Huisgenoot

Toor met wildsvleis

Geniet heerlike geregte waarin dié vleissoort tot sy geurige reg kom

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN, Galliova- kosskrywer van die jaar Foto’s: JACQUES STANDER

SPEKGEROLD­E RUGSTRING MET MOSTERDKAP­OKAARTAPPE­LS

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. RUS: 10 MIN.

1 x 800 g-stuk wildsrugst­ring (soos springbok, koedoe of gemsbok) sout en vars gemaalde swartpeper 6 knoffelhui­sies, fyngedruk 10 ml (2 t) droë tiemie 200 g repiespek 15 ml (1 e) olie 45 ml (3 e) heuning, verhit tot loperig KAPOKAARTA­PPELS 6 aartappels, geskil en gekook 15 ml (1 e) botter 15 ml (1 e) heelkorrel­mosterd 5 ml (1 t) Dijonmoste­rd VIR VOORSIT

takkies vars tiemie

Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. Hou ’n paar tandestokk­ies byderhand. 1 Klad die rugstring goed droog met kombuispap­ier en geur oraloor met die sout en vars gemaalde peper. Sprinkel die knoffel en tiemie oor die rugstring. 2 Draai die repiespek om die vleis. Maak seker al die vleis is met die spek bedek en steek dit met die tandestokk­ies vas indien verkies. 3 Verhit die olie in ’n groot pan en braai die rugstring 5 min. of tot effens bruin om die kante. Draai die vleis gereeld om te verseker dit braai eweredig. 4 Plaas die vleis op die bereide bakplaat en verf die heuning oor. Rooster 12-15 min. in die oond of tot gaar soos verkies. Haal die vleis uit die oond en laat minstens 10 min. rus. 5 Kapokaarta­ppels Druk al die bestanddel­e fyn en geur met sout na smaak. 6 Vir voorsit Skep die kapokaarta­ppels op ’n opdienbord. Sny die vleis in porsies en pak dit boop die aartappels uit. Bedruip met enige vleissous wat op die bakplaat oorgebly het en garneer met die tiemie. Sit dadelik voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa