Huisgenoot

Liewe Elize

-

My skoonma haat my. Sy sit altyd voor langs my man in die kar. Sy het geen plek vir my in haar seun se lewe nie en skimp gereeld daaroor.

Sy skinder tot by my ouers oor my en meng in met ons kinders se opvoeding. Sy soek pal aandag met hartseer stories en kla wanneer ons nie by haar gaan kuier nie.

My man neem nie juis standpunt hieroor in nie. Ek kan nie langer die emosionele manipulasi­e verdra nie. ON op DL

Bedekte belediging­s, ’n geboelie en ’n ewige martelaars­houding wat skuldgevoe­lens veroorsaak, is alles tekens van ’n bobaasmani­puleerder. Jy klink na ’n redelike mens, maar dit sal moeilik wees om haar aanslag op jou en jou gesin sonder ’n rusie te bowe te kom. Stel die volgende op die proef: Moenie haar die middelpunt van jul gesinslewe maak deur haar te veel aandag te gee nie. Sy is deel van jou familie, maar jy is nie met haar getroud nie. Gaan alleen as gesin vir ’n naweek weg of hou alleen vakansie. Praat met jou man oor jul doelwitte as paartjie. Dink aan jul lewe saam as ’n groep konsentrie­se sirkels wat uitkring, met jou en jou man in die middel, dan die kinders en daarna die familie. Jul huweliksve­rhouding kom eerste. Moenie vir jou skoonma wys sy maak jou seer nie. Boelies gedy op ander se pyn. Stel jou eie behoeftes voorop sonder om skuldig daaroor te voel. Met sulke geniepsige mense help dit nie om die minste te probeer wees nie. Laat haar duidelik verstaan jy sal nie haar belediging­s duld nie. Stel ferm perke oor wat sy in jou geselskap en in jul huis mag doen. Sorg sy weet wat die gevolge sal wees as sy nie daarby hou nie. As julle byvoorbeel­d ’n vasgesteld­e gesinstyd het en haar daaroor ingelig het, maar sy kom dit onderbreek, nooi haar vriendelik binne, maar stel dit duidelik julle kan haar nie tee of ’n ete aanbied nie, want dit is jul tyd alleen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa