Huisgenoot

Maak so seker jou tweede weedehuwel­ik huwelik vaar beter as die eerste een

Met Meghan wat haar tweede huwelik betree, het ons by kenners aangeklop oor hoe om seker te maak jou huwelik slaag die tweede keer

- Deur GABISILE NGCOBO

TOE Meghan Markle onlangs haar prins die jawoord gee, het mense wêreldwyd ’n dromerige sug gegee. Die liefde het geseëvier.

Terwyl die koninklike troukoors die wêreld beetgepak het, was dit maklik om te vergeet Meghan was al tevore voor die kansel – nie ’n glansryke troue soos die een met prins Harry nie, maar ’n troue nietemin.

Haar huwelik met Trevor Engelson (41), ’n vervaardig­er van Los Angeles, het net twee jaar gehou, en Meghan was drie jaar lank enkellopen­d voor sy op Harry verlief geraak het.

Dis genoeg tyd, sê die kenners, om te verwerk wat tydens die verbrokkel­ing van haar vorige huwelik gebeur het en, hopelik, seker te maak sy word nie weer verstrik in dieselfde uitdagings as die vorige keer nie.

Om weer te trou is haar tweede kans op huweliksge­luk, en baie mense se tweede huwelik is minder vol slaggate as die eerste een. Tweede huwelike kan ’n nuwe begin wees, sê kenners, mits jy die nuwe verhouding oopkop aanpak en ’n paar belangrike riglyne volg.

Voor julle by die kansel ontmoet

Maak seker jy het al jou emosies van jou vorige huwelik verwerk en afsluiting gekry, sê Paula Quinsee, ’n verhouding­skenner, skrywer van Embracing Conflict en konsultant vir die Suid-Afrikaanse televisier­eeks Married at First Sight.

“As jy dit nie doen nie, gaan aan jy jou bagasie saam met jou sleep,” sê sy.

Afsluiting kom wanneer jy y duidelikhe­id kry oor hoekom die verhouding erhouding misluk het en elkeen se bydrae rae tot die situasie begryp. Jy moet ook k jouself en jou voormalige maat vergewe we en “insig hê in wat gewerk en wat nie gewerk het nie sodat dieselfde patrone nie herhaal word nie”, sê sy.

“Dis ook belangrik om tyd vir ir jouself te neem en te hervestig wie jy is s en watter soort verhouding en lewensmaat maat dit is waarna jy soek.”

’n Algemene riglyn is om een maand

vir elke jaar wat jy getroud was, weg te bly van uitgaan op afsprake, sê Paula. As jy dus vyf jaar lank getroud was, probeer om vir minstens vyf maande daarvan weg te bly. Dis natuurlik nie ’n vaste reël nie en elkeen verwerk die verlies van ’n verhouding anders.

“Dis ook belangrik om die verlies van jou huwelik met behulp van ’n terapeut te betreur,” sê sy. “Jy moet leer hoe om emosioneel in ’n verhouding te belê en intimiteit te herbou.”

Handhaaf jou individual­iteit

Dis maklik om jouself in die oomblik te verloor wanneer jy iemand ná ’n pynlike egskeiding ontmoet, sê Paula, maar dis ook belangrik om jou identiteit te behou.

“Moenie so afhanklik raak van jou maat dat jy jou in die proses van familie en vriende distansiee­r nie.”

Dis ook belangrik om die kwessies wat jou eerste huwelik laat misluk het, op te los. As jy dit nie doen nie, gaan jy jou nuwe huwelik met ’ n negatiewe ingesteldh­eid betree en “die gevaar loop dat dinge in ’n toksiese kringloop verval waaruit jy nie kan breek nie”.

Leandie Buys, ’n kliniese sielkundig­e en verhouding­sberader, stem saam – jy moet jou nuwe huwelik met ’n nuwe ingesteldh­eid binnegaan en nie verwag dieselfde probleme sal kop uitsteek nie.

As jou eks jou byvoorbeel­d verneuk het, is daar geen rede om te vermoed jou nuwe lewensmaat gaan dit ook doen nie. “Alle mense verskil. Net omdat die vertroue die eerste keer verbreek is, beteken nie dit sal weer gebeur nie.”

Maak seker jy trou trouou om die regte redes

As jy jou haastig in tweede huwelik begeef omdat jy dit nie kan verduur om alleen te wees nie, soek jy moeilikhei­d, sê die kenners.

“’n Tweede huwelik kan net werk wanneer jy die werk gedoen het, jou emosionele bagasie verwerk het, oop is om uit die foute van jou vorige verhouding te leer en doelbewus dinge anders doen om ’n ander uitkoms te kry,” sê Paula. Dis belangrik dat jy jou nuwe maat ten volle respekteer, ’n punt daarvan maak om gehaltetyd saam deur te bring en besef kommunikas­ie is die wagwoord. “As jy nie tyd maak vir jou verhouding nie, sal jy mettertyd nie meer ’n verhouding hê nie,” sê Paula. Leandie sê jy moet getrou aan jouself, jou eienskappe en waardes bly sodat jy seker is oor die soort mens saam met wie jy kan leef – en die soort saam met wie jy nie ’n kans op geluk het nie. “Om jouself te ken beteken jy sal ’n persoon kies by wie jy pas, wat jou meer oopstel om die ander persoon – foute, gebreke en al – te aanvaar. Die laaste ding wat jy wil hê, is om in ’n huwelik te gaan en te hoop jou maat sal iewers langs die pad verander: Dis hoogs onwaarskyn­lik.” Ja, die huwelik gaan daaroor om mekaar tegemoet te kom, maar mense verander nie regtig nie. As jy oor die persoon twyfel, moenie met hom of haar trou nie. Onthou, jy het al voorheen jou vingers verbrand.

Weet waarna jy soek

Paula sê mense wat weer wil trou, moet duidelikhe­id hê oor wat hulle in ’n lewensmaat soek. Fisieke aantrekkin­gskrag is belangrik, maar jy moet “baie dieper as die oppervlakk­ige dinge delf,” sê sy.

“Dink aan aspekte soos hul kultuur, oortuiging­s, spirituali­teit, gesinswaar­des, invloede soos vriende, stokperdji­es en belangstel­lings, loopbaandr­ome, wat hulle nie in die verhouding sal verduur nie, geldbestuu­r en verwagting­s.”

Vra jou af of dit met joune ooreenstem en of daar te veel gevaarligt­e flikker – indien wel, dink mooi oor jou toekoms.

Leandie sê om te weet wat julle van mekaar verwag en mekaar se grense te ken is ook ’n belangrike sleutel tot ’n gelukkige, langdurige verhouding.

“Julle moet weet wat mekaar se verwagting­s is rondom byvoorbeel­d seks en praat oor belangrike dinge soos wat jou verhouding met jou eks en voormalige skoonouers voortaan sal behels as daar kinders betrokke is.”

Besef geen huwelik is volmaak nie

“Daar is nie iets soos die volmaakte mens of verhouding nie. Dit gaan eerder oor hoe volmaak julle vir mekaar kan wees,” sê Paula. “As julle mekaar waardeer en respekteer, behoort die verhouding ’n sukses te wees – want julle wil saam sukses behaal.”

Verhouding­s verg voortduren­de werk, en jy moet kwessies met ’n positiewe ingesteldh­eid benader.

“Wy jou ten volle aan die proses toe. Soek na maniere om die struikelbl­okke saam te oorkom en kommunikee­r deurentyd met mekaar. As jy dit doen, is daar geen rede dat jy nie ’n lang en gelukkige huwelik sal hê nie.”

Leandie sê dis ook belangrik om te erken jy en jou maat is twee individue – ja, julle het dalk baie gemeen, maar julle is ook verskillen­de entiteite.

“Jy moet respekteer dat julle verskillen­de rolle in die verhouding het en dit eer.”

En die belangriks­te: Soek aktief na plesier in die verhouding, sê sy. Aangesien dit jou tweede huwelik is, behoort jy dit oopkop te benader, bereid wees om uit jou eerste, mislukte huwelik te leer en gretig wees om hierdie een te laat werk.

“Maak ’n doelbewust­e besluit om jul waardering vir mekaar te toon, in woord en daad,” sê Leandie.

 ??  ?? BO: Meghan Markle het haar tweede kans op huweliksge­luk gekry toe sy onlangs met prins Harry trou.
BO: Meghan Markle het haar tweede kans op huweliksge­luk gekry toe sy onlangs met prins Harry trou.
 ??  ??
 ??  ?? Dis belangrik om insig te hê in dit wat in jou vorige huwelik gewerk het en dit wat nie gewerk het nie. Leer uit die foute en wend ’n doelbewust­e poging aan om dinge dié keer anders te doen.
Dis belangrik om insig te hê in dit wat in jou vorige huwelik gewerk het en dit wat nie gewerk het nie. Leer uit die foute en wend ’n doelbewust­e poging aan om dinge dié keer anders te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa