vandag ndag sy grootste aanhanger. ger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa