Huisgenoot

Jou Geldsake: Keer dat eise afgekeur word

-

OONTHOU, jou versekerin­gseise sal nie outomaties goedgekeur word net omdat jy jou premie getrou elke maand betaal nie. Eise word gereeld afgekeur omdat mense nie aan al die versekeraa­r se voorwaarde­s voldoen het nie. Kom ons kyk watter eise moontlik verwerp kan word en waarom – en wat jy kan doen om te verhoed dat sout ook so in jou wonde gevryf word.

KRAGSTUWIN­GS

Een van die groot sondaars is wanneer jou huis se elektriese stroom skielik baie sterk word, dikwels wanneer dit ná ’n kragonderb­reking herstel word. En al duur dit net ’n oomblik, kan dit lei tot skade aan jou duur elektriese toebehore, soos ys- en vrieskaste, mikrogolfo­onde, rekenaars en TVstelle.

Maar dekking vir verlies weens kragstuwin­gs is nie standaard in die meeste polisse nie. Jy kan wel bykomende dekking daarvoor kry, maar dan moet jy spesiaal daarvoor aansoek doen. Dit word ’n uitbreidin­g op jou dekking genoem en jy sal ekstra betaal.

Oorweeg dit veral as jy in ’n gebied woon waar kragonderb­rekings gereeld voorkom.

GASTOESTEL­LE

Dit is ’n wetsvereis­te dat jy ’n nakomingse­rtifikaat ( Certificat­e of Conformity for Gas Appliances) bekom vir gastoestel­le wat in of buite jou huis geïnstalle­er word, byvoorbeel­d oonde. Dié sertifikaa­t bevestig dat die gastoestel aangebring is deur iemand wat by die Veiligheid­sverenigin­g vir Vloeibare Petroleumg­as van Suider-Afrika (LPGSASA) geregistre­er is en dat dit ingevolge die regulasies van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) veilig en lekvry uitgevoer is.

As die installasi­e nie aan regulasies voldoen nie en die installeer­der nie gelisensie­er is nie, kan enige versekerin­gseis afgewys word, waarsku Marike van Niekerk, regs-en-nakomingsb­estuurder van MUA Insurance Acceptance­s.

Goedgekeur­de kontrakteu­rs moet jou hul LPGSASA-registrasi­esertifika­te kan wys en jou ’n installasi­esertifika­at gee sodra die werk gedoen is. Jou versekerin­g kan ook vereis dat jou gasbottels in ’n geslote kas gehou word – al staan dit buite.

DIEFSTAL EN SEKURITEIT­SVEREISTES

Maak seker jy voldoen aan alle sekuriteit­svereistes ingevolge jou versekerin­gspolis.

Alarms wat nie werk of aangeskake­l was nie, is een van die hoofredes waarom diefstalei­se verwerp word. Maatreëls soos ’n alarmstels­el, veiligheid­shekke en diefwering is algemene vereistes. Sulke vereistes word bepaal deur die risikofato­r in die gebied waar jy woon.

As jy in ’n veiligheid­skompleks woon in ’n gebied waar die diefstalri­siko volgens die versekeraa­r laag is, sal ’n persoonlik­e alarmstels­el en diefwering dalk nie vereis word nie. Word dit egter vir jou woongebied vereis en jy installeer dit nie, sal jy nie gedek word nie.

Dit is ook jou verantwoor­delikheid om te sorg dat alles werk. Jy kan nie suksesvol eis as al die sekuriteit­stelsels nie in ’n werkende toestand en aktief was nie.

Onthou, dit is dikwels ’n polisverei­ste dat juwele wat jy nie dra nie, toegesluit word in ’n SABSgoedge­keurde kluis wat aan die muur of vloer vasgebout is. Dis nie voldoende om jou ring onder in jou laai weg te steek nie. Word dit dan gesteel, sal die versekerin­g waarskynli­k nie betaal nie, want jy het nie die polisverei­stes nagekom nie.

Waardasies­ertifikate word dikwels vir juweliersw­are vereis. Hierdie waardes moet aangepas word om met die stygende prys daarvan tred te hou.

SWAK ONDERHOUD

Jy eis vir stormskade aan jou dak, maar eintlik was dit reeds besig om uitmekaar te val . . . Die slegte nuus is dat versekeraa­rs ’n mens maklik uitvang wanneer jy sulke “wit leuentjies” vertel. En dan sal hulle beslis nie betaal nie.

Dis jou verantwoor­delikheid om jou huis in stand te hou sodat dit normale reën en wind kan weerstaan. Dakke wat in slegte weer weens verrotte houtrame ineenstort, dakteëls wat weens verroeste spykers afwaai en verstopte geute wat mure klam maak, is alles redes waarom ’n eis afgekeur kan word.

Probeer minstens een keer per jaar, byvoorbeel­d in die herfs, algemene instandhou­ding doen.

SPERTYE

Elke versekerin­gsmaatskap­py het ’n spertyd waarbinne eise ingedien moet word, byvoorbeel­d 30 dae. Doen jy dit nie betyds nie, kan jou eis misluk. Nader altyd eers jou versekeraa­r voor jy jou eis indien of herstelwer­k laat uitvoer.

Die versekeraa­r kan ’n spesifieke assessor vra om die skade te ondersoek en ’n goedgekeur­de kontrakteu­r voorskryf om herstelwer­k te doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa