Huisgenoot

Ou foto’s wys menslike koninklike­s

Drie dekades se foto’s wat ’n ander sy vanan die Britse Br ritse adel wys, word nou opgeveil

- Saamgestel deurur KIRSTIN BUBUICK UICK EKSTRA BRON: THE-SALEROOM.COM

DIE koninklike familie het onlangs bymekaarge­kom vir die vaandelpar­ade toe koningin Elizabeth amptelik haar 92ste verjaardag vier.

Sy vier haar geboorteda­g elke jaar twee maal – eers op 21 April, die eintlike datum, en dan weer op die tweede Saterdag in Junie.

Wanneer die koningsges­in so op die balkon van die Buckingham­paleis saamkom, is dit soms moeilik om te glo hulle is ook maar mense.

Maar onlangs is ’n skatkis foto’s bekendgest­el wat die ander kant van geslagte koninklike­s wys. Agter die deftige mense wat altyd net hul beste voetjie in die openbaar voorsit, skuil toe sowaar platjies en wildewragt­igs en gewone gesinne.

Die 4 000 foto’s het behoort aan wyle John Scott, die amptelike koninklike fotograaf wat drie dekades lank toegelaat is om die Windsors agter die skerms af te neem. Hy is al in 1986 oorlede en het die foto’s toe bemaak aan sy assistent, Judy Appelbee. Sy het onlangs besluit om dit te laat opveil.

John was ’n interessan­te karakter wat gebore is as Vassa Voynovich, ’n JoegoSlawi­ese aristokraa­t wat tydens die Tweede Wêreldoorl­og uit Serwië na Engeland gevlug het. Die voormalige weermagkol­onel het in Londen gewerk as die privaat sekretaris van koning Pieter II van Joego-Slawië voor hy fot fotograaf geword het. Hy het sy naam verengels om hom te help om makliker werk te kry.

John het die Britse koninklike familie ontmoet deur sir Jock Colville, die destydse prinses Elizabeth se privaat sekretaris. Nadat sy van sy foto’s gesien het, het sy gevra dat hy haar in haar uniform afneem tydens een van haar heel eerste vaandelpar­ades – en so het hy binne-in die Britse koninklike binnekring beland.

Op die foto’s wat hy in die 1960’s, ’70’s en ’80’s van Brittanje se bekendste familie geneem het, sien ’n mens hulle soos nog nooit tevore nie. En nou, vir die eerste keer, kan die wêreld hulle ook sien soos hy hulle deur sy lens beleef het.

 ??  ?? Die koningin toe en nou. BO: Saam met haar familie by die onlangse vaandelpar­ade op die Buckingham­paleis se balkom. LINKS: Die jong prinses in 1951 in uniform deur John Scott gekiek tydens een van haar eerste vaandelpar­adeseremon­ies.
Die koningin toe en nou. BO: Saam met haar familie by die onlangse vaandelpar­ade op die Buckingham­paleis se balkom. LINKS: Die jong prinses in 1951 in uniform deur John Scott gekiek tydens een van haar eerste vaandelpar­adeseremon­ies.
 ??  ?? LINKS: Die koningin lyk in die 1970’s stroef saam met haar suster, Margaret. BO: Margaret en haar man, lord Snowdon, neem hul seun, David, huis toe ná sy geboorte in 1961. REGS: Elizabeth in die vroeë 1950’s by die Balmoralka­steel. NAASREGS: Sy gesels met haar ma (ook Elizabeth) met ’n kamera om die nek.
LINKS: Die koningin lyk in die 1970’s stroef saam met haar suster, Margaret. BO: Margaret en haar man, lord Snowdon, neem hul seun, David, huis toe ná sy geboorte in 1961. REGS: Elizabeth in die vroeë 1950’s by die Balmoralka­steel. NAASREGS: Sy gesels met haar ma (ook Elizabeth) met ’n kamera om die nek.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa